Wees heilig, want Ek is heilig
Jes 56:7 (jaartema skrif van Huis van gebed)
“Hulle sal Ek bring na my heilige berg, en Ek sal hulle vreugde laat smaak in My huis van gebed; hulle brandoffers en hulle slagoffers sal welgevallig wees op my altaar; want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word vir al die volke.”
Die gedeelte begin met:
Jes 56:1
“So sê die Here: bewaar die reg, en doen geregtigheid, want My heil is naby om te kom en My geregtigheid om geopenbaar te word. “
Mark 11:17
“En Hy het geleer en vir hulle gesê: Is daar nie geskrywe: My huis moet ‘n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit ‘n rowerspelonk gemaak.”
Ons onheilig dit wat heilig moet wees. Hier word van die tempel self gepraat, maar ons sien dat ons in die nuwe testament tempels van God genoem word.
Ons sien ook na die skrifverwysing in Joh 4:23-24 dat Jesus vir die vrou by die put sê dat die spesifieke plek waar sy gaan bid nie meer saak maak nie, maar dat sy in Gees en waarheid sal kom aanbid.
As hy vandag vir ons sê dat ons ‘n rowerspelonk gemaak het van die huis van gebed, kan ons na die gebou ook kyk, maar ons moet na ons eie harte en lewens kyk. Soveel dinge laat ons toe wat hierdie tempels besmet – en God roep ons op na Heilige tempels!
1 Pet 1:16
“Wees heilig, want Ek is heilig.”
Voorbeeld van ‘n bottel water wat mens wil bemark. Die botter self moet aan sekere spesifikasies voldoen om die water in te kan hou en die kwaliteit van die water nie te verander nie.
So is ons huise van gebed wat aan sekere spesifikasies moet voldoen, as ons die olie van Sy Gees en Sy lewende water wil dra. Anders gaan ons die olie en water uitlek, of die kwaliteit daarvan verander.
Om die jaar voor julle met ‘n jaartema van “huis van gebed” te kom staan is nie ons wat julle oproep tot ‘n sekere ritueel of dissiplene van bid om toe te pas nie.
Nee, dis ‘n liefdevolle Vader wat voor ons almal kom staan en ons kom roep na Hom toe. Hy kom roep ons tot ware aanbidders wat Hom nie net met ons koppe sal kom aanbid nie, maar wat Hom met ons hele wese sal kom aanbid.
Hy roep ons tot baie meer as Hy sê:
1 Thess 5:17 “Bid sonder ophou.”
Betekenis van gebed:
Moderne kultuur beteken gebed is om iets te vra / kommunikasie met God
In hebreeus beteken dit soveel meer: Tefillah / Palal /Pal / Shuwl / Pay / lamed
- Praat met outoriteit (mond, staf, hand) om na iemand met outoriteit toe te kom
- Soek vir raad / rigting / hulp
- Oordeel te ontvang /self oordeel / introspeksie
- Diens / werk / iets wat ek moet doen / suiwering
- Resultaat is eenheid om te bind / dieper verhouding / om te kleef
- Om iets uit te trek / te ontvang wat jy nie gehad of geweet het nie / ontvang wat Hy het
- Om neer te val / neerbuig / kom as mindere / oorgawe
“Kom tabernakel met MY”
Hoofrede vir die Tabernakel in die ou testament?
Eks 25:8
“Laat hulle vir my ‘n tabernakel bou sodat Ek tussen hulle kan wandel.”
Kom ons kyk na die elemente en orde van die tabernakel in Eks 25 om beter te verstaan wat dit vir my en jou inhou in die nuwe testament:
Hebr 9 verwys Paulus terug na die tabernakel en al die elemente
Hebr 9:11 “groter volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie” – soos in die hemel so op aarde. Selfde patroon.
Ou testament – fisiese gebou – nou selfde geestelike elemente en patroon in die Gees vandag vir ons.
- Ark, versoendeksel met gerubs (alles binne) – Eks 25:22 “en Ek sal daar vir jou alles sê” (God)
- Tafel van die toonbrode – Joh 6:35 “Ek is die brood van die lewe”
- Goue kandelaar (menorah)met 7 lampe met suiwer olie – Openb 4:5 “vuurfakkels wat die 7 Geeste voor die troon van God is” (Heilige Gees)
- Koperaltaar vir die offers (daaglikse brandoffers) (vandag – Jesus is die offer wat toegang gee vir elke dag)
(sommige doen die offers as werke) – bloed van Jesus is die deur!!!!! - Koperwaskom (daaglikse reiniging)
- Heilige klere… (wees Heilig – heiligmaking van priesters en die hoë priester vir 1x ‘n jaar as hy moet ingaan vir versoening vir die volk)
- Reukaltaar (Ek en jy) ons aanbidding voor die ark (Openb praat van bakke wierrook voor troon van gebede)
Reukaltaar – ek en jy!
Eks 30:8-9 “en as Aaron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ‘n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die Here in julle geslagte”
“Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie.”
Tabernakel skeiding met voorhangsel:
Voorhangsel skei die ark en toonbrode van die kandelaar en reukaltaar wat die mens moet aansteek
Na die voorhangsel geskeur het nou in nuwe verbond is Vader, Seun, Heilige Gees en die mens saam in die Allerheiligste! Niks hoef ons te skei van die Vader nie!!!!
God het vir Moses gesê die lamp en reukaltaar moet aangesteek word met suiwer olies en speserye voordat die rook van sy teenwoordigheid verskyn,
Vandag verwag ons die glorie van Sy teenwoordigheid / wonderwerke / Sy krag /salwing in die kerk en in ons, maar is ons bereid om eers ons plekke in te neem by Hom nie.
Om alles wat gebed beteken te doen sodat die suiwer olie in ons kan vloei en ons ‘n kosbare geur afgee wat die salwing en teenwoordigheid van God in ons lewens vergroot en op die aarde inbring!
- Dit begin by Tabernakel met Hom!!!!
- Dit begin by ware bid sonder ophou!!!!
- Dit begin by wandel met HOM!!!!
Die voorhangsel het geskeur. Ek en jy staan as die reuk altaar voor God – wow!
Openb praat van die wierrook bakke voor God se troon van gebede!
Ef 2:6
“Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur Sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.”
In verlede tyd geskryf en nie eers in toekomende tyd nie.
Ons plek is voor God in die troonkamer.
Sonder die reuk is daar nie glorie nie. (God se tasbare teenwoordigheid en krag wat met dit saamgaan)
sonder reuk is daar nie olie nie. (Gees in ons)
Daar was ‘n orde. Suiwer van self en klere – offer – Olielamp – reuk – rook en God se stem
Menorah – sewe geeste voor die troon van God – uit HOM kom die giftings deur ons BID
Kom ons kyk weer wat beteken dit om te bid – dit moet gebeur voor ons die Glorie van God in Sy volheid kan dra en indra:
- Outoriteit
- Raad
- Introspeksie
- Suiwering
- Eenheid
- Ontvang
- Oorgawe
Enoch / Henog / Enog
Gen 5:24
“Enoch walked with God”
I am calling my Enoch’s to arise!!!!
Dit klink vir my soos “Kom Tabernakel met My” – Kom wandel met my / kom neem jou plek in by My
Henog het in tye wat mense afvallig gelewe het gekies om heilid (afgesonder) vir God te lewe – saam God te wandel.
Toe vloed kom is hy weggeruk hemel toe. Hy het die dood vrygespring.
Profeties vir nou: Ons lewe in Enoch tye waar ons seker moet maak ons wandel met God om die dood vry te spring.
Wandel met My dat ek jou kan spaar van die ewige dood!
Is jy bereid om ‘n Enoch te wees en die Allerheiligste plek in te neem in die troonkamer van God?
Hemel aarde toe bring…..outoriteit agv my plek wat ek inneem by HOM!
2 Kor 7:1
“Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons van alle besoedeling van die vlees en gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.”