“So sê die Here die Almagtige: Nog een keer, binnekort, sal Ek hemel en aarde, see en land laat bewe. Dan sal Ek al die nasies laat wakker skrik en hulle sal met hulle skatte kom en so sal Ek hierdie huis met rykdom vul, sê die Here die Almagtige. Aan My behoort al die silwer, aan My al die goud, sê die Here die Almagtige. Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.”
HAGGAI 2:6-9 AFR83
“Destyds het sy stem die aarde laat wankel, maar nou het Hy aangekondig: “Nog een maal sal Ek nie alleen die aarde laat bewe nie, maar ook die hemel.” Die woorde “nog een maal” laat duidelik blyk dat die geskape dinge, wat reeds aan die wankel is, finaal weggeneem sal word, sodat die onwankelbare dinge kan bly. Laat ons wat ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil, want ons God is ‘n verterende vuur.”
HEBREËRS 12:26-29 AFR83
- Wat kom uit as die wêreld geskud word?
- Pinkster dae (Lede in Christus) – goed geskud – goed val uit
- Aardbewing vergroot die krake
- Krake word soms slote en later rivierlope
- Groot droogtes word gebreek deur ‘n vloed – Grootskaalse gebeurtenis.
- Nuwe geleenthede ontstaan wat voorheen verborge was.
- Hoekom verwys na Uzziah?
“In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op ‘n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ‘n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” Een van die serafs het toe ‘n gloeiende kool met ‘n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.” Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.””
JESAJA 6:1-9 AFR83
- Koning Ussia een van 5 goeie konings wat God gedien het uit 40 konings uit.
- Hy regeer vir 52 jaar – gedeeltes saam met sy Pa en sy seun.
- Amper soos Koningin Elizabeth (Fotos saam met Jan Smuts).
- Dus kom ‘n Era tot ‘n einde toe hy sterf
- Era / seisoen verander
- want God openbaar Homself opnuut en nuut in die krake van tyd en verandering
- Skud seisoene is altyd n plek van nuwe rigting – maar word vooruit gegaan
deur “Repentance” & geestelike oplewing.
“want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. Kyk net wat die ervaring van droefheid volgens die wil van God aan julle gedoen het. Nou is daar by julle erns; meer nog, daar is verantwoording, verontwaardiging, ontsag, verlange, ywer en bestraffing van die kwaad. In elke opsig het julle bewys dat julle in hierdie saak onskuldig is.”
2 KORINTIËRS 7:10-11 AFR83.
“For godly sorrow produces repentance leading to salvation, not to be regretted; but the sorrow of the world produces death. For observe this very thing, that you sorrowed in a godly manner: What diligence it produced in you, what clearing of yourselves, what indignation, what fear, what vehement desire, what zeal, what vindication! In all things you proved yourselves to be clear in this matter.”
2 CORINTHIANS 7:10-11 NKJV.
“God designed us to feel remorse over sin in order to produce repentance that leads to victory. This leaves us with no regrets. But the sorrow of the world works death. Can’t you see the good fruit that has come, as God intended, because of your remorse over sin? Now you are eager to do what is right! Look at the indignation you experienced over what happened and how alarmed you became. What holy longing it awakened, what passion for God, and how ready you were to bring justice to the offender. Your response has proved that you are free of blame in this matter.”
- CORINTHIANS 7:10-11 TPT
- God se Pioniers word altyd by die kruispaaie van geskiedenis posisioneer
(Lance Lambert)
- Abraham – Vader van volkere
- Josef – Maak ‘n nuwe huis vir sy familie en voorsien vir wêreld tydens droogte
- Moses – Lei ‘n volk deur ‘n woestyn na ‘n beloofde land
- Dawid – Bou ‘n koningkryk en vestig ‘n nalatenskap vir sy volk
- Esther – Red haar volk van uitwissing
- Paulus – Lê fondasie van nuwe testament wanneer Jerusalem vernietig word
- Jesus – Gal 4:4 “But when the fullness of time had come ….” NKJV
- Skud seisoene dwing ons om te onderskei wat is God se plan in ons lewens, generasie en ons tyd.
(Shifting Nations through Houses of Prayer – Rick Ridings quoting Canon White)
“En volgens die besluit van God het Dawid tog gesterwe nadat hy die mense van sy tyd gedien het. Hy is by sy voorvaders begrawe, en sy liggaam het vergaan.”
HANDELINGE 13:36 AFR83.
“For David, after he had served his own generation by the will of God, fell asleep …
ACTS 13:36 NKJV
- Introspeksie
- Hernude Soeke na God
- Belyning van ons leefstyl, gewoontes en lewens uitkyk
- Ons vra weer wat is regtig belangrik
- Ons ontdek weer God se hart