Preek / boodskap oor: Nog Een (Deel 1) – My volk

Ons tema vir 2021 is: NOG EEN (in Engels –> ONE MORE) –? NOG EEN wat?

My en jou se lewe bestaan uit n paar prioriteit fasette:

  • My verhouding met Vader, Seun en Heilige Gees
  • My huwelik
  • My verhouding met my kinders
  • My werk
  • My leierskap
  • Bediening wat die Here my mee vertrou
  • Ek self (liggaam, siel en gees)

In elkeen van hierdie areas van my lewe is daar dinge wat die area laat floreer en daar is dinge wat hierdie area laat sukkel.

Ek wil jou aanmoedig om die volgende baie belagrike oefening te doen gedurende jou stiltetyd die week:

  • Lys die prioriteit areas van jou lewe.
  • Neem elke prioriteit faset van jou lewe en trek n tabel op met 2 kolomme
    • Hoekom gaan dit goed? (hou aan om hierdie te doen, moenie dit afskeep nie)
    • Hoekom gaan dit sleg? (As ek EEN vir EEN aandag hieraan kan gee, gaan dinge verander vir die beter)

Hoe kom ek van hier na daar waar ek graag wil wees?:

  • Soms sien ons net een groot berg of een groot gemors en vordering lyk ‘n onmoontlike taak.
  • Deur EEN vir EEN aandag te gee aan die areas wat nodig is in die spesifieke faset van my lewe.
  • Wat kan ek vandag doen: My verhouding met God, my vrou, my fisiese gesondheid sal verbeter?

NOG EEN in ons tema vers van die jaar

Hierdie skrif deel met ons die rippel effek impak van een keuse, een aksie wat lei tot die volgende aksie wat lei tot herstel van verhouding en omstandighede.

2 Kron 7:14 (Afr53) en My volk, oor wie My Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en My aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

  • Die skrif bevat 4 NOG EEN aksies wat die Here voor Sy volk plaas wat sal lei tot die genesing van hulle land. AS MY VOLK:
    • Hulle verootmoedig en
    • draai van hulle verkeerde weë en
    • As hulle sou bid en
    • God aangesig sou begin soek.
    • (Sal dit lei tot die genesing van hulle land).

Vers 13 lê eintlik die fondasie vir die bekende vers 14:

  • “As EK die hemel gesluit hou dat daar geen reën is nie, of as EK die springkaan beveel om die land kaal te vreet, of as EK pes onder my volk stuur, …” omdat hulle weggedraai het van My af
  • Dit praat hier van moeilike omstandighede en die pad na herstel bevat nie 101 NOG EEN stappe nie, maar 4.

Die genesing van MY land en ONS land – is op Abba Vader se hart (en ons s’n ook)

My land (landerye) is: My verhouding met die Here, My huwelik en gesin, my werk, leierskap en bediening.

Ons land: Suid Afrika met Sy Ekonomie, geweld en politieke onstabiliteit.

2 Kron 7:14  – praat eerste van ONS land Suid Afrika – dis die konteks waarin ons dit lees

  • MAAR die gesamentlike “my lande” van ons almal wat moet genees en dit sal lei tot die genesing van ons land.

Ek kan myself verootmoedig en draai van my verkeerde weë en bid en Sy aangesig soek en die Here sal my lande kom genees, maar ons land het my en jou se gesamentlike aksies nodig.

Vanoggend wil ek gesels met jou oor my en jou se landerye (en nie ons land Suid Afrika nie).

My volk = My bruid

In 2 Kron 7:14 addresseer die Here Sy volk (My people):

  • Wie is dit? –> Gebore Israeliet, mans moet besny as teken van die verbond.
  • Wat sê die NT, wie is Sy volk? –> Die bruid, wat aan die hart besny moet wees.

Jesus Christus kom om Sy bruid te kom haal (nie net vir Israel of n spesikieke nasie nie). SY BRUID!!

Is 2 Kron 7:14 vandag net vir Israel? NEE (anders kan ons die OT weggooi). My volk = My bruid vandag.

  • As my bruid haar sou verootmoedig, draai van haar weë, sou bid en My aangesig soek, sal Ek hoor, haar vergewe en haar land genees.

Mat 25:11-12 –> Gelykenis van die 10 maagde

  • Al 10 het gewag vir die bruidegom om te kom, maar met sy aankoms was almal nie gereed nie.
  • Lees vers 10-12
  • Wil Jesus dalk vir Sy bruid sê dat nie almal wat vir Hom gewag het by die nuwe Jerusalem se hekke ingelaat gaan word nie?
    • Nog n tipiese Mat 7 skrif – Nie elkeen wat vir my sê Here, Here sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie.

 

VRAAG VIR MY EN JOU: Is ons Sy volk, Sy bruid, 5 maagde wat dit wel gemaak het?

  • Hoe kan ek weet? – Goeie vraag

Jesus en Nikodemus

Joh 3:1-3 ‘EN daar was ‘n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, ‘n owerste van die Jode. Hy het in die nag na Jesus gekom en vir Hom gesê: Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as God nie met hom is nie. Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. ‘

  • Dankie dat jy glo in My vermoë om wonderwerke te doen, maar dis nie wat nodig is nie. Jy moet weer gebore wees Nikodemus.
  • Nikodemus, jy tick al die geestelike tickboksies, jy is jou hele lewe n tempelganger en aanbidder, maar as jy nie weer gebore is nie…
  • Wedergeboorte is n verootmoediging en n draai gebeurtenis soos 2 Kron 7:14 van praat.

5 maagde het gedink hulle is reg, maar hulle was nie – 10 maagde – nie 5 sondaars en 5 maagde nie.

IS JY DIE BRUID? –> IS JY GEREED DAT DIE BRUIDEGOM KOM?

Ons kan nie 2021 afskop en daar is afstand tussen ons en Jesus nie. Intimiteit en diep gemeenskap is nodig.

Daarom is ons HEEL eerste NOG EEN –> verootmoedig en draai na Hom toe.

  • Het laasjaar bygedra tot n louheid in jou verhouding met Hom?
  • Gaan hierdie jaar gelowiges verder vat op hierdie paadjie?

Daar is mense wat vandag luister na die boodskap wat wedergeboorte nodig het, n nuwe natuur.

  • Waar die natuurlike sondige mens nie kan help om te sondig nie, kom verander God die natuur in jou en maak jou nuut. n Nuwe geboorte.
  • Dis nie net die bid van n gebedjie nie.
  • Dis my hele wese, my hele self, my alles vir Hom gee. Alles van my behoort aan Hom.

Daar is wedergebore kinders van Jesus wat nodig het om hulle opnuut te verootmoedig, en terug te draai na Hom toe.

Verootmoedig

  • n Verloëning van self, jouself nederig maak voor Hom, afhanklik wees van Hom.
  • Besef dat self nie kan nie. Hy moet.
  • My en jou se aangesig in die laagste moontlike posisie in verhouding met God.
  • Ons erken Hom as Meester, Eienaar, Koning.

Om lou te wees is om verlore te wees volgens Openbaring 3:16

Wil jy nie jouself verootmoedig voor die Here, draai van dit wat jy weet verkeerd is nie en stap 1 gee tot die herstel van EERSTE LIEFDE vir Hom in jou lewe nie?

Ek praat vanoggend dalk met:

  • Iemand wat deel moet word van die bruid en vir die eerste keer wedergebore moet word.
  • Iemand wat sê: Ek is verloof aan die bruidegom, maar ek verneuk Hom want my hart is by ander dinge.
    • En die Here Jesus is n byproduk van my lewe. Hy is nie Meester / Eienaar nie.

In albei gevalle is verootmoedig en draai nodig – n her-kalibrasie van ons hart tot Sy hart.

Ons begin 2021 deur verootmoediging en n wegdraai van al die skelmpies in ons lewe en ons draai terug na Jesus toe – die eerste NOG EEN stap.

Ons bruidegom is jaloers – Hy soek alles van My

GEBED:

As jy hierdie eerste tree van verootmoediging wil gee: Sluit jou oë en bid saam met my:

BID AGTER MY AAN:

Hemelse Vader, ek het U nodig. Met my hele hart en wese draai ek na U toe vandag. Dankie vir die oorwinning van Jesus aan die kruis. Ek gee aan U myself, alles van my. Word die Meester van my lewe. Kom herstel asb my intimiteit met U. Ek ontvang U vergifnis vir my. Ontvang my lewe, ontvang my toekoms, ontvang my wil. Kom herstel die plek van intimiteit met U. In Jesus Naam vra ek dit. Amen.

As jy vandag jou verootmoedig het, ek wil graag n epos vir jou stuur oor n paar NOG EEN stappe vir 2021 om jou te help om Jesus lief te kry met jou hele wese.

Stuur asb n epos na www.lifecf.mobi/gebed/ – ek wil iets vir jou stuur.