Nagmaal Boodskap.
Nagmaal in die Bybel
Mat 26:26-29
Markus 14:22-25
Luk 14:14-23
Joh 13 – Joh 18
1 Kor 11:23-25
Aan die kinders in die diens vandag:
- Wie van julle kinders weet wat is Nagmaal?
- Vertel iemand vir ons wat doen die mense tydens Nagmaal.
- Wie van julle kinders het al Nagmaal gebruik?
- Wie van julle kinders wil graag Nagmaal gebruik?
- Hoekom?
HOEKOM gebruik ons nagmaal?
- Om ons te onthou van die wat Jesus vir ons gedoen het – Sy reddingswerk deur Sy dood en Sy opstanding
- Jesus het ons self van die nagmaal geleer, en gesê dat ons dit gereeld moet gebruik om te onthou van dit wat Hy vir ons gedoen het.
- Dis ‘n teken van God se beloftes – van dit wat Hy gedoen het en dit wat Hy nog gaan doen – dat Hy eendag gaan terugkom
- Wanneer ons dit gebruik verklaar ons, ons geloof – dit wat ek glo
Definisie:
Nagmaal / communion: afgelei van koinonia; participation, sharing, communion.
Common union. Gemeenskap. Deelname.
Nagmaal beteken baie letterlik om deel te neem saam met Jesus in geloof (terwyl ons glo) aan Sy kruis, sterwe en opstanding.
Wat doen ons as ons nagmaal hou?
1. Ons kyk heel eerste na binne
Om stil te staan en eerlik te kyk wat in jou eie hart aan die gang is.
- Is jy en die Here op ’n goeie plek?
- Skuld jy iemand dalk ’n verskoning of hou jy dalk ’n wrok teen iemand.
Wat sien jy wanneer jy stil raak en binne jouself kyk?
Die antwoord op hierdie vraag gaan bepaal hoe jy vandag aan die nagmaal gaan deelneem.
- As jy weet jou hart word getrek deur sondige dinge dan is die nagmaal vandag vir jou ’n ervaring van vergifnis – om hierdie dinge vandag na Jesus toe te te bring en te vra vir vergifnis.
- Miskien ervaar jy oorvloed in jou lewe en is die nagmaal vandag ’n ervaring van dankbaarheid vir die goeie in jou lewe.
- Dalk is jou hart seer vanoggend a.g.v. iets wat gebeur het of besig is om te gebeur – dan is die nagmaal vandag ’n ervaring van Hy is al wat ek vir hierdie oomblik nodig het.
So, kyk na binne want dit bepaal die ervaring wat jy met die nagmaal sal hê vanoggend.
So wat is Nagmaal?
VERDUIDELIK die Nagmaal:
a. Die Nagmaal is ‘n onthou-ete. Dit is ‘n spesiale ete waar ons daaraan dink dat Jesus vir ons sonde gesterf het.
Jy kan Lukas 22:19 DB lees en met hulle gesels oor wat die laaste reël beteken.
Toe vat Jesus die brood, sê vir God daarvoor dankie, breek dit in stukke en gee dit vir sy dissipels. “Vat dit en eet,” sê Hy. “Dit is my liggaam. Dink elke keer aan My as julle saam hierdie brood breek en eet. Onthou dan dat Ek my lewe vir julle opgeoffer het.”
Ander vertalings sê: tot my Nagedagtenis/Remebrance:
Ons vergeet en dan twyfel ons maklik.
Tydens die Nagmaal herinner ons onsself aan wat Jesus gedoen het.
b. Die Nagmaal is ‘n waarborg van ’n nuwe verbond. Ons lees Matt. 26:26 en 28 van die nuwe verbond.
Verduidelik dat die brood en wyn tekens is wat ons aan die liggaam en bloed van Jesus herinner.
- Ons vrygekoop het met Sy bloed (sap)
- Sy liggaam gebreek is vir ons gesond word (brood)
Dit verseker ons: net soos ons seker is dat ons die brood eet en die wyn drink, net so seker kan ons weet dat ons – in Jesus – nou God se kinders is.
c. Ons behoort aan mekaar. Met die Nagmaal vier ons die feit dat ons aan Jesus en aan mekaar behoort. Ons geniet saam die maaltyd van Jesus om vir mekaar te sê dat ons broers en susters is in een groot huisgesin: die huisgesin van God. Ons is aan mekaar verbind en is lief vir mekaar. 1 Kor. 10:17 verduidelik dit met die beeld van die brood.
So deel baie mense een brood. Daarom vorm ons as gemeentelede ’n hegte eenheid as ons saam die nagmaalsbrood eet, al is ons baie verskillende mense. DB
d. Ons verwag dat Jesus weer kom. Deur die Nagmaal te gebruik, sê ons ook dat ons Jesus se wederkoms verwag. Ons weet dat ons almal wat sy kinders is, eendag by hom sal wees.
1 Kor. 11:26 “Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.” 1983 NAV
So baie mense sê dat hulle gelowiges is maar hulle leef asof hulle nooit dood sal gaan nie.
Hulle maak hulle baie tuis in hierdie lewe en spandeer al hulle tyd en geld op goed in hierdie lewe asof dit vir ewig daar sal wees.
Vir die persoon wat ‘n verhouding met Jesus het is daar ‘n verwagting om saam met Jesus te wees, om Hom van aangesig tot aangesig te sien. Daar is ‘n afwagting.
Die eerste keer wat Jesus gekom het was dit in die vorm van ‘n dienaar wat gely het.
Wanneer Hy weer kom sal dit in die vorm van ‘n oorwinnede koning wees.
Nagmaal herinner ons ook – Hy gaan weer kom!
- Om Hom te sien sal die mees wonderlikste ding wees wat jy ooit beleef het.
- Dit is goed om met ‘n verwagting te leef.
- Dalk is jy siek in jou liggaam en jy weet daar sal ‘n dag kom wat jy ‘n nuwe liggaam sal hê.
Meeste toegewyde Jode het ‘n begeerte om in Jerusalem pasga te vier.
Baie van hulle kom nooit daar uit nie maar hulle het die gebruik om met die pasga maaltyd om hulle bekers op te lig en te sê, “volgende keer in Jerusalem”.
Mat. 26:29 “Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.” 1983 NAV
Daar is sekere gelowiges wat aan die einde van nagmaal sê, “volgende keer is dit saam met Christus”.
e. Die Nagmaal is ‘n vreugdefees. Ons is bly wanneer ons Nagmaal gebruik, omdat ons Jesus se kinders is. Soos wat mense partytjie hou wanneer hulle bly is oor iets, vier ons die Nagmaal met blydskap omdat ons weet dat die Here ons sonde vergewe het en dat ons sy kinders is.
In Openb. 19:6 lees ons van die bruilof van Jesus en sy bruid/kerk.
Dit vertel vir ons dat dit in die hemel soos op ‘n troue sal wees.
Dit gaan ‘n fees van vreugde en blydskap wees. So moet ons ook die Nagmaal vier.
f. Nagmaal is dankie sê-tyd. Ons sê vir God dankie vir Sy genade, dat Hy 2000 jaar terug vir Jesus gestuur het om vir ons sonde te sterf en die dood te oorwin en daardeur vir dit glo en Hom aan-neem ’n nuwe verbond met ons Sy kinders te sluit. Sodat ons vir altyd by Hom kan wees!
Amen
Hou nagmaal by die huis saam met jou kinders