Van glorie na glorie
Tydens ons openingsdiens op Sondag 16 Januarie was die uitroep: “Kom uit” en vertrou opnuut weer.
- Om soos Lasarus te reageer op die roepstem van die Here Jesus vir jou.
- En om die grafdoeke af te haal (as ek verby daardie bord loop, word ek elke keer daaraan herinner).
- Elke doek verteenwoordig die keuse van ‘n kosbare siel.
- Mense het gereageer. Jy het gereageer.
Hoe was jou jaar sover?
- Ek staan aan die einde van die jaar, kyk terug na daardie keuse en vra: Hoe het dinge uitgedraai?
Friedel, die jaar was te moeilike en ek het opgegee. Ek hoop nie daar is sulkes nie (hulle is dan nie vanoggend hier om die vraag te antwoord nie).
- Die jaar was moeilik, maar ek is dus nog op koers.
Van glorie na glorie – vir jou wat sê: ek is nog oppad na êrens.
Ons skrifgedeelte:
(lees die hele 2 Kor 3 om die konteks beter te verstaan)
2 Kor 3:18 (Afr53) – En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
- (NKJV) – ‘But we all, with unveiled face, beholding as in a mirror the glory of the Lord, are being transformed into the same image from glory to glory, just as by the Spirit of the Lord.’
- (NLV) – ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al hoe meer verander om soos die Here te lyk, met ’n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.’
Die skrifgedeelte praat van 3 dinge:
- ‘n Sluier wat van ons gesig weggeneem is.
- ‘n Veranderingsproses
- Glorie na glorie / heerlikheid wat toeneem deur Heilige Gees
- Sluier… kortliks: Tempel en God se teenwoordigheid agter ‘n voorhangsel. In 2 Kor 3 lees ons van Moses se skynende gesig agter ‘n sluier. Alles dinge wat verwys na ‘n ou verbond en Paulus wat skryf dat die glorie van die nuwe verbond beter is en dat die sluiers weggeneem is. Die Gees van God is nou in ons en ons hoef nie meer ‘n gebou te besoek waar God se glorie agter ‘n sluier is nie. Dit is ‘n beter glorie as die vorige.
- Verandering: Griekse woord – ‘metamorpho’ (sien skoenlapper metamorfose foto)
- ‘n Gedaanteverwisseling of transformasie à die verandering van een ding wat ‘n ander ding word.
- Die wonder: Die Here vind ons in ‘n sekere toestand en verander ons na iemand anders.
- Hoe? Deur die Heilige Gees (vers 3 en vers 18).
My en jou se verandering is ‘n MOET.
- Ons redding het ons lewendig gemaak, en vatbaar vir Heilige Gees se verandering.
- Efe 2:5 ons was dood deur ons misdade, ons is saam met Christus lewend gemaak. Gered uit genade.
- Redding begin die metamorfose proses.
- Lewenslange proses. Nie net in die eerste 6 / 12 maande na ons wedergeboorte nie.
- Word jy nogsteeds verander? Laat jy toe, of veg jy teen dit?
Is die veranderinge vorentoe bewegend of agteruit?
- Word die wurm ‘n skoenlapper of die skoenlapper ‘n wurm?
- Of albei?
- (sien die siklus prentjie)
- Die skoenlapper lê weer ‘n eier en daar is weer ‘n wurm en weer ‘n larwe en dan ‘n skoenlapper.
Paulus gebruik die woord Metamorpho: ons word van gedaante verander…
Hoe wil jy hê moet God jou verander?
- Ons is mos geneig om soms die Here te wil voorskryf. Want volgens ons (soms) weet Hy nie wat Hy doen nie.
- Hoe moet hierdie bonatuurlike verandering van glorie na glorie plaasvind?
- LAAT ALLES ALTYD NET GOED GAAN!!!
- Is dit hoe ons gaan verander van glorie na glorie?
- VAN SKOENLAPPER NA MOOIER SKOENLAPPER (is dit metamorfose?)
- Of tref die moeilike situasies van die lewe jou en dit voel of jy weer ‘n wurm is.
- “Life is good” à die skoenlapper vlieg te heerlik en eendag slaan die lewe jou voor die bors en jy weet nie waarheen nie en voel soos ‘n wurm en is terneergedruk en voel ‘n mislukking want jy beweeg agteruit.
- Maar die wurm is nie agteruit beweeg nie, dis vorentoe.
- Die lewe slaan jou en jy gryp na Here Jesus en jy bly geanker en dis nie lank nie en ‘n skoenlapper kom weer voort uit die wurm.
DIE PROBLEEM: Die wurm kan nie ‘n wurm bly nie. (Dit is nie glorie na glorie nie – as jy te lank wurm bly)
Van glorie na glorie
2 Cor 3:18 (TPT) – We can all draw close to Him with the veil removed from our faces. And with no veil we all become like mirrors who brightly reflect the glory of the Lord Jesus. We are being transfigured into his very image as we move from one brighter level of glory to another. And this glorious transfiguration comes from the Lord, who is the Spirit.
Moenie Heilige Gees teëstaan nie. Werk saam met Hom. Dit is Hy wat my en jou verander.
- Van gemors na glorie met ons wedergeboorte, maar daarna van glorie na glorie.
- Is daar glorie daarin om weer soos ‘n wurm te voel?
- JA, as Heilige Gees jou anker is en jy bly steun om Hom, bly vertrou op Hom, bly Hom aanroep, Sy woorde bly toelaat om jou te vertroos.
- So word die wurm weer ‘n skoenlapper (daar is glorie in die proses)
- (Die mens) Elke keer wanneer die skoenlapper uitklim uit daardie papie is dit ‘n mooier skoenlapper.
- Ons wil hê die skoenalppertjie moet net “evolve” in ‘n mooier een nê, maar die proses ly anders.
- Van glorie na glorie… (jy dink dis van gemors na glorie, daar is glorie in die gemors as jy Hom kies)
****(lig en spieël oefening)
We become like mirriors brightly reflecting the glory of the Lord…
Staan jy stil? Of is glorie na glorie aan die gang in jou?
- Dis soms moeilik om glorie na glorie in jouself raak te sien.
- Seën ‘n geliefde met: Ek kan sien jy is besig om te verander.
- Seën ‘n geliefde met die vraag: Wat gaan aan my skat? Hoekom het jy soveel onvrede die laaste ruk (en moedig jou geliefde aan in die rigting van vrede)?