FILIPPENSE 2:9-11 AFR83
9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, 10sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, 11en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.
Inleiding:
Wie is Jesus regtig vir jou? Is Jesus jou metgesel (jou +1)….of is Hy jou nr.1?
Die antwoord is nie so eenvoudig soos ons dink nie en het ’n reuse implikasie en impak in ons lewe as ons dit snap.
Die voor die hand liggende antwoord is: Jesus is my verlosser.
Acts 2:36-38
36 Therefore let all the house of Israel recognize beyond all doubt that God has made Him both Lord and Christ (Messiah, Anointed)—this Jesus whom you crucified.”
Jesus ons Verlosser se groot doel as deel van Sy verlossingswerk was dat Hy die Heer en Koning in die lewe van elke gelowige sal wees.
In erkenning van Sy verlossingswerk, het die Vader aan Jesus absolute oppergesag gegee.
Colossians 1:17-18
17 And He Himself existed and is before all things, and in Him all things hold together. [His is the controlling, cohesive force of the universe.] 18 He is also the head [the life-source and leader] of the body, the church; and He is the beginning, the firstborn from the dead, so that He Himself will occupy the first place [He will stand supreme and be preeminent] in everything.
Filippense 2:10 (in sleutel vers bo)
Daar kom’n dag kom wanneer almal sal sien dat Jesus Christus die oppergesag het, wanneer “in die Naam van Jesus… elke knie sal buig”.
… die knie sal buig en erken dat Jesus Christus die Koning van die Konings en die Here van die Here is.
Daar kom ’n dag in die toekoms maar…
- Maar vir ons as Jesus se dissipels behoort daardie groot belydenis ‘n daagse werklikheid te wees.
- As Christen behoort ons dit elke dag te veklaar en elke oomblik in getroue onderwerping aan Sy heerskappy te leef.
Die woord “oppergesag” beteken “beklee die eerste plek”, dus wanneer ons praat van die oppergesag van Christus beteken dit Jesus Christus die eerste plek in ons lewe inneem.
Watter plek neem Hy in jou lewe in?
Is Hy eerste in jou lewe, huis, besigheid, vriendskappe…?.
Wat beteken dit?
Om Hom as Verlosser te aanvaar, beteken dat ons onsself aan Hom, as Heer onderwerp.
Dit is wonderlik en nodig om Jesus ons Verlosser te noem, maar tensy ons erken het dat Hy die Koning (Jesus Christus) is, en ons, ons aan sy heerskappy onderwerp het, mis ons die volle betekenis van wat dit is om ‘n Christen en Disipel van Jesus te wees.
*Aanhaling:
When the lordship of Jesus is a settled issue in the Christian’s life, all other issues are settled. It is my privilege and responsibility to teach the members of my congregation what the Bible says about serving God; witnessing and soul winning; stewardship of time, talent, and treasure; faithfulness to God’s work; missions; and many other aspects of Christian responsibility. I contend that if the Christian has settled the lordship issue, then all other issues in his life are also settled.
- WAARVAN MOET ONS JESUS AS HEER EN KONING IN ONS LEWE KROON?
Die antwoord is – ONS HELE WESE.
- Die mens is ‘n drieledige wese, ons bestaande uit gees, siel en liggaam, As Jesus die Here van my lewe is, beteken dit dat Hy absolute heerskappy het en volkome beheer uitoefen in my gees, siel en liggaam areas.
- My siels-mens bestaan uit hart, verstand en wil;
As Jesus Koning van my lewe is, beteken dit dat Hy Koning van my hart, verstand en wil is.
- Elke mens het ‘n fisiese liggaam met baie ligaamsdele in daardie liggaam – oë, ore, lippe, hande, voete, ens.
- As Jesus Here van my lewe is, beteken dit Hy is Heer van my:
- oë (waarna jy kyk)
- ore (waarna jy luister)
- lippe (waaroor jy praat)
- hande (wat jy doen)
- voete (waar jy gaan)
- Ons lewe sluit ons huis, beroep, vriende, besittings, verhoudings, vriendskappe, gewoontes in.
As Jesus die Here van my lewe is, beteken dit dat Hy in beheer is op alle terreine van my lewe.
- Hy is op die troon en daar is geen mededinger nie;
- Hy is daar op my uitnodiging met my gewillige en blye toestemming.
- WAT BETEKEN DIT OM JESUS TE KROON AS HEER?
- Dit beteken die besef van Jesus se absolute EIENAARSKAP. As Hy Here van my lewe is, dan is alles wat ek is en het Syne. Ek behoort nie aan myself nie, maar ek is geheel en al Syne, soos Paulus my in 1 Korintiërs 6:19-20 herinner.
Wanneer Christus Here van my lewe is, is alles waarvan ek voorheen as ‘myne’ gepraat het nie meer myne nie maar Syne; nie meer ‘my’ liggaam, ‘my’ talente, ‘my’ geld, ‘my’ geliefdes, ‘my’ huis nie, maar Syne.
- Dit beteken onbetwisbare gehoorsaamheid. As Hy die Here van my lewe is, dan sal ek alles doen wat Hy sê. Ek is gehoorsaam omdat Jesus my Meester en Heer is en; ek is gehoorsaam vanuit my verhouding en liefde vir Hom.
- Dit beteken volkome vertroue.
- As Hy die Heer van my lewe is, sal ek wat Hy ook al toelaat aanvaar… al laat dit die trane oor my gesig loop en my hart laat breek.
- As Hy Here is, sal ek kan sê: ‘Here, al verstaan ek nie…sal ek U bly vertrou. Ek weet dat U, besig is om U doel in my lewe uit te werk.’
- JESUS ALLEEN HET DIE REG OM DIE EERSTE PLEK IN ONS LEWE IN TE NEEM.
Daar is net een persoon in die hele God se heelal wat die absolute reg het om die eerste plek in jou en my lewe te beklee.
Daar is ander mededingers vir die troon.
- Duiwel
- Self
Hoekom het die Here Jesus Christus alleen die reg om eerste in ons lewe te wees?
- Omdat Hy ons gemaak het.
Kyk na Colossians 1:15-16
15 He is the exact living image [the essential manifestation] of the unseen God [the visible representation of the invisible], the firstborn [the preeminent one, the sovereign, and the originator] of all creation. 16 For by Him all things were created in heaven and on earth, [things] visible and invisible, whether thrones or dominions or rulers or authorities; all things were created and exist through Him [that is, by His activity] and for Him.
en let veral op dat ons nie net “deur Hom” geskape is nie, maar ook “vir Hom”
Hy het ons gemaak sodat Hy EERSTE in ons harte en lewens kan wees.
Hy het die reg omdat…
- Omdat Hy ons verlos het (los gekoop het).
Kyk na Colossians 1:13-14
13 For He has rescued us and has drawn us to Himself from the dominion of darkness, and has transferred us to the kingdom of His beloved Son, 14 in whom we have redemption [because of His sacrifice, resulting in] the forgiveness of our sins [and the cancellation of sins’ penalty].
Ons behoort volgens wetlike reg aan Hom, want Hy het ons gekoop met sy eie lewensbloed –
kyk na 1 Corinthians 6:20
20 You were bought with a price [you were actually purchased with the precious blood of Jesus and made His own]. So then, honor and glorify God with your body.
Deur Sy volmaakte offer op Golgota se kruis, en deur die magtige krag van Sy opstanding, het God ons “gered uit die heerskappy van die duisternis en ons in Sy koninkryk ingebring”.
SLOT:
Die Here Jesus is dalk TEENWOORDIG in ons lewe, maar nie No.1 in ons lewe nie
Sobering statement about the lordship of Jesus Christ: “Unless Jesus is Lord of all, He is not Lord at all.” 2 This is a challenge to all Christians to bring every area of our lives under the sovereign rule of Jesus Christ. In our lives there should be no rivalry for His throne.
In opsomming…
*Wanneer die Here Jesus wel die belangrikste plek in ‘n jou lewe inneem, is die volgende drie dinge waar (en sigbaar in jou lewe):
- Daar is egte en intieme liefde vir Jesus as
Ons het Hom meer lief as enige ander persoon of ding; meer as ons geliefdes meer as vir jouself en enige iets anders. (“show me where your focus is and i will tell you where your heart is”)
- Daar is volkome onderwerping aan Sy wil en volkome vertroue.
- Daar is algehele gehoorsaamheid aan Sy opdragte, Sy “Kingdom Way” omdat ons verhouding het met Hom ken ons Heilige Gees in alles wat ons doen en besluit?
Is Jesus jou Koning en Heer oor alles in jou?
Gebed:
Helige Gees wys ons waar ons nog beheer neem. Help ons om in alles Jesus as Heer en Koning te maak.
Amen