2 Kron 7:14 (Afr53) en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.
- Ons het laas week gekyk na die derde NOG EEN stap in ons tema skrif: As My volk … Sou bid.
- Ek het genoem dat die Here ons uitnooi om te vra wat ons nodig het, maar dat ons die fout maak om meeste van ons gebedslewe net te bid oor ons behoeftes.
- Hierdie is ‘n soeke na Sy hand
- Dat ons ‘n nuwe liefdestaal moet ontwikkel wanneer ons bid en dit is om Hom te aanbid met ons woorde, lief te hê met ons woorde, te prys met ons woorde.
- Dat die groei hierin, die vuur mag terugbring in ons gebedslewe want die ervaring van Sy teenwoordigheid sal twyfel beveg.
Die 4e NOG EEN stap na die genesing van ons landerye: As My volk… My aangesig sou soek
- Skrif sê NIE: My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My hand soek
- Die Here nooi Sy kinders uit om Sy aangesig te soek
Hebreeuse betekenis: soek en aangesig
Om te soek: baqash – seek to find, search out by any method – jy soek na iets met die doel om dit waarna jy soek te vind.
Aangesig (Face): panim / paneh – presence, before, under the eye – om in die teenwoordigheid van iemand te wees, om voor iemand te staan, om onder iemand se oog te wees, ‘n naby persoonlike ontmoeting.
- By implikasie: aangesig tot aangesig kom
- Om Sy aangesig te soek is om dieper verhouding met Hom te soek, Sy teenwoordigheid te soek.
Alomteenwoordige God – ek hoef nie sy teenwoordigheid te soek nie?
Een van die eienskappe wat ons brein laat breek as ons dit probeer uitdink: Die Here is alomteenwoordig.
Psa 139:7 – Waarheen sou ek vlug om van U teenwoordigheid te ontkom? (die antwoord: oral waar ek sou gaan, U is ook daar).
- Of ek dit beleef of nie – Die Here is waar ek is, want Hy is alomteenwoordig. Daar is geen plek waar ek kan wees waar Hy nie ook is nie. Ons moet kan onderskei tussen –>
- Sy alomteenwoordigheid vs. sigbare teenwoordigheid (ek weet die Here is hier want Hy is orals, vs ek is bewus Hy is naby)
Sigbare teenwoordigheid
- Op die berg Sinai, Salomo se tempel – die wolk / rook vul die tempel, bovertrek – die vuur tonge en geluid van ‘n wind in die vertrek.
- Maar ook as ek in gebed is of as ek hier in die ouditorium aanbid met sang – die fisiese ervaring van vreugde, vrede, hoop, liefde, soms ook gewigtige of swaar gevoel, ‘n gevoel dat my gees vol is of dat ek net wil kniel want ek is bewus dat Hy naby is.
- Hy is alomteenwoordig, maar by tye BELEEF ek Hy is HIER by my –> baie kosbare tye.
NOG EEN van die 4 aksies van 2 Kron 7:14 sê die Here: My volk, soek My aangesig.
- Soek My nabyheid, soek My teenwoordigheid, soek aangesig tot aangesig.
- Soek is ‘n werkwoord: vereis aksie van my kant af om iets te soek.
- Skep tyd vir die dinge wat sou maak dat Sy teenwoordigheid manifesteer.
- Ek maak tyd vir stil word, want ek soek Sy teenwoordigheid / nabyheid.
- Ek gryp die geleenthede aan om lig te wees in die donker wêreld, want in die oomblikke gaan ek Hom as naby beleef. Ek begeer Sy nabyheid.
- WANT SY VOLK / SY BRUID: IS SY TEMPEL, WOONPLEK
- Waar? In Israel, of die LCF ouditorium? (ons sê mos –> welkom in die huis van die Here).
- Sy nabyheid / teenwoordigheid / aangesig is nie buite bereik nie, maar naby.
- Skep tyd vir die dinge wat sou maak dat Sy teenwoordigheid manifesteer.
Soek en vind
Mat 7:7 (NLV) – Hou aan met vra en God sal vir julle gee. Hou aan met soek en julle sal kry. Hou aan met klop en God sal die deur vir julle oopmaak.
Dit is duidelik uit die skrif dat as ons sou soek, SAL ons vind – wat vir ons die wonderlike versekering gee dat hierdie Ewige God se begeerte is dat ons Hom sou vind.
- Hy is alomteenwoordig – orals waar ons kyk is Hy, maar tog die vreemde versoek: “Soek My aangesig”.
- Die beginsel van soek: Hy kruip effens weg, maar nie so dat ek Hom nie kan vind nie.
- “Ek Self en My geestelike skatte is so bietjie weggesteek. En die wat gaan soek daarna sal dit vind”.
MAAR dis nie al wie wegkruip nie.
Gen 3:8-9 (NKJV) – And they heard the sound of the LORD God walking in the garden in the cool of the day, and Adam and his wife hid themselves from the presence of the LORD (panim / presence / face / coming before) God among the trees of the garden.
And God called to Adam and said to Him, “Where are you?”.
- Man’s sin causes Him to hide from the “panim / presence / face” of the Lord because man is naked / sinful and he knows it.
- Kruip jy weg?
- Hy is opsoek na jou.
- Hy is alomteenwoordig, daar is nêrens wat ek of jy vir Hom kan wegkruip nie.
- NOG EEN aksie van 2 Kron 7:14 moedig ons aan: Soek My aangesig / My teenwoordigheid, moenie wegkruip daarvan nie.
- Waar is jy? Hy soek na jou.
Priesterlike seën
Ek sien die Hart van die Vader in hierdie bekende skrifgedeelte wat ons baie by LCF gebruik agv ons kultuur van seën:
Num 6:22 (Afr53) – En die Here het met Moses gespreek en gesê: ‘Spreek met Aaron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur te sê:
Die Here (YHVH) sal jou seën en jou behoed (beskerm),
Die Here (YHVH) sal Sy aangesig (dit wat Hy ons aanmoedig om te soek) oor jou laat skyn en jou genadig wees.
Die Here (YHVH) sal Sy aangesig oor jou verhef en aan jou Sy vrede gee.
So moet julle My Naam op die kinders van Israel lê en Ek sal hulle seën.
Baie prominent in hierdie seën gebed is die aangesig van YHVH wat na Sy kinders toe gedraai is.
Dat dit ‘n stralende gesig is wat skyn en dat juis ‘n groot deel van die seën is.
- Vader wil nie Sy aangesig weg draai nie, maar na my en jou toe.
- Hy nooi my en jou om ons aangesig na Hom toe te draai en ook Sy teenwoordigheid te soek
Ek het laas week vir jou gevra of jy sal inkoop in ons 30/30 gebedsinitiatief
- 30 minute se gebed, elke dag vir die volgende 30 dae.
- Sal jy jou tyd in gebed ook gebruik om Sy aangesig / Sy teenwoordigheid te soek.
Ek vertrou dat jou hart hoor vanoggend: Waar is jy? Moenie vlug van Sy aangesig nie.
NOG EEN
Die pad terug na die herstel van ons landerye is nie 101 stappe nie. 2 Kron 7:14 praat van 4
- Verootmoedig (‘n daaglikse instelling)
- Draai weg van ons verkeerde weë en draai terug na Hom –> Ek draai my aangesig na Hom toe –> soos Hy vir jou kom bewus maak waar dit nodig gaan wees die jaar)
- Bid –> ontwikkel ‘n nuwe liefdestaal van aanbidding saam met vra.
- en Sy aangesig te soek –> die einddoel van ons liefdestaal