‘n Voet in die deur – ‘n Boodskap oor Vergifnis
Mat 18:21-35 (CJB) – Lees saam.
Vergifnis… Hoe goed is ek en jy bekend met die onderwerp van vergifnis.
Dieper vraag: Is ‘n lewe van vergifnis deel van jou DNA samestelling?
• M.a.w. nie lank na enige slegte voorval in jou lewe, word jy intern gekonfronteer daarmee en weet jy dat die pad van vergifnis is die enigste pad – en jy rig doelbewus jou hart in daai rigting.
Vergewe 7 keer
Petrus begin die onderwerp met ‘n baie goeie vraag: Here, hoeveel keer moet ek vergewe, 7 keer?
• 7 is mos die volmaakte getal, sekerlik het ek dan my kant gebring?
• As ek al 7 keer vir jou skade in jou lewe of hart gebring het en jy diep moes grawe om gesond te word, sal jy saamstem: 7 keer is baie. Dis nie belaglik van Petrus nie.
In Amos 1:3-13 kry ons die Rabbi’s van die tyd se opinies: meer as 3 of 4 keer vergewe is nie nodig nie.
• Petrus moes heel tevrede gevoel het met sy voorstel van 7 keer.
Vergewe 70 x 7 keer
Wat dink julle was die reaksie toe hulle hoor: 70 x 7 keer?
Ons almal weet dat Jesus nie probeer sê het ons moet 490 keer vergewe nie.
• Hy probeer sê: dis nie ‘n getal wat ons telling van moet van hou nie.
• Wie van julle het al by 490 uitgekom om te kan sê “nou is dit klaar”?
Ek en die Here (gedagtes, woord, daad)
49 jaar x 365 dae = 17,885 dae! (die helfte daarvan was ek ongered) – 429,240 ure
MAAK JY GOU JOU EIE SOM.
• Mat 18 maak dit duidelik dat ons skuld teenoor die Here baie groter is as die oortreder teenoor ons se skuld.
• Die woord kom plaas dinge in perspektief.
EFÉ 4:32 AFR53 “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.”
Preek oor Identiteit – Ons pa deel met ons as seuns en dogters as dit kom by vergifnis.
“Ek is jammer pa, vergewe my”
• As jy dit regtig opreg bedoel en berou het, wat dink jy wat gebeur?
• Natuurlik ontvang ons opregte vergifnis.
• Mat 18:33 Ek het jou jammer gekry, moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het nie?
Vergifnis is nie opsioneel nie
Hoekom sal ons die vloei van vergifnis wil toedraai deur onsself skuldig te maak aan:
Mat 6:14-15 AFR53 “Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.”
Mat 18:35 AFR53 ” So sal ook My Hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.”
Is dit wat jou man, ex-man, pa of ma, skoonpa of skoonma, kollega, boetie, jou vorige beste vriend, jou vennoot, die President gedoen het groot genoeg dat jy dit teen hulle wil hou en in ruil maak dat as jy opreg vra:
• Vader, vergewe my…
• Dan kyk die Here na die ander kant toe en Hy luister nie na ons nie.
Vergifnis is nie opsioneel nie. Ons doen nie iemand anders ‘n guns deur hulle te vergewe nie.
• Ons verseker ons eie ewige lewe.
• Friedel, wat sê jy? Kan onvergewensgesindheid my uit die Hemel hou?
• Wel, as jou sonde nie vergewe word nie, Ja beslis!! (kom ons dink hieroor)
EENDAG: My sondes kan of bedek wees met die bloed van Jesus OF my sondes staan teen my opgeskrywe omdat Abba my nie vergewe nie omdat ek nie ander vergewe nie.
Maar Friedel, jy verstaan nie hoe seergemaak ek is nie.
Iemand anders het jou geld gesteel en jy het verloor, maar hulle het teen God gesondig.
Iemand anders het met jou vrou gelol en jy het seergekry maar hulle het teen God gesondig.
Iemand anders het leuens oor jou vertel en jou skade berokken maar hulle het gelieg en staan skuldig voor die Here.
In elke dinge wat ons seergemaak is, staan die ander partye ook skuldig voor die Here
• En weet jy, ek en jy is dalk êrens iemand anders se “iemand anders”.
God is die regter en Hy sal vergelde – dit sê Hy in Sy woord (niemand gaan wegkom nie).
Is die Here onregverdig as die Hy jou ex-man vergewe, maar dis ok as Hy jou vergewe?
Friedel, ek is nie God nie. Dis nie so maklik vir my nie. Hoe?
Saam Heilige Gees alleen
Hoe is vergifnis van die diepste seer en teleurstelling moontlik.
• Gee vir Heilige Gees ‘n voet in die deur.
• Hy is ons Helper.
3 stappe:
1. Jy is nie alleen nie – Heilige Gees gaan jou kom herinner hieraan. “My kind, jy sal moet vergewe”.
(**hoe nodig het ons nie dat Heilige Gees ons hiermee kom ‘irriteer’ nie)
2. EK KIES: As jy net bereid is om te vergewe. Kies die pad van vergifnis.
• Daardeur gee jy vir Heilige Gees die voet in die deur om jou te help en te versterk om die oënskynlike menslike onmoontlike ding te kan doen.
3. God se teenwoordigheid verander ons harte. Naby wees aan Hom maak ‘n klipharde hart sag.
• Moenie bedroef en blus deur onvergifnis te bly kies nie.
Dit wat vir my en jou onmoontlik is, is vir Hom moontlik.
• Vir solank jy nie lekker voel as jy iemand sien of aan hulle dink nie – kies vergifnis en houe Heilige Gees se voet in die deur van jou hart.
Grense (Dr Henry Cloud – The wise, the fool, the evil person)
Paasnaweek: Die Here se storie van vergifnis – gee dit meer lugtyd soos ons nader beweer aan Passover.