Ek hou nie van wag nie. Is dit vir jou lekker om te wag vir iets / iemand?
- Jy is sonder werk en wag vir ‘n deurbraak.
- Jy stap ‘n pad met siekte en is afwagtend op ‘n wonderwerk.
- Jy is in gebed oor ‘n saak in jou persoonlike lewe en is hoopvol vir ‘n goeie uitkoms.
- Wat is die wagkamer?: – die tydperk wat jy biddend bly tot jou deurbraak daar is.
Wanneer ek praat oor die wagkamer, praat ek nie vanuit ‘n plek waar ek dink ek ‘n antwoord het vir elke persoon se wagkamer seisoen nie. Ek kan wel net deel uit dit wat ek geleer het in my eie wagkamers.
Meeste van ons is OK om vir ‘n rukkie te wag. (solank die ry by die bank korter word, maar as dit vir die laaste 10 minute geen beweging getoon het nie, is waar dit begin interessant raak). Nie waar nie?
Ons lees in Hand 1:4 dat die Here Jesus vir Sy dissipels op ‘n keer die opdrag gegee het om in Jerusalem te wag vir die belofte van die Vader en 10 dae na Sy Hemelvaart, kom die belofte.
- Ek besef hulle het nie geweet hoe lank moes hulle wag nie. Jesus het nie vir hulle gesê hoe lank nie. Ons lees net dat Hy sê : gaan wag in Jerusalem vir die belofte om vervul te word.
- In meeste gevalle sal ek 10 dae kan wag. Jy ook.
- Die uitdaging van die wagkamer begin realiseer wanneer die tyd lank raak volgens my en jou.
Salomo skryf hieroor in Spr 13:12 (NLV) –
“Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee.”
- (NKJV) “Hope deferred makes the heart sick, But when the desire comes, it is a tree of life.”
- Verwagtinge wat nie realiseer nie kan lei tot mismoedigheid / “makes the heart sick”.
- Eks ‘n “happy chappy” vir solank as wat God my gee wat ek wil hê, maar indien nie kan mismoedigheid inkruip.
- ‘n Dreigende gevaar van enige wagkamer seisoen: Die wagkamer kan die hart siek maak.
(die doel van die reeks is om ‘n mismoedige hart te versterk om sterk deur die wagkamer te kom)
Wanneer die hart siek word
Wat maak dat die hart kan siek word in die wagkamer?
- Verwagtings wat nie realiseer nie à lei tot teleurstelling.
Vir hoe lank nog, Here? (ek bid en niks gebeur nie)
- Op hierdie punt is daar die gevaar van teleurstelling.
- Nie alle wagkamer harte word hier siek nie, maar sommige harte doen wel.
Siek: Teleurstelling gaan verder à hopeloos, mismoedig, kwaad, verbitterd, self gesentreerd.
Waar is die Here terwyl ons in die wagkamer is en hoekom doen Hy niks aan die saak nie?
Miriam en Israel – God onthou
- Terwyl duisende babas sterf, word Moses se lewe op ‘n wonderbaarlike wyse gespaar
- Moses word in Faro se huis groot en ek wonder of sy familie en volk gehoop het dat hy die persoon sou wees wat iets aan hul slawerny dilemma sou doen?
- 40 jaar van Moses se lewe gaan verby en een dag vermoor Moses ‘n Egiptenaar.
- Moses vlug en vir nog 40 jaar hoor sy familie en volk niks van hom nie.
- 80 jaar se verdere slawerny elke dag. Vriende, hierdie wagkamer is geen grap nie.
Exo 2:23-25 (ISV) – The king of Egypt eventually died, and the Israelis groaned because of the bondage. They cried out, and their cry for deliverance from slavery ascended to God. God heard their groaning and remembered his covenant with Abraham, Isaac, and Jacob. God watched the Israelis and took notice of them.
Israel, Miriam en Moses is in die wagkamer en waar is die Here?
- Ons verstaan nie altyd alles nie vriende.
- Ons raak moeilik want ek het darem nou al 3 keer daaroor gebid. Al is dit 103 keer.
- Vir Israel 80 jaar se daaglikse slawerny uitroep dan skielik op een dag lees ons:
- Hulle uitroep kom tot die hemel en God onthou Sy verbond en dis NOU tyd vir aksie.
- Die Here het in hierdie 80 jaar gehoor, maar Hy het gewag (meer hieroor in Deel 2)
Nog voorbeeld van wagkamer uitroepe en die Here wat notisie neem???
- 1 Sam 1:19-20 (NKJV) – The Lord remembered Hannah
- Gen 8:1 (NKJV) – (the waters prevailed 150 days – Gen 7:24) Then God remembered Noah
- Gen 30:22 (NKJV) – Then God remembered Rachel
- Hier word nie bedoel dat God vergeet het nie, maar dat hulle op Sy gedagtes was. God het gedink aan hulle en aan hulle situasie en het besluit: NOU is die tyd.
Ons sing soms: Even when I don’t see it, You’re working à Glo jy dit regtig? Of is dit leë woorde?
- You never stop, You never stop working (meer hieroor in Deel 2)
- “God heard their groaning and God remembered His covenant…”
- Hy kan NIE vergeet nie EN daar is niks wat Hy nie van weet nie.
- Hy weet EN Hy hoor. (en ek en jy is nie besig om ons asem te mors deur te bid nie)
Ons geloofswandel is egter nie net altyd een van seën, voorspoed en een wonderwerk na ‘n ander nie.
(is jou teologie een van name it, claim it & frame it?)
Wat as die wagkamer resultate nooit kom nie?
Heb 11:13 vertel my van mense wat met ‘n hoop in hulle hart graf toe is sonder dat hulle die realisering gesien het van dit waarop hulle hoop.
- Ek is nie vandag hier om jou spoed te breek dat jou wagkamer nooit die gewensde resultate gaan oplewer nie.
- Van Gen tot Ope, het baie wagkamers uitgewerk na wense, maar sommige het nie.
- Dit kan gebeur… En wat dan?
- Ek wil wel sê daar is ‘n groter storie / prentjie as net die NOU en die wonderwerk.
- En ek en jy erken nie altyd daardie groter storie nie.
- En die fout wat ons maak is dat ons dink die HERE doen ook nie.
En wat dan gebeur is dat ons alles wie God is in die weegskaal plaas teenoor die een saak waarin ons nie ‘n deurbraak kry nie.
- Omdat ek nie my deurbraak kry nie, is ALLES wie Hy is ook vals???
- In die wagkamer: Daar is HY en daar is die deurbraak waarvoor ek wag.
- Of ek my deurbraak kry of nie, dit verander nie in my hart wie Hy is nie (meer daaroor in Deel 2)
Die skrif wat my baie hoop gee in die wagkamer (Here Jesus het vir ons ‘n wagkamer gelykenis gelos):
Die gelykenis van die weduwee en die onregverdige regter
Lees Luk 18:1-8 (NLV) – mag hierdie woorde jou hart diep tref en bemoedig
- Is dit nie vir julle interessant dat die 2 karakters in hierdie gelykenis ‘n onskuldige weduwee en ‘n onregverdige regter is nie.
- Want in die hart van die mens raak dit maklik die onskuldige ek en die onregverdige Vader?
- En dis hoe die Here Jesus die gelykenis aan ons vertel.
Die boodskap in V 6-8 is dat ons moet aanhou.
Hoe lank nog?
- Ek weet nie, maar moenie ophou nie.
- Waak teen verwagtings wat nie realiseer nie.
- Hy weet en Hy hoor en Hy onthou.
- Skei wie Hy is vir jou wat jy van Hom as soek van mekaar. (wanneer ek teleurgesteld raak)
(kom ons raak stil à Heilige Gees, kom fluister U)