Preek / boodskap oor: Nog Een (Deel 2)…en BID (gebed)

2 Kron 7:14 (Afr53) en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Ek het laas week die vraag gevra: Is jy Sy volk? Sy volk (bruid) het nodig om te verootmoedig en draai.

  • Hierdie vers praat self van EEN stap, wat saam met EEN ander aksie en NOG EEN ander aksie, sal lei tot die genesing van my en jou se landerye –> in die area van ons lewe wat dit nodig het.
  • Ons het begin deur te sê: STAP 1 is om ons te verootmoedig en terug te draai (bekeer) na Hom toe.
  • Om 2021 te begin en vol te hou vanuit n naby plek met God en nie vanaf ʼn afstand nie.

Vandag wil ek oor die volgende NOG EEN ander aksie gesels in 2 Kron 7:14:

Vanoggend se titel: Deel 2 van Nog een – As My volk (bruid) sou BID

Is ek en jy waarlik afhanklik van God in ons lewe of onafhanklik? Sê ons dalk ons is afhanklik, maar ons lewe getuig eintlik dat ons onafhanklik is?

–> verootmoedig en bid: getuig van myself laag maak, my aangesig in die laagste posisie bring teenoor Sy aangesig en dan Sy Naam aanroep.

  • Gebed getuig van afhanklikheid, dat ek nie alleen kan nie en Hom nodig het.

Jesus het alleen tyd vir gebed met Vader uitgesoek:

  • Vers: Mar 1:35 – En vroeg in die more, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan na ‘n eensame plek en daar gebid.
  • DINK VIR N OOMBLIK: As Jesus dit gedoen het, hoeveel te meer het ek en jy dit nodig?

Hoekom sal ‘n gelowige nie bid nie? / of nie opgewonde wees oor tye van gebed nie?

(hier praat ek nie van bid vir ons kos nie) – Sommige gelowiges dink hulle is Billy Graham omdat hulle elke dag bid vir hulle kos – diep gelowig.

Daar is baie moontlike redes, ek wil 3 noem vanoggend wat ek dink uitstaan:

  1. Te besig / ek het nie tyd nie
    1. (7 bekwame diakens word gekies vir dienswerk in die gemeente) WANT
      1. Hand 6:4 – Óns sal dan al ons tyd bestee aan gebed en die bediening van die woord.
    2. Hoe besiger Jesus se aardse bediening geraak het, hoe meer het hy tyd gemaak vir bid.
      1. Luk 5:15-16 – Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. 16Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid
    3. Na 5000 mense met ‘n paar broodjies en vissies gevoed is lees ons:
      1. Mat 14:23 – Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen
    4. Mag die penny drop: “Too busy NOT to pray” – Hoe besiger dit geraak het hoe meer lyk dit asof ons Here Jesus eenkant met Vader gekom het. –> innerlike versterking.
  2. Ek glo nie dit gaan ‘n verskil maak nie (gebed vervelig)
    1. Abraham het nie altyd geglo nie. Die jare wat verby gegaan het, het hom laat twyfel.
    2. Ook op 2 geleenthede jok hy oor sy vrou wat sy suster is (Gen 12 en Gen 20), teken van nie ‘n volle vertroue nie.
    3. Abraham gaan tot sover om sy vrou se voorstel te aanvaar dat sy seun dalk uit haar slavin Hagar sou kom.
    4. Het die Here hierna sy belofte terug getrek???
    5. Abraham (Gen 21:33 – die hfst van Isak se geboorte) – En hy het ‘n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die Here, die ewige God, aangeroep. (Everlasting God)
    6. Abraham het ontdek dat die Here ‘n God is wat verbond maak en vas staan agter Sy verbond
    7. Hy noem Hom –> Die Ewige God (een tree terug van ewigheid terug en vorentoe)
    8. Dit wat God gesê het, SAL Hy doen.
    9. (MAAR die oë van ons hart verloor fokus van wie Hy is / wie ons vra)
    10. En dan glo ek nie dit gaan ‘n verskil maak nie –> geen vurigheid in ons gebedslewe nie.
  3. Gebed bestaan net uit my eie begeertes
    1. Jak 4:3 praat van dat ons verkeerd kan bid – As julle bid, ontvang julle nie omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.
      1. Hoe kry ons die balans tussen Jak 4:2 (julle kry nie omdat julle nie bid nie) en Jak 4:3 wat weer sê ons bid net selfsugtige begeertes.
      2. Daar is niks fout met vra nie. Ons moet vra, Hy wil hê ons moet bid en vra.
    2. Jesus leer ons bid… Onse Vader begin en eindig by God en nie by ons nie (meer oor Hom).
      1. Laat U Naam geheilig word, laat U koninkryk kom, laat U wil geskied (aan U behoort die Koninkryk, die krag en heerlikheid, tot in ewigheid)
      2. Wat as ons gebed by God begin, en daarna oorskuif na ons eie behoeftes.
  • Wat bedoel jy Friedel? –> ons moet anders leer bid.
  1. Lérie noem dit so –> “daar is ‘n liefdestaal wat ontwikkel moet word“…
    1. Wanneer ons tyd spandeer in ons gebed om Hom te aanbid, te verklaar wie Hy is, ons liefde vir Hom te verklaar. Hom te prys. Hy is verhewe, ons is afhanklik.
    2. Iets verander in my hart. In my gees kom die manifestasie van Sy glorie.
  • Dit maak gebed spesiaal en lewendig vir my en Lérie as ons saambid.
  1. Ons moet hierdie beoefen, maar dit sal net kom as ons tyd eenkant sit om dit te beoefen –> meer daaroor bietjie later.

Hoekom gebede soms onbeantwoord bly

  1. God se wil – 1 Joh 5:14-15 – ons kan soms vra vir iets, maar in Sy alwetendheid is dit nie Sy wil nie.
  2. Sonde in ons hart – Jes 59:1-2 – ons ongeregtighede skei ons van God sodat Hy Sy aangesig vir ons verberg en ons nie hoor nie.
  3. Onvergifnis – Mar 11:25 – om self vergewe te word, moet ek vergewe. Anders vra ek verniet om vergifnis.
  4. Ongeloof / Twyfel – Jak 1:6-8 – Vra met geloof, sonder om te twyfel, anders is ons dubbelhartig en sal nie iets van God af ontvang nie.
  5. Ons motiewe is nie reg nie – Jak 4:3 – ons vra en ontvang nie agv selfsugtige motiewe.
  6. Huweliksverhouding wat nie reg is nie – 1 Pet 3:7 – Manne wat sonder respek met hulle vroue omgaan – dit verhinder hul gebede om beantwoord te word.
  7. Godsdienstigheid en gebed net om raakgesien te word – Mat 6:5 – die eer van mense is waar dit eindig. Geen ander beloning van God af nie.
  8. Geen volharding – ons gee te gou op – Luk 18:1 – Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.

Daar is nog redes, ek het hier maar 8 genoem. Slegs 1 van die redes het met die Here te doen (Hy wat nee sê, dis nie Sy wil nie). Die ander redes het met my te doen.

Ons het selfsugtige begeertes wat Die Here nie gee nie, dan blameer ons Hom. Ons verberg sonde in ons hart, ons bid met ongeloof, ons vernietig ons huweliksmaat met ons woorde en dade ons volhard nie in gebed nie en dan kry ons nie wat ons vra nie –>

  • Dan lees ons Jak 5:16 – die vurige gebed van die regverdige het groot krag en ons sê NEE. Dit is nie so nie want ek bid en niks gebeur nie.
  • Ons heg min waarde aan dit wat Hy sê maar verloor vertroue in Hom as Hy nie doen wat ons sê / vra nie.
  • Dan hou ons op bid. Of as iemand sê “kom ons bid”, dan is jou eerste hartsgedagte: NEE.

Samuel Chadwick – “It would seem as if the biggest thing in God’s universe is a man or woman who prays. There is only one thing more amazing, that is, that the person, knowing this, should not pray.”

  • Die Here het gebed vir ons gegee as ‘n kragtige wapen vir transformasie. Hoe dwaas is ons om dit nie te gebruik nie?
  • Kan gebed NOG EEN iets wees wat in 2021 ‘n herstel sien in ons lewe?

Iets wat ons vergeet: Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie.

Efe 6:12-13Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreld heersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

Daar is ‘n oorlog aan die gang vir ons siel.

  • Gebed is vir ons ‘n swaard (aanval) en ‘n skild (beskerming).

Is ons gebede vir ons behoeftes dit wat ons staande gaan laat bly in hierdie stryd?

  • Ek bid vir daardie bevordering by die werk.
  • Ek bid vir die verkoop van ons huis.
  • Ek bid vir wysheid vir die oopmaak van my nuwe besigheid.
  • Ek bid vir my finansies.
  • En dis al waaruit ons gebede bestaan. (dis nie verkeerd om hiervoor te bid nie).
  • Dis ‘n probleem as dit al is waaroor ons bid en dan is dit AMEN en daar hardloop ons.
  • Is dit dit wat vir ons die krag gaan gee om ons geestelike vyand te oorwin?

Daar is ‘n nuwe liefdestaal wat moet aangeleer word. Die een van:

  • Here, ek het U lief. Ek begeer U nabyheid vanoggend. U liefde vir my wat ek ervaar is kosbaarder as alle ander dinge. Dis donker rondom my, maar U is my lig Here Jesus. U voed en versterk my met U Woord en met U self. U self is die grootste skat. Ek verlang na U, ek verlang na U teenwoordigheid.

Uitgerekte tye van hierdie haal die verveeldheid uit gebed uit, want ek beleef Sy glorie!!!!

  • Gebedslewe minder oor my en meer oor Hom!!!!

Kan ons vir die volgende 30 dae saam op ‘n reistog gaan?