Ons is 7 dae weg van Pinkster af en ek wil vandag met julle gesels oor die Heilige Gees.
- Kom komende Sondag na die aanbiddingsdiens en die aand van gebed…
Weens vas, raak ek liggamlik honger. Mag ons na vanoggend dorser en hongerder wees na Heilige Gees.
Gen 24:1-3 (Afr53) “En Abraham was oud en ver op sy dae, en die Here het Abraham in alles geseën. Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup, dat ek jou kan laat sweer by die Here, die God van die Hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie; maar dat jy na my land en my familie sal gaan om vir my seun Isak ‘n vrou te neem.
Dit is ‘n vreemde hoofstuk om oor Heilige Gees te gesels, nê? Jy sou dalk die boek Handelinge verwag.
Gen 24 is interessant genoeg die langste hoofstuk in die boek Genesis met 67 verse. (lees op jou eie)
Die opsomming van hoofstuk 24 (ek lees vir julle)
- Abraham gee aan sy dienskneg ‘n opdrag en laat hom ‘n eed sweer rakende ‘n bruid vir sy seun.
- “Jy moet na my land toe gaan, die land waar ek gebore is, en daar ‘n vrou gaan haal vir my seun Isak
- Ons sien dat die dienskneg die vraag vra: Wat as die vrou nie saam my wil kom nie?
- Abraham noem: dan is jy ontslae van die eed aan my.
- Met baie skatte en 10 kamele vertrek die dienskneg op reis na Mesopotamië.
- Buite die stad Nahor gaan wag hy by ‘n put waar die dorp se vroue kom water skep en hy bid tot God: Die vrou wat kom en nie net vir my water gee nie, maar ook uit haar eie vir my 10 kamele , sal die een wees wat U vir Isak bestem het.
- Hy was nog besig om te bid toe kom Rebekka daar aan met ‘n kruik op haar skouer.
- Sy was mooi van aansien, en ‘n maagd.
- Die dienaar loop na haar toe en vra: “Laat my ‘n bietjie uit jou kruik drink”.
- Sy het dadelik vir hom water gegee en ook geloop en vir sy kamele water gegee.
- Hy het vir haar ‘n goue ring en 2 armbande van goud gegee en gevra of hy saam haar na haar pa se huis kan gaan, waarop sy ja geantwoord het.
- Die dienskneg het gekniel en Die Here God aanbid.
- By die huis is die hele storie vertel aan die familie, soos dit afgespeel het. Hulle het God herken in die storie en ingestem dat Rebekka saam met hom kan terug reis.
- Die dienskneg het nog skatte aan Rebekka gegee en daarna ander kosbare geskenke vir haar familie.
- Die volgende more toe die dienskneg wou reis vra haar familie of hulle 10 dae kan wag. Die dienskneg wou dadelik reis.
- Rebekka is toe gevra: “Is jy gewillig om saam die man te reis”, haar antwoord was: “Ja, ek wil gaan.”
- Die dienskneg het gekniel en Die Here God aanbid.
- Rebekka het die lang pad saam gereis om vir Isak te gaan ontmoet tot sy hom van ver af in die landerye sien loop het, sy het haar gesig met ‘n sluier bedek en tot by Isak gegaan.
- Isak het Rebekka as sy vrou geneem en hy het haar liefgehad.
Wat ‘n aangrypende hoofstuk met ‘n diep profetiese betekenis. Hoofkarakters in Gen 24:
- Abraham – God die Vader
- Isak – Die Here Jesus
- Die dienskneg – Die Heilige Gees
- Rebekka – Die bruid, ek en jy.
Gen 24, die dienskneg en Die Heilige Gees, Rebekka en die bruid ooreenkomste:
Hoekom stuur Abraham sy dienskneg uit?
- Om ‘n bruid vir sy seun Isak te gaan vind en terug te bring.
- God die Vader stuur die Gees om vir Sy Seun ‘n bruid voor te berei.
- Ons sien in vers 17 dat die dienskneg na Rebekka toe hardloop toe hy haar sien (neem initiatief).
- Heilige Gees is agter my en jou aan. Hy gee die eerste treë. Wat daarna gebeur is my/jou keuse.
- VRAAG: Weet jy dat jy aan Iemand behoort en dat Heilige Gees jou vir Hom uitsluitlik wil voorberei?
Naamlose dienskneg in die hoofstuk:
- Nooit word die dienskneg se naam in Gen24 genoem nie.
- Maar in Gen 15:2 noem Abraham dat as hy nie ‘n seun as erfgenaam kry nie, sal Eliezer alles erf.
- Daarom is dit ‘n algemene begrip dat die dienskneg hier genoem, Eliezer was.
- Eliezer – “Help of my God” – God se Helper
- Joh 14:16 – Die Vader sal ‘n ander Helper..
- Heilige Gees het nie ‘n naam. Net Sy titel. à Ons helper, trooster, advokaat, intersessor elke dag.
- VRAAG: Ken jy jou Helper? Werk jy saam met jou Helper of teen Hom? (blinde en gids)
- Moenie veg teen jou Helper nie. Hy is hier om my en jou te help en versterk op die reis.
Eienskappe waarvoor die dienskneg vra in die bruid
- Hy bid nie: bring vir my die vrou wie se pa die rykste is, of bring vir my die mooiste vrou van hierdie land.
- Hy bid vir ‘n diensbare, goedhartige bruid – wat vir hom en sy 10 kamele water sal bedien.
- Wat gaan aan in jou hart? Is jy diensbaar? Lewe jy hoofsaaklik vir self?
- VRAAG: Heilige Gees van hou van diensbaarheid. Hou jy van dit waarvan Hy hou?
Die dienskneg deel geskenke uit aan Rebekka en haar familie
- Gen24:53 (NLV) “Toe haal hy silwer en goue voorwerpe uit asook klere en gee dit vir Rebekka. Vir haar broer en ma het hy duur geskenke gegee.”
- In 1 Kor 12 lees ons van Heilige Gees se gawes wat Hy aan die bruid gee (kragtige dinge) en in Gal 5 lees ons van die vrug wat Heilige Gees voortbring.
- Die bruid ontvang kragtige geskenke en die wat met die bruid in aanraking kom, pluk die vrugte daarvan.
Gaan dit oor die geskenke, of gaan dit oor die Bruidegom?
- MAAR: Wanneer die dienskneg geskenke uitgee, is dit vir ‘n spesifieke doel. Moenie die geskenke die hoof ding maak nie. Die Bruidegom is die hoof ding.
- Die hoof doel van die dienskneg se reis is nie gestuur om geskenke vir die bruid te neem nie, maar om die bruid te vind en na haar bruidegom te bring.
- VRAAG: Is jou bruidegom jou groot skat? Of is dit Sy geskenke?
Wag vir 10 dae, dan sal ek kom. Nee, kies nou en kom nou.
- Sal jy saamkom? Die keuse was Rebekka s’n om te maak. Die dienskneg het haar nie forseer nie.
- As sy nee gesê het, was die dienskneg vrygestel van die eed wat hy met Abraham gemaak het.
- Rebekka wou 10 dae wag en toe kom, maar die helper het gesê: Moenie my vertraag nie. Hulle roep vir Rebekka en vra haar om nou te kies.
- Hoeveel keer sê ons vir Heilige Gees: Ek sal nog vorentoe regmaak.
- Heb 3:15 sê: Vandag as jy Sy stem hoor, moenie jou hart verhard nie… liewe Bruid.
- VRAAG: Stel jy uit om na Heilige Gees te luister? à Sê Hy dalk vandag: ”Ek wil jou na jou bruidegom toe vat. Moenie my vertraag nie. Maak jou keuse.”
Vir ‘n tyd lank op reis was die bruid onder die toesig van die helper
- Die dienskneg het omgesien na Rebekka terwyl hulle die 800km reis aangepak het.
- Maar die dag het gekom wat Rebekka haar oë opgelig het en vir Isak in die veld sien loop het.
- Rebekke vra: “Wie is dit?” Die dienskneg het vir haar gesê: “Daar is my Meester.”
- Ek en jy is tans onder toesig van die Heilige Gees (ons Helper en Advokaat), maar die dag gaan kom wat ons ons oë gaan oplig en ons Bruidegom gaan aanskou.
- VRAAG: Luister jy na die dienskneg op jou reis? Hy gaan jou leer van jou Bruidegom.
Nog ‘n klompie ooreenkomste wat ek nie hier noem nie…
Joh 16:13 (Afr53) – “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.”
Joh 15:26 (NKJV) – “But when the Helper comes, whom I shall send to you from the Father, the Spirit of truth, who proceeds from the Father, He will testify of Me.”
*** Werk saam met Heilige Gees. Hy is hier om my en jou by te staan.
Afsluit en Refleksie