2 VRAE:
- Is God betroubaar en kom Hy Sy Beloftes na?
- Verstaan ons die Beloftes reg?
INLEIDING:
Een van die moeilikste lesse wat ‘n mens in die lewe leer, is dat mense hul beloftes verbreek.
- Ons kan almal voorbeelde gee van beloftes wat aan jou gemaak is wat nooit nagekom is nie.
- Of andersom… dalk het jy al beloftes gemaak wat jy nie nagekom het nie.
Jonathan Swift het eenkeer gesê: “Promises & pie crusts were meant to be broken.”
- In antwoord op die eerste vraag:
Is God betroubaar en kom Hy Sy beloftes na?
STELLING 1:
God is virseker betroubaar en hou beslis by Sy beloftes! He is a … “Promise keeper”
Psalm 145:13 sê: “The Lord is trustworthy in all he promises and faithful in all he does.”
Soos ons groei in ons verhouding met God, leer ons Hom vertrou en ons kan met vaste vertroue weet dat Hy Sy beloftes sal nakom en en Sy woord sal hou.
Regdeur die Skrif sien ons dat God ‘n getroue, belofte-onderhoudende God is wat Sy kinders roep om te lewe met vertroue in die beloftes van God.
Terwyl ek in die Ou Testament kyk, kan ek so duidelik sien hoe God beloftes aan Sy mense gemaak het en altyd baie getrou was om dit na te kom. Daar is geen twyfel dat Hy ‘n belofte-onderhoudende God is as jy kyk na stories soos die lewe van Abraham of die uittog van die Israeliete uit Egipte nie.
Titus 1:1-2 sê: “1 Paul, a bond-servant of God and an apostle of Jesus Christ, for the faith of God’s chosen ones and [to lead and encourage them to recognize and pursue] the knowledge of the truth which leads to godliness, 2 based on the hope and divine guarantee of eternal life, [the life] which God, who is ever truthful and without deceit, promised before the ages of time began,”
As God sou jok en nie Sy beloftes nakom nie, sal dit die Hemelse Vader se natuur weerspreek. Dit lei ons tot die volgende stelling.
STELLING 2:
Om op die beloftes van God te vertrou, begin met die vertroue op God vir wie Hy sê Hy is.
Wat leer die Woord ons i.t.v. wie God is (Sy karakter):
God is Getrou
God is Genadig
God is Liefde
God is Heilig
God is Regverdig
God is Goed
God is Almagtig
etc.
Tom Yeakley sê dit goed in sy boek “Praying Over God’s Promises” wanneer hy sê:
“The promises of God are trustworthy because they are founded upon the character and power of God Almighty.”
“The consistent, faithfulness of God’s character causes us to be confident in the promises God gives to us. And as He faithfully does what He says He’s going to do, HE gets the glory and praise for all that He does.”
- Ek kan op God vertrou om Sy beloftes na te kom op grond van wie Hy is, nie op grond van my verdienste nie.
- Maar ek moet dit glo en daarop staan en daaraan vashou.
STELLING 3:
Ons verwagtinge van God is nie altyd die beloftes van God nie.
Ons raak soms teleurgesteld in God omdat Hy nie iets doen wat Hy nooit gesê het Hy sou doen nie. Ons haal soms die Skrif verkeerd aan, of vat die belofte vir ons self al is dit nie vir ons bedoel nie, of verstaan dit nie omdat ons dit nie in konteks lees nie.
- In antwoord op die 2de vraag:
Verstaan ons die Beloftes reg?
Rom 8:28
28 And we know [with great confidence] that God [who is deeply concerned about us] causes all things to work together [as a plan] for good for those who love God, to those who are called according to His plan and purpose.
Kom ons kyk bietjie na Paulus (skrywer van Rom 8:28) se lewe volgens 2 Kor 11:25-28 & Hand 28:3
Hy het God liefgehad, maar Paulus is geslaan, gestenig, skipbreuk gely, verlore op see, in gevaar van rowers, riviere, mense, stede, wildernis en valse vriende; hy het slapelose nagte, honger, dors, koue en angs verduur, en is deur ‘n slang gepik
Nou wat nou Paulus, wat van die belofte dan alles sal goed uitwerk? Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is
Maar Paulus stop nie by vers 28 nie, of hoe? Onthou hierdie reël: “Moet nooit ‘n Bybelvers alleen lees nie.” Lees ten minste die hele paragraaf.
… kom ons lees die hele konteks in Rom 8:26-37
“26Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. 27En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. 28Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is. 30Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.
Niks kan ons van die liefde van Christus skei nie
31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?
33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.
35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe:
“Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig,
dat ons soos slagskape behandel word.”
37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
- Ons verstaan ten goede laat meewerk se “goed” dalk verkeerd.
- Ons sien dit van uit ’n tydelike perspektief en God kyk van uit ’n ewigheids
- Die “goede laat mee werk” is nie goeie tye en gemak nie, die doel daarvan (wat goed is), is om ons soos Jesus te laat word deur Heilige Gees se transformasie werk in ons.
SLOT:
*Aan watter beloftes kan ek wel vashou?
Die beloftes van God is so ryk, so vertroostend en dit ontwikkel hoop en volharding in die lewe van ‘n gelowige.
Die Bybel is vol beloftes – dit is ook die rede waarom ons tot geloof kom,
- aangesien ons vergifnis van ons sondes belowe word (1 Joh. 1:9),
- ewige lewe saam met God (Romeine 6:23),
- die Heilige Gees om binne ons te woon (Romeine 8:11),
*en nog baie vir jou om te ontdek…
- Maar hierdie waarhede is nie net vir wanneer ons die eerste keer op Christus vertrou nie, dit is beloftes waaraan ons kan vashou terwyl ons ‘n lewe lei wat aan Christus toegewei
- Ons het hierdie waarhede nodig om oor ons te spoel terwyl ons elke dag lewe met vertroue in die beloftes wat God ons in Sy Woord gegee het.
Daar is nog baie beloftes om te ontdek in God se Woord…
Sy Vrede
“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Filippense 4:6-7 AFR 83
“Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.” Joh 14:27
Sy Teenwoordigheid By Ons
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Matheus 28:19-20
Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?
1 Kor 3:16
Sy Troos
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.” Matteus 11:28-30
“But the [a]Helper (Comforter, Advocate, Intercessor—Counselor, Strengthener, Standby), the Holy Spirit, whom the Father will send in My name [in My place, to represent Me and act on My behalf], He will teach you all things. And He will help you remember everything that I have told you.” John 14:26
Sy Krag en bystand
Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. 1 Kor 10:13
2 Petrus 1:3-4 AMP sê:
3 For His divine power has bestowed on us [absolutely] everything necessary for [a dynamic spiritual] life and godliness, through [a]true and personal knowledge of Him who called us by His own glory and excellence. 4 For by these He has bestowed on us His precious and magnificent promises [of inexpressible value], so that by them you may escape from the immoral freedom that is in the world because of disreputable desire, and become sharers of the divine nature.
’n AKSIE-PLAN:
- Lees en bepaal of die belofte vir jou is en binne die betrokke konteks verstaan word.
- Memoriseer en mediteer op die Skrif! Bestudeer hierdie waarhede, sodat HG en jy jouself in tye van nood aan hierdie beloftes kan herinner.
- Bid oor die beloftes van God. Wanneer jy sukkel om te vertrou, BID! Vra God om jou te help om in Sy goedheid te vertrou, te glo en daaraan vas te hou. Herinner Hom aan Sy beloftes, en vra Hom om te doen wat Hy sê Hy sal doen.
- Herinner mekaar aan Sy beloftes! Ons moet hierdie waarhede in mekaar se harte en gedagtes uitstort terwyl ons langs mekaar stap deur die lewe se op en af. Wanneer jou boetie en sussie in Christus sukkel, herinner hulle aan die betroubaarheid en nabyheid van God in Sy beloftes.
- Gaan voort om God heelhartig te soek terwyl jy wag, bid en saam met HG die woord lees en leer en God Sy karrakter en beloftes aan jou openbaar en jy meer soos Hy word.
SLOT GEDAGTES:
- Daar is baie beloftes in Sy woord waarop ons kan aanspraak maak.
- En wat ons uit al hierdie beloftes leer, is dat ons God kan vertrou, want Hy werk namens Sy kinders vir Sy doeleindes met ’n ewige plan.
- Die omstandighede is nie altyd maklik nie, maar Hy sal ons deur die moeilike tye versterk en vertroos.
- Kom ons maak vrede met die waarheid dat, vir die Christen, ons in die lewe deur verskeie beproewings en onstuimighede sal gaan. *(waarvan God nooit beloof het om ons van te spaar nie).
- Hy het wel Sy teenwoordigheid en Sy krag en Sy vrede belowe te midde van daardie moeilikhede… (hoekom)… om ons te transformeer na die beeld van Christus.