Preek/ Boodskap oor: Die Een in die Middel Deel 2

*** Laasweek se skrif toets: Psa 43:20 is toe eintlik Psa 42:12

(kort oorsig van deel 1) – 1 Sam 30:6 –> vergadering met jouself –> Vind hoop in Sy geskiedenis.

Die verkry van hoop is nie ‘n stap 1-2-3 aksie nie. Hoop is nie net ‘n gevoel nie. Hoop is Iemand (Jesus). Die pad na Jesus toe en die konstante wandel met Jesus, maak dat hoop teenwoordig is.

VRAAG1: Wie hier weet dat dit belangrik is vir ons om transformasie deur te gaan om meer soos Jesus te word?

VRAAG2: Wie hier wil graag meer soos Jesus word / die gestalte van Jesus in jou gevorm sien?

Die pakkie waarin Hoop soms na ons toe kom (een van die pakkies)

Rom 5:3-5 (NKJV) – And not only that, but we also glory in tribulations, knowing that tribulation produces perseverance; and perseverance, character; and character, hope. Now hope does not disappoint, because the love of God has been poured out in our hearts by the Holy Spirit who was given to us.

  • Moeilike tye –> bou uithouvermoë –> vorm ons karakter –> Hoop as vrug.
  • Meeste het vanoggend erken –> ek wil hê God moet in my werk en my verander.
  • MAAR ons hou nie van die verpakking waarin dit kom nie / ons veg teen die proses.
  • God werk egter hoop in ons wanneer ons vas staan in beproewing (sien sirkel)
  • Sien die “Hoop siklus sirkel”.

Die voorvereiste

Rom 5:1-2 (CJB) – So, since we have come to be considered righteous by God because of our trust, let us continue to have shalom with God through our Lord, Yeshua the Messiah. Also through Him and on the ground of our trust, we have gained access to this grace in which we stand; so let us boast about the hope of experiencing God’s glory.

  • Geloof (vertroue) in Hom –> Sekere wete dat ek ge-regverdig is voor Hom –> Vrede met God.
  • Dit maak dat ons ‘n hoop het (‘n toekomsverwagting) dat ons Sy glorie gaan beleef (in die toekoms hier op aarde en vir ewig in die hemel).
  • SY teenwoordigheid (glorie) in my huidige situasie.

(Ek herhaal van Deel 1) Intieme verhouding – m.a.w. “MY God” soos in deel 1 genoem

  • Die voorafgaande vereiste vir dit wat volg in vers 3-5 – vrede (hoop) in God.
  • Sekerheid oor wie ek in Christus is, maak dat ek vrede met God het, en saam dit kom hoop (‘n toekomsverwagting) het dat ons Sy glorie sal beleef in ons nóú en in die ewigheid.
  • Krake in hierdie aspek van ons verhouding met God, maak dat beproewing ‘n ander uitwerking op ons het. (jy baklei meer teen die proses)

Hoekom? Waar kom die hoop vandaan?

1. Ek (en myself) se keuse en vertroue in beproewing tye

  • Moeilike tye –> bou uithouvermoë –> vorm ons karakter –> Hoop as vrug.
  • Dit begin deur daardie “ek en myself vergadering” wat ek in deel 1 van die reeks oor gesels.

2. Die skrif gee Hoop

Rom 15:4 (Afr83) – Alles wat vooraf in die skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

  • God se woorde gee vir ons standvastigheid en bemoediging –> Hoop vloei hieruit.
  • Oor en oor en oor sal ek ‘n stem wees –> Gee jouself genoeg tyd in die Woord.

3. God is die bron van hoop (nie net ek alleen nie)

Rom 15:13 (Afr83) – Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.

  • Engels lees: “May the God of hope fill you with all joy and peace as you trust in Him…”
  • Die bronne / reservoirs van Hoop is by God –> Hoop vloei van Hom na my, in my in.

LEES weer Rom 15:13 –> Dit sê ook: “Deur die krag van die Heilige Gees”

  • Rom 3:5 – God se liefde word in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees.

Daar is ‘n Galasiër 5 uitstorting van liefde, vreugde, vrede, hoop in ons harte deur Heilige Gees.

  • Sielkunde sê dalk dat ek my eie hoop moet produseer maar God sê Hy stort hoop uit in ons harte.
  • MAAR: moeilike tye kweek uithouvermoë, uithouvermoë bou my karakter en soos dit plaasvind en ek vertroue kies, stort God Hoop uit in my binneste.

Voorbeeld

Mediteer op: Ek gaan dit nie maak nie – OF op Fil 4:13 “ek is tot alles instaat deur Christus wat my krag gee.”

  • Al verander die situasie nie vinnig nie, beleef ek Christus se krag in die storm – HOOP.

Lérie, ek wil jou ‘n vraag of 2 vra.

  • Het jy dae wat dit vir jou voel of hoop ver van jou af weg is?
    • Hoekom sou jy sê is dit so? (Hoekom is jy tydelik in daardie situasie?)
  • Hoe veg jy vir hoop?