Preek / boodskap oor: “Ontferminge” is ‘n Groot Woord

Rom 12:1-2 (CJB) I exhort you, therefore, brothers, in view of God’s mercies, to offer yourselves as a sacrifice, living and set apart for God. This will please him; it is the logical “Temple worship” for you. 2 In other words, do not let yourselves be conformed to the standards of the ‘olam hazeh (the world). Instead, keep letting yourselves be transformed by the renewing of your minds; so that you will know what God wants and will agree that what he wants is good, satisfying and able to succeed.

Rom 12:1 (TPT) … what should be our proper response to God’s marvelous mercies?

Rom 12:1 (NLV) – … as julle dink aan alles wat God in Sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het…

Rom 12:1 (CJB) – … in view of God’s mercies

Paulus begin hierdie gedeelte van die boek Romeine: “nou dat ons na God se barmhartigheid gekyk het en julle dit beter verstaan, wat is die implikasie daarvan”

  • Dis duidelik dat daar iets genoem is voor hierdie sin wat kollig plaas op die Here se barmhartigheid / marvelous mercy (soos TPT dit stel).

Mercy / barmhartigheid se betekenis

  • Die Here se vergifnis, empatie, goedhartigheid wat aan ons bewys word terwyl Hy eintlik die volste reg het (en die mag het) om ons te straf.
  • Hy het die volste reg, en Hy kan (want hy het die mag), maar Hy doen nie.
  • Mercy / barmhartigheid is die Here se geduld in aksie.
  • Ons wat nie aan die ontvang kant is van dit wat ons verdien nie.
  • Ons verdien straf, maar ontvang dit nie.

Moes jy al ooit voor ‘n regter verskyn? (hoe voel dit?)Op grond van wat moet ek voor die Regter verskyn?

  • Op grond van my hele lewe.
  • Die uitkoms is nie ‘n boete nie. Die uitkoms is nie 18 maande tronkstraf en daarna is jy weer vry nie.
  • Die uitkoms is die ewige lewe of die ewige dood.
  • Elke liewe oomblik van my bestaan word evalueer om die uitkoms te bepaal.
  • EN DAN –> As jy vrygespreek word, nie op grond van dit wat jy gedoen het nie, maar op grond van dit wat iemand anders vir jou gedoen het…
    • … Dit is Ontferming … Mercy

Romeine is ‘n brief aan heidene wat gelowig geword het (ek en jy).

  • Romeine 11 – As wilde vyeboom, is ons in geënt saam met die natuurlike vyeboom.
  • Daardeur ontvang ons kindskap en saam met dit die beloftes van ‘n kind toekom.
  • In Romeine 4 + 5 deel Paulus van die wonderlike geskenk van genade en verlossing…
  • Romeine 5:17 – For if, because of the offence of one man, death ruled through that one man; how much more will those receiving the overflowing grace, the gift of being considered righteous, rule in life through that One Man Yeshua the Messiah.

Vriende, wat kan ek vanoggend vir jou sê sodat die gewigtigheid van die woord “ontferming / mercy” jou binneste laat skud in die besef wat ons ontvang van Abba as ons in Christus is??

  • Ek vertrou dat Heilige Gees besig is met jou gedagtes en jou hart.
  • Dat die wat in Christus is, nie ontvang (en gaan ontvang) wat hulle verdien nie.
  • Ek moet, Jy moet IN Christus wees om dit te ontvang.

Maar ons is goeie mense. Ek verdien dit. Jy verdien dit. NEE –> Ons verdien dit nie.

  • Wanneer ons hele lewe evalueer gaan word, verdien ons nie ontferming nie.
  • Maar vir die wat in Christus Jesus is, ontvang ons dit (genade en vryspraak).

Voor Romeine 12:1 probeer Paulus die kollig plaas op hierdie groot MERCY… En nou dat dit bietjie insink:

TPT asks: What should be our response to God’s marvelous mercies?

Should our response be: God is merciful, so I can just go with the flow. God is ok with that?

Rom 12:1 (NLV) – “… as julle dink aan alles wat God in Sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het…

… Gee julleself aan Hom as ‘n lewende en heilige offer.”

  • Offer yourselves up – CJB
  • Present your bodies as a living sacrifice – NKJV
  1. As ‘n lewende offer
  • Nou dat jy besef hoe GROOT hierdie ontferming is, gee jou liggaam as ‘n lewende
  • My hele liggaam op geoffer vir HOM.
  • My hele liggaam – SY offer.
  • Lewendig, SYNE
    • My liggaam bring SY liefde en omgee in situasies in.
    • Ek is die draer van SY glorie.
    • Soos ek in my voertuig klim en ry en dit my neem na plekke waar ek invloed kan hê.
    • Is dit Heilige Gees in my en my liggaam neem Hom na plekke waar ONS (ek en Hy) ewigheids impak kan hê.
  • Ons praat van Geloof, Hoop en Liefde in hierdie tye.
  • Is jou liggaam ‘n lewende offer? Nie net nou nie, maar die res van jou lewe.
  1. As ‘n heilige offer
  • Nou dat ek besef hoe GROOT hierdie ontferming is, gee ek my liggaam as ‘n heilige
  • Ontferming / genade is nie veronderstel om mense aan die slaap te sus met hul eie duister geheimenisse nie (everything is OK because God is merciful).
  • Dis juis “ontferming / mercy” wat my help om heiligheid na te streef want die prys wat my vryspraak bewerkstellig het is net te groot.
  • Romeine 12:2 – Word nie gelykvormig aan hierdie wêreld nie, maar word verander…

Ons harte en die kondisie daarvan is ‘n groot onderwerp in die Bybel.

  • Paulus lig hier vir my uit: As God werklik my hart het, sal Hy my hele liggaam ook hê.
  • Of anders gestel: Ek het die Here my God lief met my hele hart, my hele siel, my hele verstand en al my krag.
  • En die motivering wat my aanhelp in die rigting is Sy GROOT ontferming (mercy).

Ontferming het ek geleer in goeie tye, asook moeilike tye.

  • Trane van blydskap en dankbaarheid op 18 Maart 2001 – toe die Here my siel red.
    • GROOT was Sy ontferming oor my.
  • 27 Julie 2005 toe ons vir kleine Kyla verloor
    • Die maande en jare wat daarna gevolg het trek Heilige Gees ons dieper in openbaring in van:
    • 1 Johannes 1:5 – God is lig en in Hom is daar GEEN duisternis nie.

God se Ontferming ontdek onder mooi en bitter slegte omstandighede.

Omdat ons ontdek het hoe groot Sy ontferming is, kan ons nie anders vandag as om aan te hou om ons liggame te gee as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer nie.

  • Dit is ons logiese, binne tempel aanbidding.

Met hierdie fondasie, gaan Paulus aan in Romeine 12, 13, 14 en 15 om vir ons aan te moedig hoe die Christelike lewe moet lyk.

  • Geloof, Hoop en Liefde in die tyd LCF. Maar ook altyd. Ons gaan nie ophou nie.

Luk 6:35 (NKJV) – But love your enemies, do good, and lend; hoping for nothing in return; and your reward will be great, and you will be sons of the Most High. For He (The Most High) is kind to the unthankful and the evil.

  • The Most High is kind to me.
  • His kindness moves me to action.

Afsluiting:

Wil jy jouself (liggaam) weggee vanoggend?

Here, ek gee my liggaam vir U. Ek besef opnuut vanoggend watter groot ontferming U oor my lewe uitgestort het. Dankie, dankie, dankie daarvoor (gee mense tyd om dankie te sê op hul eie). Ek gee ook my liggaam vir U as ‘n lewendige offer. Om nie gelykvormig aan hierdie wêreld te leef nie, maar heilig in U teenwoordigheid te leef, afgesonder vir U doel met my liggaam, siel en gees.