Die Bybel skep vir ons ‘n baie mooi vergelyking tussen wierook en gebed:
Psa 141:2 (Afr83) “Mag my gebed voor U wees soos ‘n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos ‘n graanoffer in die aand.”
Psa 141:2 (CJB) “Let my prayer be like incense set before You, my uplifted hands like an evening sacrifice.”
In hierdie Psalm is Dawid biddend en hy spreek sy begeerte uit dat sy gebed soos wierook voor God mag wees.
Wierook in die tabernakel (OT)
In Exodus 30 lees ons van die instruksies wat God vir Moses gegee het dat die priester in die oggende en in die aande wierook moes brand (op ‘n wierook altaar) om ‘n aangename geur in die tabernakel vry te stel.
- Exo 30:8 – perpetual (voortdurende) – occurring repeatedly, so frequent as to seem endless and uninterrupted.
- 1 Thes 5:17 “Bid sonder ophou” – occurring repeatedly.
Aan die einde van hoofstuk 30 gee die Here vir Moses ‘n wierook resep.
- Hierdie resep moes Moses as uiters heilig ag en slegs gebruik wanneer hy en God met mekaar vergader in die tabernakel. Daar was ‘n spesiale geur waarvan God gehou het (Besonders Heilig).
- ‘n Geur wat God en Moses se ontmoeting verteenwoordig het, nie vir ander gebruik nie.
Wierook in die hemel (NT)
Ope 5:8 (NLV) “Net toe Hy die boekrol vat, het die 4 lewende wesens en die 24 ouderlinge in aanbidding voor die Lam neergeval. Elkeen het ‘n siter en ‘n goue bak vol wierook vasgehou, dit is die gebede van die gelowiges.
Ope 8:3-4 (NLV) “’n Ander engel het nader gekom en by die altaar gaan staan. Hy het ‘n goue wierookbak vasgehou. Baie reukwerk is aan hom gegee om dit te meng met die gebede van almal wat aan God toegewy is, en om dit te offer op die goue altaar wat voor die troon staan. Die rookwolk van die reukwerk wat deur die engel geoffer is, is gemeng met die gebede van hulle wat aan God toegewy is, en het opgestyg voor God.”
- Ons gebede maak deel uit van die aanbidding voor God se troon in die hemel.
- Die beeld dat ons gebede tot God kom in die vorm van ‘n aangename geur.
Ons leer iets van die Here ons God
Hy hou van iets wat lekker ruik.
- Daar is iets rondom vertroue, geloof, afhanklikheid, dankbaarheid, aanbidding, volharding, uithouvermoë wat in die vorm van gebed tot Die Here kom, wat vir Hom lekker ruik / ‘n aangename geur is.
- Dit word gemeng met wierook en gee aan die troonkamer ‘n aangename geur.
Inligting oor wierook
Wierook (frankincense) is ‘n boomgom à die bloed van ‘n boom soos ek iemand hoor uitdruk het.
- Vandag word Frankincense olies vanaf ‘n boomgom / resin geproduseer
- ‘n “Wond” aan die boombas veroorsaak dat ‘n boomgom tipe vloeistof uitloop wat hard word.
- Dit is ‘n mooi simboliek dat die harde boombas laag verwyder moet word om sodoende die geur draende boomgom voort te bring.
Gebed wat vloei uit die hart
- Die gebeure van die lewe dreig om ons (my en jou se) harte te verhard teenoor God.
- Maar wanneer ons Heilige Gees toelaat om die harde lae van ons harte te genees (af te trek), kan gebed vanuit ‘n hart na vore kom wat ‘n aangename geur vir God is.
Ope 8:5 (Afr53) “Die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde uitgegooi. Daar het stemme gekom en donderslae en weerligstrale en ‘n aardbewing gekom.”
- Wierook bakke word uitgegooi op die aarde – kragtige elemente gaan daarmee gepaard.
Jak 5:16 (Afr53) “Die vurige gebed van ‘n regverdige het ‘n kragtige uitwerking.”
Hoekom vas?
Hebreeus: Tsom, Grieks: Nesteia
- Vrywillig van voedsel te ontneem, om nie te eet nie, geen kos.
- My oproep is nie dat jy vir 21 dae nie sal eet nie en net water sal drink nie.
- Daar is ander maniere (Bv Daniel vas wat net groente en vrugte behels).
- Maar dit het te doen met kos inname en nie sosiale media of TV nie.
Deur te vas neem ons sterker beheer oor ons vlees en sy begeertes.
Minder van ‘n vleeslike fokus en meer van ‘n geestelike fokus.
- My vleeslike honger is my herinnering om ‘n geestelike honger te kultiveer en ek draai na gebed.
- Ek is dalk bietjie swakker in die vlees, maar sterker in die gees OMDAT EK BID. (vas en bid)
- ‘n Selflose opoffering vir ‘n Goddelike agenda.
Gebedsriglyne vir ons vas tydperk
(verwys na punte op die skerm) – sien drukstuk met punte gelys.
*** Eindig boodskap af met ‘n lied.
- Psa 141:2 (Afr83) “Mag my gebed voor U wees soos ‘n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos ‘n graanoffer in die aand.”
Wie sal in die gaping staan?
- Ese 22:30 (NKJV) “I sought for a man among them that would make a wal land stand in the gap before Me… but I found no one. ☹
- Sal jy die man / vrou wees wat meer as gewoonlik (omdat jy vas en bid vir die volgende 21 dae) in die gaping staan / bres tree voor die Here.
- Uitroep om ‘n lint te neem as jy gaan deelneem aan die vas tydperk.