Navigasie 201

Navigasie
Die proses of aktiwiteit om akkuraat jou posisie te bepaal en roete te beplan.

“For this is God, Our God forever and ever; He will be our guide Even to death.”
‭‭Psalms‬ ‭48:14‬ ‭NKJV‬‬

“dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.”
‭‭PSALMS‬ ‭48:15‬ ‭AFR53‬‬

INLEIDING
⁃ Belang van navigasie (vlieg,skip,motor)
⁃ Ons moet ons fokus bepaal en beskerm (loods behartig nie klagtes nie)
⁃ Die wêreld is ‘n deurmekaar plek maar ons laat toe dat ons psigies, emosioneel en geestelik gebind word deur al die REALITY SHOWS wat afspeel en ons word gevoer deur die media en sosiale media
⁃ Ons weet alles van alles af en dit steel en verwar ons fokus
⁃ Ons kan nie realiteit ontken nie, maar ons kan ook nie dat dit ons passief maak nie.

“Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie. Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van ‘n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie. Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.”
‭‭PREDIKER‬ ‭11:4-6‬ ‭AFR53‬‬

1. 3 INTER- AFHANKLIKE KOMPONENTE VIR LEWENS-NAVIGASIE

“Deur wysheid word ‘n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig; en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed. ‘n Wyse man is sterk, en ‘n man van kennis ontwikkel krag. Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.”
‭‭SPREUKE‬ ‭24:3-6‬ ‭AFR53‬‬

WYSHEID
⁃ the quality of having experience, knowledge, and good judgement;
⁃ Begin by die Vrees van die Here
⁃ Man wat erf kies en huis sien in sy geestesoog

VERSTAND
# Understanding
⁃ the ability to understand something; comprehension
⁃ Wysheid toegepas
⁃ Sien en verstaan groter prentjie met al die komponente
⁃ Argitek en Meesterbouer

KENNIS
⁃ facts, information, and skills acquired through experience or education;
⁃ Vakman bv bouer, loodgieter, binneshuise versierder ens.
⁃ Kennis is krag
⁃ Om te leer ontwikkel ek krag
⁃ Dit is belangrik om aan te hou leer in die natuurlike en die geestelike
⁃ Die wêreld verander daagliks en daarvoor benodig ons n nuwe stel kennis
⁃ Kennis is die sleutel na oorlewing
⁃ Ons moet leer om ons natuurlike kennis te “infuze” met Godelikke wysheid en insig

2. DIE TOERUSTING VIR NAVIGASIE
“BEWAAR, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals; mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word. Want die gebod is ‘n lamp en die onderwysing ‘n lig en die teregwysinge van die tug ‘n weg tot die lewe,”
‭‭SPREUKE‬ ‭6:20-23‬ ‭AFR53‬‬

⁃ Gebod – lamp van wysheid
⁃ Onderwysing & teregwysing is toerusting vir Navigasie
⁃ Wat leer jy tans?
⁃ Waarheen is jy oppad en het jy die nodige kennis om daar uit te kom en wat gebeur as jy daar arriveer?
⁃ Waarop fokus jy?
⁃ Leer jy hoe om jou huidige situasie te hanteer en te bestuur?
⁃ Ons kan nie bekostig om passief te wees nie

3. DIE REGTE GESINDHEID VIR NAVIGASIE
“Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.

Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.”
‭‭SPREUKE‬ ‭18:2, 15‬ ‭AFR53‬‬

John Maxwell – your attitude determines your altitude

Die hart dra die oorsprong van die lewe en dit is waar jy eerstens belê met kennis en wysheid

Ek werk eerder saam met iemand wat erken hulle weet nie alles nie maar het n gesindheid om te leer as iemand wat baie weet maar nie n leerbare gesindheid het nie.

4. DIE KAPASITEIT VIR NAVIGASIE
“MY seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, dan sal jy die vrees van die Here verstaan en die kennis van God vind (want die Here gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand, en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ‘n skild vir die wat regskape wandel deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar); dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad. Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees; oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak, om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek; van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;”
‭‭SPREUKE‬ ‭2:1-13‬ ‭AFR53‬‬

KAPASITEITS DIEWE:
⁃ Vrees
⁃ Valse en verkeerde informasie
⁃ “Conspiracy theories”
⁃ Slegte gerugte
⁃ Realiteits boeie
⁃ Emosionele onstabiliteit
⁃ NB Ons moet kennis neem van al die dinge, deelneem aan gebed, maar steeds ons fokus op God se beloftes en planne vir ons lewens hou

KAPASITEIT LESSE
⁃ Ek word wat ek dagboek (Bill Hybels)
⁃ Ek word wat ek eet
⁃ Ek word dit waarop ek fokus
⁃ Wat glo jy oor jouself?
⁃ Wat spreek jy oor jouself?
⁃ Wat glo jy oor hoe God jou sien?
⁃ Wat leer jy en doen jy om God se rigting in jou lewe te behou?

TEN SLOTTE
Wisdom from Solomon
“My son, do not forget my teaching, but keep my commands in your heart, for they will prolong your life many years and bring you peace and prosperity. Let love and faithfulness never leave you; bind them around your neck, write them on the tablet of your heart. Then you will win favor and a good name in the sight of God and man. Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to him, and he will make your paths straight. Do not be wise in your own eyes; fear the Lord and shun evil. This will bring health to your body and nourishment to your bones. Honor the Lord with your wealth, with the firstfruits of all your crops; then your barns will be filled to overflowing, and your vats will brim over with new wine. My son, do not despise the Lord’s discipline, and do not resent his rebuke, because the Lord disciplines those he loves, as a father the son he delights in. Blessed are those who find wisdom, those who gain understanding, for she is more profitable than silver and yields better returns than gold. She is more precious than rubies; nothing you desire can compare with her. Long life is in her right hand; in her left hand are riches and honor. Her ways are pleasant ways, and all her paths are peace. She is a tree of life to those who take hold of her; those who hold her fast will be blessed. By wisdom the Lord laid the earth’s foundations, by understanding he set the heavens in place; by his knowledge the watery depths were divided, and the clouds let drop the dew. My son, do not let wisdom and understanding out of your sight, preserve sound judgment and discretion; they will be life for you, an ornament to grace your neck. Then you will go on your way in safety, and your foot will not stumble. When you lie down, you will not be afraid; when you lie down, your sleep will be sweet. Have no fear of sudden disaster or of the ruin that overtakes the wicked, for the Lord will be at your side and will keep your foot from being snared.”
‭‭Proverbs‬ ‭3:1-26‬ NIV

OPSOMMING
⁃ Kom ons neem kennis van realiteit maar kom ons bly besig met ons drome en God se planne vir ons lewens deur daaraan te werk en te leer om dit selfs in nuwe omstandighede te kan navigeer.
⁃ Kom ons laat Vader ons lei (navigasie) om gefokus te bly en nie te verdwaal nie.