Preek/ Boodskap oor: Dit is Klaar

Daar was ‘n getroude paartjie wat ingekom het vir huweliksberading. Hulle is Engels so die fasaliteerder vra toe vir die man: “What is your wife’s favorite flower”? Met baie selfvertoue kyk hy toe na sy vrou se kant toe, knik vir haar oog en antwoord – “Its self raising, isnt it”?

Self Raising…….Ek wens soms my kinders was “self raising”, maar hulle is nie – hulle kort van tyd tot tyd so bietjie hulp van hulle ouers se kant af om op die regte pad te bly.

Hondjies – Hondjies is ook nie self raising nie. Ons hondjie se naam is Pepper (Schnauzer)

Wie het al gehoor van die term – SPONSDORING?

‘n Sponsdoring word aangtref in jou tuin, meestal op die grasperk gedeelte.

‘n Sponsdoring is baie soortgelyk aan ‘n WWII landmyn.

Hulle is soortgelyk in die sin dat wanneer jy op hom trap:

– ervaar jy onmiddelike spyt

– ervaar jy pyn (landmyn pyn jou voet en been vs sponsdoring pyn jou emosies)

– word vir ‘n lang tyd daarna nogsteds herhinder aan die voorval(veral as jy skoene aan gehad het)

As jy ‘n hondjie by die huis het weet jy presies wat ‘n sponsdoring is.

Hauser is 7 en Liza is 9. Ons het ‘n rooster teen die yskas wat afgemerk moet word van wie se beurt dit is om die sponsdorings te gaan optel. (Anders is dit “unfair”)

Het jy al gesien hoe lyk ‘n 7 jarige seuntjie as jy hom herhinder aan die huishoudelike-takies wat hy vergeet het om te doen? (Hulle begin buig)

Hoe lyk ‘n 9 jarige dogtertjie as jy haar herhinder? (JA pappie. Ek kom nou, of ek wil net gou eers….)

Hauser is nou graad 1 so hy het begin met mini rugby. Nou moet Pa mos die man so bietjie “skills” leer.

“Tackle” en dan rol ons op die gras (dis hoekom daar nie sponsdorings op die gras mag wees nie) – Liza sien ons speel en wil saamspeel – dan vorm daar spanne – mamma word ingetrek – eindig op ‘n rol op die gras, gejaag, geskree, uiteindelik ‘n groot kielie-fees.

Later hyg ek na my asem.

Dit is die grootste pret en die hele gesin spring in en dit is ‘n lieflike tyd saam.

Daardie tyd wat ons saam spandeer is “priceless”.

Daar ontstaan intiemiteit in ons verhouding onder ons as gesin.

MAAR – hierdie pa sal nie op die grond rondrol en speel as daar sponsdorings rondlê nie!

Weet jy wie is dieselfde? God ons Vader

Wat vra hy vir jou om te doen? Waarvan moet jy ontslae raak? Wat moet jy in die toilet afspoel?

Is ek en jy soos ‘n kind met ‘n “bad attitude” of een wat sê “ek sal nou….” of dalk een wat maak of hy nie gehoor het dat Pa praat nie?

Waarmee is jy besig wat jy eintlik weet God vra vir jou om daarmee klaar te maak?

“Die Vet Pret Kaart”

Doel van die vet-pret-kaart? Ons versterk ons verhouding met mekaar. INTIEMITIET.

Wat is die uitvloeisel van intiemiteit? – Hauser sit die rugby bal onder sy arm en sê: “ek en my pa sal julle almal aanvat. Bring it on”!

God sê vir my en jou: Eks lief vir jou. Ek beskerm jou. Ek wil tyd met jou spandeer. Ek begeer intiemiteit met jou. Maar jy moet eers die sponsdorings in ons tuin gaan optel en wegspoel.

So….. toe maak God ‘n plan en stuur Jesus vir ons om vir ons SY karakter te demonstreer.

Paulus verduidelik dit in Gal 5:19-24 DB (Vrugte van die Gees)

n Mens kan duidelik sien watter mense gekies het om deur hulle sondige begeertes oorheers te word. Hulle doen mee aan die verskriklikste seksuele sondes. Hulle lewe is vol onreinheid en goddeloosheid. Hulle aanbid n spul dooie afgode en hou hulle besig met waarsêery. Hulle lewe loop oor van haat en twis. Hulle gun niemand iets nie. Hulle is aggressief, selfsugtig, altyd besig om te stry en verdeeld onder mekaar. Hulle lewe is vol jaloesie. Die een dronkpartytjie na die ander is hulle kos. Hulle gee hulle oor aan vieslike uitspattighede en nog baie ander slegte dinge. Ek waarsku julle, soos ek julle al tevore gewaarsku het, om nie soos hierdie mense te lewe nie. Onthou, mense wat so lewe, sal nooit n plek kry in God se nuwe wêreld nie. Aan die ander kant kan n mens duidelik sien watter mense se lewe deur die Heilige Gees beheer word. Net soos n boom wat n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie. Elkeen wat in Jesus Christus glo, moet so leef. Want al ons sondige begeertes is saam met Hom aan die kruis vasgespyker.’

(liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing)

Jesus het aan die kruis gehang en gesê “Dit is klaar”. Hy het ons vuilwerk namens ons kom doen. Hy het die skoppie en die grafie gevat en ons “stink dinge” kom optel – al wat ons moet doen is om die toilet te spoel. (Dis ‘n intensionele besluit)

Net voodat Jesus opvaar na die hemel sê hy vir sy dissipels: ” Ek sal vir julle die HG stuur om julle te help hiermee”

Jesus sê nou vir jou en my: “Nou is dit jou beurt om te sê DIT IS KLAAR (Maak ‘n besluit)

Laat HG toe om vir jou te wys watter dinge huidiglik in jou lewe is wat verhoed dat jy intiem met God kan wees. Watter dinge wys HG nou vir jou en sê: “Hierdie dinge pas nie by jou nie”.

Jy sê dalk ek probeer my beste, maar ek sukkel. Wel – HG is hier om jou te help.

Jy hoef nie rigtingloos rond te swerf nie. God het jou gemaak met ’n doel. Vir intieme verhouding met Hom en om te heers.

Hoekom “heers”?

God aan Adam & Eva: Wees 1. vrugbaar, 2. bewoon die aarde en 3. Heers oor dit

Gen 1:28 “En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip”.

Jesus aan Dissipels: Demonstreer vir julle die 1. vrugte van die Gees, (Paulus GALÁSIËRS 5:22 liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing).

– Die karaktereinskappe van GOD. Christlikeness

2.Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” ‘

HANDELINGE 1:8

  1. ‘Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. ‘

MATTEUS 28:18

Toe Jesus opvaar hemel toe sê hy vir sy dissipels om te wag vir die geskenk wat hy gaan stuur (HG).

Nou is daardie MAG en KRAG in ons ook.

Ons moet belei, Vra vir hulp.

Gebed:

Here ek belei ………

Vergewe asb my sonde.

HG ek het U nodig om my begeertes te kom verander.
Ek het U krag en mag in my lewe nodig.

Ek begeer om meer intiem met U te wees, Ek wil nader aan U kom.