Preek/ Boodskap oor: Die Wapenrusting van God

Efesiërs is geskryf deur Paulus aan Christene (gelowiges soos ek en jy)

3 Hoof temas: God is lief vir jou. Deur Jesus aanvaar God jou net soos jy is. God het ‘n plan vir jou lewe

Ef 6:12 Koninkryk van Satan (AMP v11 en v12)

Despotisms: the exercise of absolute power, especially in a cruel and oppressive way.

Paulus sê ons is nie van hierdie wêreld nie, ons huis is in die hemel. Maar terwyl ons vir ‘n kort rukkie hier bly het ons toerusting tot ons beskikking wat ons nie net beskerm teen die aanslae van hierdie wêreld nie, maar ons kan dele terugvat wat Satan kom in neem het.

Ef 6:13 (Paulus gebruik die prentjie van ‘n romeinse soldaat as verduideliking)

13Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. (Daar kom ‘n dag van onheil vir ons almal. Of jy gaan val of bly staan in daardie dag, hang af van hoe jy toegerus is)

14Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. 17Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

(“trek aan” Groei dit op jou? God skroef dit nie aan jou vas nie. Wie se verantwoordelikheid is dit?)

  1. Gordel van waarheid Hoe beskerm die gordel? Die gordel trek iets stywer. Gordel maak iets vas sodat dit wat jy saam met jou wil vat nie afval of verlore gaan nie.

Wat is hierdie waarheid? – Dis wat ek en jy glo: God het gekies om ons aan te neem as Sy eie kinders en daarom het Hy sy seun uit Sy eie koninkryk na Satan se koninkryk gestuur om ons te kom red, verlos en vry te koop met Sy bloed. Hy noem ons nou Konings en Priesters in Sy Koninkryk van lig. Daarom het ons ook nou die outoriteit wat in die naam van Jesus Christus is, en die krag van SY bloed wat ons vrygekoop het. HY het ons dus outotiteit gegee oor die bose en dit wat nogsteeds ‘n houvas op ons het in hierdie wêreld.

  1. Borsharnas van vryspraak Hoe beskerm die borsharnas? Beskerm jou hart teen veroordeling van die bose. Satan wil hê ons hart moet twyfel oor ons redding en aan wie ons behoort.

God dink nie veel van jou nie. Jy is nie goed genoeg nie. Hy sal jou nie vergewe nie ens…..

Hoe glo iemand met hierdie vryspraak? Ek staan waarlik in geregtigheid teenoor God agv my geloof, vertroue en hoop in die opoffering wat Jesus gemaak het, en nie agv my eie werke/dade nie)

  1. Skoene van bereidheid Hoe beskerm die skoene? Bied stabiliteit en standvastigheid in wat ek glo (my oortuiging van dit wat God en SY seun vir my gedoen het

Hoe lyk iemand met hierdie bereidheid? Die vrede wat ek nou ervaar agv my verlossing, maak my so opogewonde dat ek bereid is om vir enige iemand, en in enige situasie daarvan te vertel

  1. Skild van geloof Hoe beskerm die skild? (In die vorm van ‘n deur en so groot soos ‘n deur). Beskerm jou teen die pyle/aanvalle van Satan.

Hoe lyk geloof? Vensters van jou Huis. Weet jy verseker dat hulle toe is omdat jy hulle self gaan toe maak het of dink jy “dis seker maar toe” ek dink iemand anders sou dit toe gemaak het. Wat van die vensters van jou Gees?

– Wat is Satan se doel met die pyle? moedeloos, leuns, deurmekaar(confusion),

– elke sonde het ‘n gees (oneerlikheid, wellus, geweld, manipulasie…..

  1. Helm van verlossing Hoe beskerm die helm? Beskerm kop / gedagte wêreld. Wat beskerm my gedagtes? Hoop

As iemand sou vra: “hoe gaan dit met jou gedagte wêreld”?

Hoopvol = Optimis   Moedeloos = Pessimis

Party mense sê jy word gebore as ‘n optimis of ‘n pesimis. Ek glo jy kan dit verander.

Pesimis – maak jou gedagtes oop vir pyle. Optimis – Hoop

Die voëlnes

  1. Swaard van die Gees (Dit is die woord van God) “spoken word”

Aanvallende wapen (vampire in movies is nie bang vir die bybel nie)

Hoe neem ek die swaard op? Daar is Supernatural Power in daardie woorde. As ek dit lees dan gebeur iets supernatural in die geestes realm. Wanneer ek dit hardop lees is dit nog meer kragtig.

  1. v18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig(at all times AMP) vir al die gelowiges. (in every season with all manner of prayer AMP)

Derek Prince noem gebed God se “Intercontinental Ballistic Misciles”

7 x items van toerusting: 1-5 Verdedigend. 6-7 Aanvallend.

Item 6 strek slegs ‘n armlengte. Item 7 tot in die uithoeke van die aarde.