James 1:5
If any of you lacks wisdom [to guide him through a decision or circumstance], he is to ask of [our benevolent] God, who gives to everyone generously and without rebuke or blame, and it will be given to him.
Openings-rede:
Wat dink jy verskil tussen diegene wat ’n vervulde lewe (lewe van oorwinning) leef en dan hulle wat nie so leef nie?
Hoe lyk ’n Lewe van oorwining =
- Goeie gesonde verhoudings
- Stabiliteit in hulle Finansies
- Betekenisvolle lewe etc.
Res van die wêreld:—Sukkel in verhoudings—Sukkel Finansieel—Hulle Voel leeg.
Wat is die sleutel/geheim?
Wat dit nie is nie:
Dit word nie bepaal deur die volgende nie:
Hoe intelligent of talentvol of hoe mooi jy is nie.
Wat maak dan die verskil?
Dit kom neer op … BESLUITE!
Belangrikheid en impak van ons besluite.
“Die kwaliteit van jou besluite bepaal die kwaliteit van jou lewe”.
Die probleem is—ons is nie goeie besluitnemers nie!
Re-Phrase: Op ons eie is ons NIE goeie besluitnemers nie.
Waarom sukkel ons om goeie besluite te neem?
Drie Uitdagings (onder andere)
1.Ons word oorweldig deur besluite en keuses.
35 000 besluite per dag!
Te veel besluite maak ons moeg.
Kognitiewe wetenskap bewys “Besluitmoegheid” of “Beslissingsuitputting” = die uitputting wat jy ervaar a.g.v. die hoeveelheid besluite wat jy in ‘n dag en elke dag moet maak.
“Soos die volume van besluite toeneem—neem die Kwaliteit van ons besluite af”.
- Ons is bang om ‘n verkeerde keuse te maak. (Mis God se wil)
Soms oor-dink ons dinge wat nie saak maak nie, of nie belangrik is nie! Maar wanneer dit kom by belangrike besluite—reageer en besluit ons in die oomblik.
- Ons laat emosies ons “logika” verstand en oortuigings in ons besluitneming oorheers.
- Moenie praat oor vesrskille met jou vrou as jy kwaad is nie…
- Moenie kinders disiplineer uit woede uit nie…
- Moenie jou huis verkoop ’n week na jou vrou oorlede is nie…
- Moenie toelaat dat die oponent op die veld onder jou vel kom, of in jou kop kom nie, dan maak jy dom besluite en kry ’n rooi kaart.
*So dikwels is dit die besluite van in ’n emosionele oomblik gemaak word wat ons en die mense naaste aan ons die seerste maak!
Moenie permanente besluite neem op grond van tydelike emosies nie.
Een van die beste maniere om intensioneel te lewe, om naasteliede uit te leef
Om God te verheerlik ook met ons besluite is:
Hier kom dit…
—Besluit vooraf wat jy later sal doen.
Daar is krag in voorafbesluit! (Wysheid in vooraf besluit )
As volgelinge/dissipels van Jesus Christus —Vra ons Heilige Gees om ons te help om vooraf te besluit!
“Determine our course of action before the moment of decision”.
Hoe lyk dit?
Wanneer ek gekonfronteer word met __________ (hierdie situasie)
Ek het vooraf besluit om ___________ (hierdie aksie te neem).
- As ek in die versoeking kom om op die ingewing van die oomblik iets te wil koop (impuls koper),—Wag 3 dae. (gee jou kop kans om jou hart in te haal)
- Bekommerd—Besluit vooraf om die las vir God te gee—
Ons sien baie voorbeelde van vooraf besluit in die Bybel!
Gen 22 – God het vir Abraham gesê om sy seun Isak te offer—Vertrou God omdat God aan hom ’n belofte gemaak het.
Rut 1 – Rut sê vir Naomi—Maak nie saak wat—Waarheen jy gaan—sal ek gaan!
Gen 39 – Josef
And it came to pass, as she spoke to Joseph day by day, that he did not listen to her, to lie by her, or to be with her.
And it came to pass about this time, that Joseph went into the house to do his business; and there was none of the men of the house there within.
And she caught him by his garment, saying, Lie with me: and he left his garment in her hand, and fled, and got out.
Genesis 39:7-12
Josef hardloop weg van Potifar se vrou! Hy sien praat help nie en besluit vooraf….
Dan 1 – Daniel & vriende—Geneem na vreemde land waar hy en sy vriende met ’n nuwe en godelose kultuur gekonfronteer word. Moontlik gebreinspoel sal word.
Een van die beste voorbeelde: Storie van Daniel?
But Daniel made up his mind that he would not defile (taint, dishonor) himself with the [a]king’s finest food or with the wine which the king drank; so he asked the commander of the officials that he might [be excused so that he would] not defile himself.
Daniël 1:8
Hulle almal het geweet wat vir hulle belangrik is (waarin hulle glo en vashou) … So, hulle het vooraf besluit wat hulle gaan doen, hoe hulle gaan optree!
Waaraan heg jy waarde… in wie… en waarin glo jy?
Wat lê die Here op jou hart as Sy kind en dissipel? Hoe bring ek eer aan God?
Liefde? Integriteit? Getrouheid? Reinheid? Gehoorsaamheid?
Gee alles vir Hom! en besluit vooraf.
Gebaseer op wat jy glo en wat vir jou belangrik is en waarde inhou – Jou geloofsoortuiging en gebaseer op jou verhouding met Jesus en HG en jou Hemelse Vader.
—Besluit vandag… nou (vooraf) … wat jy later sal doen.
Besluite bepaal rigting—Rigting bepaal die toekoms.
*Jy is die resultaat van ’n konstante reeks van wyse of on-wyse en God geleide of self gedrewe besluite.
As jou lewe in die rigting van jou besluite beweeg, hou jy van die rigting wat jou besluite jou neem?
As jy nie hou van wat jy sien of waar jy jou bevind nie — Besluit vooraf om iets anders te doen.
Dis wanneer jy meer kwesbaar is… sal jou besluite nie van jou emosies afhang nie,
Maar op die waardes en waarhede wat God in jou hart geplaas het!
Wanneer jou Waardes/geloofs oortuigings vas en duidelik is… is goeie besluite makliker om te maak.
Slot:
Goeie nuus…
Gelukkig word ons nie gered deur die kwaliteit van ons besluite nie.
Ons is gered deur die genade van God.
Jesus het “Vooraf Besluit”— Nie my wil nie, maar U wil Vader.
Spr 16:3
Commit your works to the Lord [submit and trust them to Him],
And your plans will succeed [if you respond to His will and guidance].
Met God se hulp kan ons Voorafbesluit —
Spr 3:5-6
Trust in and rely confidently on the Lord with all your heart
And do not rely on your own insight or understanding.
In all your ways know and acknowledge and recognize Him,
And He will make your paths straight and smooth [removing obstacles that block your way].
Proverbs 4:5
Get wisdom, get understanding; do not forget my words or turn away from them.
Psalm 25:4
Show me your ways, LORD, teach me your paths.
Hoekom?
Sodat ons soos Abraham en Rut en Daniel en Josef en JESUS… vooraf kan besluit.
As ons n lewe wil lei wat God behaag en in ’n naby verhouding met Hom leef, kom ons…
“Bepaal jou optrede sovêr as moontlik, voor die oomblik van besluit” sodat ons nie onkant gevang word en onder “druk”, onwyse besluite neem nie en sodoende nie saam met God in die regte rigting beweeg nie.
*Maak goeie keuses… Vandag!
Amen.