4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Rom12:4-5
Ouers wat sê: Kinders kom uit dieselfde huis uit, maar tog so verskillend.
Drieling lyk identies, maar kan nie meer verskillend wees nie.
God het ons nie dieselfde geskep nie.
Een ding wat God Wel in ons almal geplaas het….
Gemaak met gaping in ons binneste (leemte)
Verlange om ons skepper te ken
Emmanuel (God met ons)
God drie-enig begeer om verhouding met ons te hê
Een ervaring met God maak dat ons net meer honger/dors vir meer van Sy teenwoordigheid wil hê. Nou gaan soek ons vir nog geleenthede om weer daardie ervaring te hê.
Vraag: Sien jy soms Ander mense rondom jou het ‘n diep ervaring saam met God maar ek sukkel om in God se teenwoordigheid in te kom? Jy kan nie help om te wonder: Wat doen ek verkeerd? Mis ek dalk iets?
Vraag: Voel soms sommer bietjie frustreerd(selfs jaloers) op ‘n vriend/vriendin?
Voorbeelde uit die woord van mense wat frustreerd was met ander se verhouding & intiemiteit met God: Kain & Abel, Jakob & Esau, Dissipels, Maria & Marta
In elkeen van hierdie voorbeelde was daar ‘n situasie waar iemand jaloers/frustreerd was op ‘n ander se verhouding/intimiteit met God.
- Is dit moontlik dat ons almal God verskillend ervaar omdat dit nooit God se bedoeling was nie?
- Kan dit wees dat ons dalk iets misverstaan oor wat intimiteit met God is?
- Kan dit wees dat agv die feit dat God ons gemaak het om die wêreld verskillend te ervaar, ons dan moontlik vir God ook verskillend kan ervaar?
Wat moet ek doen om God se intieme teenwoordigheid te ervaar? ANTWOORD – “one size does not fit all”
1 Corinthians 10:31 (New International Version), “So whether you eat or drink, or whatever you do, do it all for the glory of God.”
Gary Thomas se boek “Sacred Pathways” verduidelik hy hoe verskillende mense God se nabyheid op verskillende maniere ervaar.
Hy lys 9 kategorïe waaronder ons almal inval, maar tot ‘n mate met sekere kategorïe meer kan vereenselwig as ander.
Naturalis
-Ervaar God in die natuur. Voel jy betree nou SY wêreld(SY skepping)
-Ervaar God as naby op ‘n staproete, langs ‘n stroompie, of net buite
-Het die vermoë om GOD se karakter orals in die natuur raak te sien.
Sensate
-Kreatiewes
-Voel naby aan God wanneer hulle musiek luister.
-Werk graag met hulle hande en het ‘n groot waardering vir die kunste en fotografie.
-Maak ‘n punt daarvan om kreatiwiteit in hul daaglikse lewe in te bring.
Aktivis
-Sien die onreg in die wêreld en dit pla hulle so baie dat hulle iets daaran moet doen.
-Voel naby aan God wanneer hulle groot risiko’s vat in geloof. Plaas hulle self in situasies waar hulle afhanklik van God alleenlik is.
-Stigters van NPO’s
-Veg teen die bose vir reg en geregtigtigheid namens ander mense.
Traditionalis
-Hou van Simboliek, Voel Opoffering is belangrik, Seremonie laat jou voel God is naby. (Hout kruis, Nagmaal)
-Gebruik iets tasbaar om jou ervaring met God meer betekenisvol te maak. (Lappies)
-Roetine is belangrik en jy bou tradisies en rituele in jou lewe in.
-Die lewe van ‘n evangelis en sendeling is vir jou aantreklik.
Versorger
-Deur ander mense lief te hê, voel jy die liefste vir God
-Ek ervaar God as naby wanneer ek iets prakties vir ‘n ander mens kan doen. (Volunteer maklik jou tyd, energie, geld ens)
Entoesias
-Die woord “Feesviering” maak jou opgewonde en Groot getalle mense bymekaar inspireer jou.
-Registreer eerste vir die aanbiddingsaand.
-Hou daarvan om ander te bemoedig en te inspireer.
-Lief daarvoor om nuwe dinge te probeer.
Intellektualis
-Passie vir studie en ‘n begeerte om elke dag iets nuuts van God te leer.
-Lees die bybel en vra dikwels: WIE?,WAT?,WANNEER?,WAAR?,HOEKOM?,HOE?
-Bybel interpretasie asook die Toepassing van dit is baie belangrik.
Kontemplatiewe
-Aanbid God dmv jou gedagtes, denke
-Verloor jouself in ‘n goeie geestelike boek
-Skep geleentheid vir gesprekke met ander Christene om jou te help met jou geestelike groei
– Hou daarvan om in jou joernaal te skryf oor God se karakter-eienskappe
-Jy oefen om jou gedagtes inlyn te kry met God se woord.
-Soms is dit moeilik vir jou om dit wat jy weet met jou kop te glo met jou hart.
Askete
-Voel God is naby in Stilte, Eenvoud en Alleenheid.
-Jy hou van ‘n alleen wegbreek sonder jou foon en ander goed wat jou aandag aftrek
-Die eenvoud en simplisiteit van die woestyn is vir jou aantreklik.
Hoe help hierdie verskille tussen ons, ons in die rolle wat ons moet speel om Sy se koninkryk te bou?
As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien. As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen. 1 Petrus 4:10-11