Jou posisie – plek wat jy inneem / waar ek myself bevind
Wat is guns? (Favor)
Genade, seën en aanvaarding, maar ook: Deur iemand te bevoordeel, goedkeur, goedheid, beskerming, hulp gee, samewerking, hupstoot gee, ondersteuning, hou van iemand, optrede van vriendelikheid meer as wat verwag word en normaal is, wys of voel voorkeur bo ander.
As ons dink aan God se guns – kan net sommiges God se guns kry? NEE!!!!
Joh 1:16
“Uit Sy oorvloed het ons ALMAL genade op genade ontvang. God het die wet deur Moses gegee, die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.”
DIS BESKIKBAAR VIR ALMAL – nie net sekere mense is uitgekies vir guns nie.
Kom ons kyk na Rut se lewe – as ‘n voorbeeld hoe om ons te posisioneer vir God se guns
Naomi was skoonma – terug van Moab na Israel.
Rut 1:16-17
“Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat, om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.”
Stap 1 – Maak ‘n keuse! Alles begin by jou Aksie!
Moet God kies!
Deur geloof ontvang ons genade en word ons gered. Ons moet kinders van God word.
Ef 2:8 “Want uit genade (guns) is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God”
- Rut het haar keuse gemaak. Sy was vasberade in haar beluit.
Stap 2 – Verander rigting! Aksie!
- Keuse om God te kies – in daardie rigting begin stap. Los van Moab!!!!!!
- Sy gaan nie terug na haar ou gode en gewoontes nie. Sy KIES en VOLG Israel se God.
- Ek gaan waar Naomi met God is – al is dit in die vreemde. Nie teen God gedraai oor Naomi se God nie deurgekom het nie, nee, Hom reeds gekies vir haar God ook! OMDAT SY VOOR DIE DOOD IETS VAN GOD LEER KEN HET!
Stap 3 – Volg jou keuse – Aksies begin jou keuse wys!
- Rut stap in haar beluit om ‘n lewe in Israel te maak – sit nie stil in rebellie omdat sy nou in vreemde land is en wag dat God iets moet doen nie.
- SY NEEM AKSIE in haar besluit!
- Sy gaan uit en tel oorblywende koringare (saad op) sy is getrou in die bietjie wat God voor haar sit. (ipv om uit skaamte eerder terug te keer na Moab waar haar familie kan sorg)
- Wat is in jou hand, stap jy uit in geloof of voed die potte van Moab jou nog? Vertrou jy God in die goddelike pad vir Sy voorsiening, of gaan jy kort kort terug in jou eie weë van die vleeslike pad waar verkeerde keuse is – maar dis meer of beter!
Stap 4 – proklameer en spreek in geloof! – deel van Aksies uit die keuse!
- Sy het die guns waarvoor sy vertrou gespreek en dit uitgeleef. Sy het gespreek dat sy glo dat sy guns op die lande sal ontvang – en dit was ook so!!!!
#Boas vra wie Rut is. Hy bewys guns aan haar….
Vers 11 sê Boas vir Rut: “wees dan nou nie bang nie my dogter, alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy ‘n deugsame vrou is.” (aksies van geloof wys dit!)
Wat is die kans dat Boas na arm Rut op sy lande sou kyk??
Wat was die rede wat Boas se aangesig na Rut toe gedraai het?
#Ek is vas oortuig dat die antwoord vir my vraag in 2 Kron 16:9 is.
2 Kron 16:9
“want die Here – Sy oë deurgrond die aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is” – diegene wat God kies en dan posisie inneem en se aksies getuig van die rigting waarin hulle stap!!!!!
*Storie van my en Friedel oor guns dat hy my gekies het. – ek weet dat ek weet dat God se guns my man se aangesig na my kant toe gedraai het, omdat God se aangesig na my gedraai was!!!!
Rut het die ou lewe heeltemal gelos en die nuwe lewe aangepak. NUWE PAD saam met God.
Nuwe verbond sê dat ons die ou pad van die vlees moet los en die nuwe pad van die Gees moet begin wandel.
- Wat Rut besluit het, en die rigting waarin sy begin stap het – het haar geposisioneer vir GUNS
Spreuke 3:1 – 4 “My Seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, want dit sal vir jou ‘n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy ‘n vol lewe het. Moenie dat liefde (vrug asook die verbond- keuse) en trou (gehoorsaamheid – AKSIE) by jou ontbreek nie, leef daarmee saam, maak dit deel van jou lewe. So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens.
Presentation voorstelling:
Middel is God se GUNS – in pienk – liefde
Buite die sirkel – geen keuse / godsdienstigheid / leef in eie weë / sonde maak skeiding / geen intimiteit
Sirkels om Hom – areas waar ons onsself bevind / mate van gehoorsaamheid en aksie wat ons neem om nader te beweeg. Akies is nie werk – aksies van oorgee en afhanklikheid.
SLEUTEL – Intimiteit – Ek moet ‘n liefdestaal aanleer om Hom te aanbid. Prakties moes ek leer hoe om te aanbid. Gebede in grootword “Dankie” “asseblief” – gaan alles oor my!!!!!!!!!!!
*Liedjie wat sê There is a King, seated among us, let every heart receive Him now….of ek Hom erken vir wie Hy is of nie. HY IS!
Sy posisie is ingeneem – deur die eeue heen sal HY wees – die een op die troon. My posisie moet verander, nie Syne nie!
My posisie bepaal my visie…..dit bepaal hoe ek God sien en wat ek van HOM ervaar.
- Is ek nog die bywoner buite die sirkel wat voel soos die kneg wat werk werkwerk maar geen guns ontvang nie,
- of is ek die kind in my Vader se huis wat Sy goedheid en guns kan sien en ervaar?
Jy sien, in hierdie lewe is daar duisternis en struikelblokke! As ons ver van intimiteit is, voel elke struikelblok soos ‘n lewe sonder guns/God.
Jes 60:1-2 sê vir ons: “Staan op, word verlig, want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor JOU sal die Here opgaan, en Sy heerlikheid sal oor jou gesien word.”
Prentjie wat ek sien:
Juffrou kry haar klassie vir die jaar. Pietie kies om elke dag buite te sit. Is hy wel ingedeel in die klas? Kan hy omdat hy nie ingaan nie, sê hy het nie ‘n klas nie. Einde van die jaar…slaag hy nie, en ken nie sy juffrou wat vir hom mooi briefie moet skryf nie. Kan hy nou jaloers wees op ander se punte? Juffrou se aandag???
Wat moet daardie kind doen om boeke, punte en selfs die juffrou se aandag te kry?
- Hy moet inkom(‘n kind van die juffrou)
- Leer wat sy wil hê en dit doen! (juffrou leer ken) – sal dan sien dis nie sy wat onregverdig is nie, sit was hy wat nie in ‘n posiesie was van haar goedheid nie!!!!!
- Ons as kinders van God moet God se taal en beginsels, maniere en karakter ook leer ken.
God vergewe en stuur Sy goedheid oor ons!!!
Psalm 30:5 “Waarlik sy toorn duur net ‘n oomblik maar Sy goedheid lewenslank. Gistraand was daar nog trane en vanmore lag ek alweer.”
*Seester se posisie moet in die see wees om te lewe en te floreer – oomblik wat hy vir te lank buite die water van lewe is, sal hy uitdroog en verdor.
#Net so met my en jou. Te lank weg van die glorie van Sy teenwoordigheid bring ons op ‘n plek van donkerte en droogte!
Waar is jy kosbare ster van God? Is jy in die waters van God se guns en genade, besig om Sy goedheid te ervaar?
Of is jy ‘n uitgedroogde seester op iemand se boekrak? Mooi om na te kyk, op die oog af doen jy die regte dinge om goed en godsdienstig te wees – MAAR BINNE IS JY KURKDROOG
Is jy dalk ‘n verlate seester iewers uitgedroog op ‘n rots? As jy na God nader, sal HY na jou nader! Hy sal ‘n golf van Sy teenwoordigheid stuur om jou terug in die water te sit. Dis jou keuse om te vra,
Vir sommiges is dit:
- Tyd vir terugkeer na die waters – keuse
- Ander het dalk koud geraak van omstandighede en die olie is min – keuse
- Of ander is dit om te kies vir meer – daar is altyd meer!!
Psalm 23:6 “Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae.” Passion “For Your goodness and mercy pursue me all the days of my life. Then afterward when my life is through, I’ll return to Your glorious presence to be forever with You.”
*Kom ons kry ons fokus reg en soek HOM met alles!
Lukas 12 vra Jesus wie is die getroue bestuurder wat die meester sal aanstel oor al sy diensknegte om hulle te voed? Die een wat reeds besig is om dit te doen wanneer hy onverwags kom…. Maar die een wat nie besig is om dit te doen nie, en die diesknegte slaan en hom self voed, sal nie aangestel word nie, en die prys mis!
Ek lees dit en dink, wat help dit ek verwag iets as Jesus kom maar doen heeltemal die teenoorgestelde in my daaglikse lewe as Hy nie hier by my is nie.
God is onsienlik en Gees, en eendag gaan ons in die onsienlike en geestelike saam met Hom wandel.
Moet ons Sy teenwoordigheid en Sy GEES nie reeds nou al leerken en in dit wandel, dat as Hy kom vind Hy ons reeds besig daarmee nie?
Die gedeelte begin met vers 35 wat sê “Laat julle heupe omgord wees en julle lampe aan die brand.”