Joh 3:8 (Afr53): Die wind waai waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie vanwaar hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.
In die begin het God 2 wêrelde geskape:
- Die geestelike wêreld / realm
- Die fisiese wêreld wat ons vandag ken
Die fisiese wêreld is geskape met sekere “wette” wat God in plek gesit het soos om alles te laat werk.
- Wanneer alles werk soos dit moet, sien ons dit as doodgewoon. Dis hoe dit werk.
- Bonatuurlik is as: Maar die invloed van die geestelike realm op die fisiese kan manifestasies veroorsaak wat teen die normale gang van dinge werk.
- : 2 Kon 20:8-11 skuif ‘n sonhorlosie skaduwee agteruit nadat Jesaja bid wat hom daaraan toe leun dat die aarde / son beweging in teenoorgestelde rigting beweeg. Bonatuurlik.
- : As 30 jarige vrou geboorte gee, sê ons dit is normaal. As Sara op 90 geboorte gee, sê ons dit is bonatuurlik.
In Joh 3:8 verduidelik die Here Jesus wedergeboorte aan Nikodemus:
- Die wind kan nie gesien word nie, en is kragtig genoeg om bome te beweeg. Die krag is sigbaar.
- ‘n Onsigbare krag wat gesien word weens die manifestasie van beweging. Die wind kan nie beheer word nie.
- So is Heilige Gees met die wedergeboorte van ‘n siel. ‘n Onsigbare manifestasie wat lei tot ‘n bonatuurlike gevolg: Bonatuurlike lewe wat lei tot die transformasie / regenerasie van iemand.
- Iemand wat nie gesien kan word nie, verander iemand wat wel gesien kan word.
- Geestelike realm se invloed wat uitspeel op die fisiese – Bonatuurlik.
Die bonatuurlike in ons midde (verstaan jou gemeente beter)
Alles rondom Vader, Seun en Heilige Gees is bonatuurlik. Jy kan God nie met logika alleen uit redeneer nie.
Hy is soos die wind wat waai en Hy doen wat Hy wil.
- En Hy het vanuit die geestelike realm ‘n invloed op die fisiese realm
- As leierskap erken ons dit. Ons honger en dors vir Sy bonatuurlike werking in ons fisiese dimensie.
- “Doodgewoon” / “alledaags” is nie waarna ons smag nie
Kom ons kyk hoe die wind waai in ons midde…
Watter rol speel die bonatuurlike teenwoordigheid van God hier tussen ons by LCF? (die lys is nie alles nie)
- Wedergeboorte / Regenerasie.
- Wedergeboorte is ‘n bonatuurlike wonderwerk.
- ‘n Geestelike dooie mens word opgewek deur Heilige Gees se werk in jou Gees wanneer daardie persoon hulle verlorenheid besef en vertrou op Jesus as die Enigste Verlosser.
- Daardie persoon word uit die vuur geruk, hulle ewige eindbestemming verander, hulle word ‘n seun / dogter van God en word deel van God se koninkryk om dinge anders te sien.
- Joh 3:3,5 – dis al hoe jy hier en eendag God se koninkryk sal verstaan, sien en ingaan.
- Het jy al wedergeboortes in hierdie plek gesien? Dis bonatuurlik (elke keer).
- God wil jou lewe gebruik om wedergeboorte in siele te bewerkstellig.
- As gemeente beleef ons hierdie bonatuurlike in ons midde en ons begeer meer daarvan.
- God bewustheid (herstel van eerste liefde).
- 1 Kor 2:14 (Afr53): Die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie…
- Is jou God bewustheid besig om te vermeerder / Is jy besig om te groei in jou verhouding met God omdat jy hier in hierdie gemeente is?
- Dan wil ek vir jou sê: Bonatuurlik is God besig met jou.
- Daar is ‘n bonatuurlike geestelike wonderwerk aan werking binne in jou.
- Jy was geestelik dood, nou is jy ‘n ander mens. Hoeveel sulke siele sit hier?
- As gemeente beleef ons hierdie bonatuurlike en ons begeer meer daarvan.
- God se stem / God wat praat.
- Wanneer God praat is die nie doodgewoon nie, dis bonatuurlik. Dis WOW!!!
- Hoe praat God vandag?
- Deur Sy geskrewe woord, Deur Heilige Gees se fluistering in jou siel, wanneer jy in gebed is kan Goddelike gedagtes ontstaan (HG), deur die natuur, deur gebeure in jou lewe, deur ‘n medegelowige / profetiese woord, ‘n boodskap waarna jy luister, ‘n lied, deur drome of visioene, selfs soms deur ‘n hoorbare stem.
- Het God al met jou gepraat? Dis bonatuurlik.
- Het God al met jou gepraat terwyl jy hier in hierdie ouditorium is?
- As gemeente beleef ons hierdie bonatuurlike in ons midde en ons begeer meer daarvan.
- Beantwoording van gebed.
- Bid jy? (ek praat nie net van voor jy eet nie?)
- Weet jy dat God gebed beantwoord?
- Wie het al gebid en ‘n uitkoms gekry net soos wat jy voor gebid het? Dit was God alleen!!
- Dit is bonatuurlik.
- Vir wie is daar al hier by LCF gebid en die uitkoms het verander net soos ons gebid het?
- Jak 4:2 (Afr53) – Jy het nie, want jy vra nie… à as jy vra en iets verander. WOW!!!
- God sê soms nee ook. Dis ook ‘n antwoord. Maar Hy sê ja ook!!! (hande vir ja/nee)
- As gemeente beleef ons hierdie bonatuurlike in ons midde en ons begeer meer daarvan.
- Transformasie (Heilige Gees vrugte).
- Wie hier vanoggend kan sê: Ek is ‘n ander persoon vandag as ‘n paar jaar terug!!
- Weet jy dat dit bonatuurlik is? Dit is ‘n Goddelike wonderwerk.
- Weet jy dat jy volgende jaar hier kan sit en nog meer veranderd wees as wat jy vandag is?
- Gal 5:22 praat van die vrug van Heilige Gees.
- Wanneer ons hier by LCF die pad saam stap en Heilige Gees vrugte groei in vennote se lewe is dit ‘n daaglikse bonatuurlike wonderwerk.
- VRAAG: Ek weet / ek ervaar dat ek in daardie proses is. Heilige Gees is besig met my en Sy vrugte groei in my?
- As gemeente beleef ons hierdie bonatuurlike in ons midde en ons begeer meer daarvan.
- Kragtige werke (Gawes van Heilige Gees).
- Hierdie punt is waar sommiges die meeste sal stilstaan rakende die onderwerp van die bonatuurlike.
- Heilige Gees bewerk kragtige / bonatuurlike werke.
- 1 Kor 12:4-11 (Afr53) (Kom ons lees dit saam)
- Here, doen meer hiervan wanneer ons saam is, en in die elke dag van ons almal se lewe.
- As gemeente beleef ons hierdie bonatuurlike in ons midde en ons begeer meer daarvan.
Die bonatuurlike, ‘n Nuwe Normaal: Dit is waarvoor Jesus gesterf en opgestaan het.
Het ek en jy en ons as gemeente ruimte om te groei in die daaglikse bonatuurlike? EK GLO SO JA.
- Maar sien die bonatuurlike raak wat God reeds doen. Honger en dors na die meer van Hom
- Here, doen meer van alles hierbo genoem.
- In ons dienste, tydens aanbidding, woord bediening, gebed noodlyn, gebedsaande dek ons die tafel vir Heilige Gees om Heilige Gees te wees in ons midde en AL die bonatuurlike dinge wat ek hier genoem het te kom bewerk in mense se liggaam, siel en gees.
Refleksie:
Op watter dimensie is ons grootste ingesteldheid? – fisiese of geestelike?
- Is jou fisiese en hart se oë meestal op die fisiese wêreld gerig?
Hoekom die deur en die sleutelgat? – As ons deur die deur van Jesus Christus beweeg het tot ware wedergeboorte, is ek en jy huise wat Sy glorie dra.
Volgende week: Bonatuurlike (deel 2) – die Koninkryk van lig en duisternis.