‘n Lewe Van Dapperheid

  • “I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear.” Nelson Mandela.
  • Kom meer as 114 keer in die bybel voor.

DEFINITION OF COURAGE IN ENGLISH

  • Courage means mettle, spirit, resolution, tenacity, mental or moral strength to resist opposition, danger, or hardship.
  • Courageimplies firmness of mind and will in the face of danger or extreme difficulty.

(Merriam Webster online dictionary)

GEDAGTES OOR DAPPERHEID

  1. ONS WORD OPGEROEP TOT DAPPERHEID
  • STORIE VAN GIDEON. (RIGTERS 6:11-16 AFR53)

En die Engel van die Here het aan Gideon verskyn en vir hom gesê: Die Here is met jou, dapper held!

Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die Here met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die Here ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die Here ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.

Toe draai die Here na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?

Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.

Toe sê die Here vir hom: Ek sal met jou wees, sodat jy die Midianiete soos een man sal verslaan.

  • STORIE VAN JOSHUA (JOSUA 1:5-7, 9 AFR53)

Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie.

Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met ’n eed beloof het om aan hulle te gee.

Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

  1. DAPPERHEID IS NIE TALENT NIE, DIT IS ‘N KEUSE

    (NÚMERI 14:1-3, 6-9 AFR53)

  • DIE VOLK IN DIE WOESTYN

TOE het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.

En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!

En waarom bring die Here ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?

En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur

en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n buitengewoon goeie land.

As die Here  ’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.

Wees net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

  1. RESPEK, INVLOED EN OUTORITEIT WORD GEBOU OP DIE

    FONDASIE VAN DAPPERHEID (DANIËL 3:25-30 AFR53)

  • STORIE VAN SADRAG, MESAG EN ABEDNEGO

Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ’n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ’n godeseun.

Toe het Nebukadnésar nader gekom na die opening van die brandende vuuroond en daarop gesê: Sadrag, Mesag en Abednégo, knegte van die allerhoogste God, gaan uit en kom hier! Toe het Sadrag, Mesag en Abednégo uit die vuuroond uitgegaan.

Daarop het die landvoogde, die bevelhebbers en die goewerneurs en die raadsmanne van die koning vergader en aan daardie manne gesien dat die vuur geen mag oor hulle liggame gehad en die hare van hulle hoof nie geskroei het nie, en dat hulle mantels geen verandering ondergaan en die reuk van die vuur nie aan hulle gekom het nie.

Daarop het Nebukadnésar gespreek en gesê: Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.

Daarom word deur my bevel gegee dat enige volk, nasie of taal wat oneerbiedig spreek oor die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, stukkend gekap en van sy huis ’n mishoop gemaak sal word, omdat daar geen ander god is wat so kan verlos nie.

Toe het die koning Sadrag, Mesag en Abednégo voorspoedig laat wees in die provinsie Babel.

  1. DAPPERHEID HET BAIE MEER TE DOEN MET GELOOF AS MET

    TALENT (DANIËL 6:20-24 AFR53)

  • DANIEL IN DIE LEEUKUIL

Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan.

En toe hy nader kom na die kuil, het hy met ’n droewige stem na Daniël geroep; die koning het gespreek en aan Daniël gesê: Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?

Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe!

My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.

   Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ’n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het.

  1. DAPPERHEID LEI TOT ‘n BLYWENDE NAAM EN BELONING
  • DIE LEWE VAN JOSHUA

(JOSUA 1:1 AFR53)

EN ná die dood van Moses, die kneg van die Here, het die Here met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:

(JOSUA 24:29 AFR53)

En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die Here, gesterwe, honderd-en-tien jaar oud.

  1. DAPPERHEID IS NIE EENMALIG NIE, DIT IS ‘N LEEFWYSE
  • DIE LEWE VAN BENAJA

1 KONINGS 2:35 AFR53)

Koning Salomo het vir Benaja seun van Jojada in Joab se plek aangestel oor die leër,

TEN SLOTTE 

Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”