- Maak ń studie van Wysheid
- soek insig wysheid ens
- Maak ń studie van dit
- Gaan met dit om elke dag
“My seun, luister mooi na wat ek vir jou sê. Bewaar wat ek vir jou leer. Spits jou ore vir die wysheid. Span jou in om dit te verstaan. Roep na insig. Roep hardop vir begrip. Soek daarna soos jy na silwer sou soek. Spoor dit op soos ’n versteekte skat. Dan sal jy weet wat dit beteken om respek te hê vir die Here. Jy sal leer om God te ken. Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig. Hy laat hulle wat reg leef, sukses behaal. Hy is ’n skild vir hulle wat hulle pad suiwer hou. Hy beskerm hulle wat ’n reguit pad loop. Hy bewaak die pad van sy getroue dienaars. As jy aanvaar wat ek vir jou sê, sal jy insig hê in wat regverdig, reg en billik is. Jy sal op die goeie pad bly. Wysheid sal jou denke bepaal. Jy sal lief wees vir kennis. Oordeelkundigheid sal jou beskerm, verstandigheid sal na jou omsien.”
SPREUKE 2:1-11 NLV
1. Definisie van wysheid
- Woord “Hakam” af en is nie ‘n godsdienstige roetine of ritueel nie.
- Dit beteken ‘n bemeestering van die kuns van lewe in lyn met God se verwagtinge
- Dit is die vermoe om met kennis en insig die regte keuses op die gegewe oomblikke te maak
- Die konsekwentheid van regte keuses is ‘n teken van volwassenheid en groei en speel uit in jou woorde, gedrag, oortuigings en verhoudings
- Ware wysheid begin by die Vrees van die Here wat beteken jy is gemaklik met gesag /outoriteit / eer en respek
“Hierdie is die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel. Die doel van hierdie spreuke is om mense wysheid te leer en hulle te onderrig. Dit sal hulle help om wyse woorde te verstaan. Deur hierdie woorde sal hulle dissipline leer en weet hoe om regverdig, reg en billik op te tree. Iemand wat nog onervare is, sal verstandig word. Die spreuke sal jongmense kennis gee en onderskeidingsvermoë. Laat selfs hulle wat wys is, luister na die spreuke sodat hulle tot dieper insig kan kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die lewenskuns aanleer om die spreuke en sinspelings, die woorde en raaisels van wyse mense te begryp. Kennis begin met eerbied vir die Here, net dwase verag wysheid en dissipline.”
SPREUKE 1:1-7 NLV
2. 2 sisteme 2 vrouens
• Spreuke speel heeltyd 2 dames teenoor
mekaar af genaamd:
– Dwaasheid (Spr 5-7)
– Wysheid (Spr 8-9/31)
SPREUKE 7:1-5 NLV
“Bly altyd by wat ek vir jou sê, my seun. Koester wat ek vir jou voorskryf in jou binneste. Bly daarby sodat jy kan lewe. Laat dit wat ek vir jou leer vir jou so kosbaar wees soos die appel van jou oog. Sit dit aan jou vingers soos ’n ring. Skryf dit uit op die tafel van jou hart. Sê vir die wysheid: “Jy is my suster.” Maak insig ’n lid van jou familie. Dit sal jou weghou van die onsedelike vrou af. Dit sal jou beskerm teen die vreemde vrou met haar verleidelike praatjies.”
Dwaasheid
SPREUKE 7:21-27 NLV
“So oorreed sy die jong man met haar mooipraatjies. Sy verlei hom met haar gladde tong. Hy loop dadelik agter haar aan. Hy was soos ’n bees wat na die slagpale gelei word. Hy was soos ’n wildsbok wat in die slagyster trap en ’n pyl kloof sy hart. Hy was soos ’n voël wat blindelings in ’n vangnet vasvlieg. Hy het nie geweet dat sy lewe verby is nie. Luister na my, my seuns. Slaan ag op wat ek sê. Moenie julle ophou met so ’n vrou nie. Bly uit haar pad uit. Baie is al op haar kerfstok. Sy het al talle sterk mans so laat ondergaan. Haar huis is die kortpad na die doderyk, die voorportaal van die dood.”
Wysheid
SPREUKE 8:32-36 NLV
““My kinders, luister na my. Hulle wat op my pad bly, sal geseënd wees. Luister wat ek julle leer sodat julle wys kan wees. Moenie dit ignoreer nie. Dit sal goed gaan met elke mens wat na my luister, wat elke dag na my huis toe kom en buite by my deur vir my staan en wag. Hy wat my kry, kry die lewe self. Hy geniet die guns van die Here. Hy wat my nie wil vind nie, doen skade aan homself. Hy wat my haat, is lief vir die dood.””
3. Waar vind ons die 2 dames?
SPREUKE 8:1-3 NLV
“Wysheid self staan en roep. Insig laat haar stem hoor. Sy staan by die hoë plekke langs die pad. Sy staan daar waar die paaie mekaar kruis. Sy staan by die ingang van die stad. Sy roep uit by die poorte:”
SPREUKE 7:6-18, 21 NLV
“Ek was eendag by die venster van my huis, ek het deur die gordyn staan en kyk. Ek sien toe jongmense op straat wat nog baie moet leer. Tussen hulle was ’n jong man wat nie van beter geweet het nie. Hy het met die straat afgekom en naby die hoek van hierdie vrou se huis verbygegaan. Dit was so teen skemeraand, die donker het begin toesak. Die vrou, aangetrek soos ’n prostituut, het na hom toe geloop. Sy het slim planne gehad. Sy was luidrugtig en uitdagend en kon nie by die huis bly nie. Dán was sy in die strate en dán weer op die stad se plein, by elke hoek het sy gestaan en rondloer. Sy het by die jong man gekom en hom omhels. Ewe skaamteloos sê sy vir hom: “My maaltydoffers het ek vandag gebring, en my geloftes betaal. Ek het nou na jou toe gekom. Ek het na jou gesoek en hier het ek jou nou gekry. Ek het my bed oorgetrek met beddegoed van bont Egiptiese linne. Ek het my bed geurig gemaak met mirre, aalwyn en kaneel. Kom ons verlustig ons in liefdeslus, dwarsdeur die nag tot môre-oggend. So oorreed sy die jong man met haar mooipraatjies. Sy verlei hom met haar gladde tong.”
4. Wysheid se beloning
SPREUKE 8:17-21 NLV
“Ek het hulle lief wat my liefhet. Hulle wat na my soek, sal my kry. Ek het rykdom en eer, uitsonderlike skatte en geregtigheid. Wat ek gee, is beter as die suiwerste goud. My beloning is beter as die suiwerste silwer. Ek loop die pad van reg en geregtigheid. Ek maak húlle ryk wat my liefhet. Hulle pakkamers maak ek propvol.””