Kerke / Gemeentes in Vanderbijlpark – LCF Gemeente

Ons Visie as kerk / gemeente is ‘Jesus Christus IN ONS | Genade + Waarheid DEUR ONS | Gesonde Dissipels UIT ONS

LCF is ‘n Afrikaanse gemeente in Vanderbijlpark. Daar is ‘n lang storie hieragter en as jy ons Kunect program gaan volg, dan gaan ons jou meer vertel oor die geskiedenis van die gemeente.

LCF is n gemeente wat waarlik die Here se hart soek en wat ernstig is oor dissipels maak, dissipels leer en dissipels doop. By die gemeente in Vanderbijlpark, raak jy nie n lidmaat nie, maar n vennoot. Om n vennoot te word, kan jy inskakel by die 3 weke Kunect program waarna jy by n 12 week dissipelskap program gaan inskakel en ander mense in die gemeente gaan leer ken. Die doel van 15 weke is juis om nuwe konneksies en vriendskappe te vorm, buiten om meer te leer wie LCF is en te groei in jou dissipelskap wandel met die Here.

Wie is LCF Gemeente? Lees meer hier

LCF kerke gemeentes vanderbijlpark

Life Christian Foundation (LCF) is in 1999 gestig deur ‘n groep mense wie bymekaargekom het en gedroom het oor ‘n organisasie wat ‘n platform sou skep vir mense om ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak. LCF is in 2001 in Suid-Afrika as ‘n nie-winsgewende organisasie geregistreer.

Die doel van LCF is om ‘n generasie van gelowiges en aanbidders in gemeenskapsdiens te lok wat kreatief, aantreklik en effektief is. Ons is vasbeslote om nuwe, vars en toepaslike metodes in ons kerk te gebruik, om in die wêreld waarin ons leef te beinvloed met die Evangelie van Jesus Christus.

Ons missie is om ‘n omgewing te skep vir gesonde mense wat gesonde verhoudings (met Jesus en met mekaar) het en lewendige, dinamiese bediening doen. Gedurende die weeksaande is daar baie kursusse / programme wat aangebied word en ons moedig mense aan om in te koop as vennoot en Sondag bywoning so bietjie verder te vat.

Verhouding met Jesus gaan immers baie verder as Sondag oggend byeenkomste.

manne-gemeente-vanderbijlpark
gemeente-vanderbijlpark-kersdiens

Waar in Vanderbijlpark kan ek die kerk vind?

Ons kerkgebou en kantore is geleë by 141 Rossini Boulevard (oorkant Vaal Mall) waar ons weeklikse aktiwiteite en Sondag-kerksdienste plaasvind. In al ons opknappings- en bouprojekte is ons doel om ruimtes te skep vir intimiteit, buigsaamheid, verhoudings en aanbidding.

Kerk en Bedienings

  • MannebedieningLCF se Mannebediening is ‘n groep mans wat streef daarna om passiwiteit te verwerp, verantwoordelikheid te neem, in dapperheid te lei en te belê in ewigheid.
  • VrouebedieningDie LCF Vrouebediening fokus om elke vrou te inspireer en met die waarheid toe te rus, sodat vrouens vry kan kom van verskeidenheid lewensomstandighede.
  • Kinderkerk – Kinders in Christus LCF skep ‘n veilige en voedende omgewing waar jou kind kan groei en floreer in hul God-gegewe talente en gawes.
  • Tiener bediening – 1Life 1Life is LCF se eie jeugbeweging waar ons op hoërskooltieners fokus en materiaal deurwerk wat relevant is vir hul alledaagse lewe.
  • Jong Volwassenes – Living Culture – Vir die 18 tot 28 jariges. Donderdae om 19h00
  • Die Huwelik By LCF glo ons in die heiligheid van die huwelik en die belangrikheid van die gesin as ‘n ooreenkoms met God se orde in hierdie wêreld.
  • Kindertoewyding en InseëningDeur kindertoewyding en Inseëning, kies ouers om hulleself en hulle kinders aan die Here toe te wy want hulle begeer om die kind in die vrees van die Here groot te maak.  Dit is ‘n wonder en ‘n voorreg, maar ook ‘n groot verantwoordelikheid.
  • Die DoopBy LCF glo ons aan die Doop met onderdompeling in water na redding. Ons glo dat die Doop onderdompeling ‘n kragtige stap is wat elke Christen moet neem in hul reis met God.
  • VerlossingBy LCF glo ons dat alle mense as sondaars gebore word en ‘n Verlosser nodig het. Word ‘n Kind van God deur die Here as jou Verlosser aan te neem.
kinder-kerk-vanderbijlpark
Kinderkerk
tieners-gemeente-vanderbijlpark
Tieners - 1Life
Vrouekonferensie

Kursusse by die gemeente

Die kerk in Vanderbijlpark bied verskeie kursusse aan met die doel om individuele te verreik, geestelik te laat groei en hulself in Christus te ontdek in verskillende aspekte van hul lewens en geloof. Kyk gerus na die verskillende kursusse tans beskikbaar, en maak vandag ‘n doelbewuste besluit om jou lewe te verreik deur in te skakel by ons kerk.

LCF Gemeente Leierskap

Gemeenskapsprojekte n Vanderbijlpark en ander areas

LCF is ook ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en openbare weldaadsorganisasie (PBO).  Ons verleen hulp aan verskeie begunstigde organisasies, en deur ons netwerk kan ons deelnemende ondernemings die nodige dokumentasie gee vir BBEEE-telkaart, sowel as ‘n belastingaftrekbare sertifikaat vir hul donasies.

Word deel van ons gemeente / kerk in Vanderbijlpark

Skakel ons op 016 931 1239 of besoek on kerkkantoor in Vanderbijlpark vir meer inligting oor ons kerk, bediening en ander aanbiedinge.

As jy ‘n nuwe intrekker in Vanderbijlpark (of erans anders in die Vaaldriehoek is), kom besoek ons gerus op Sondag oggende. Ons normale diens tyd is om 9h30, maar gedurende die inperking van getalle het ons n 8h30 en 10h30 diens. Skakel ons kantoor nommer om die tye van die diens the bevestig voordat jy vir die eerste keer besoek.

Ons het n 3 week Kunect program (een aand per week) indien jy meer wil uitvind oor LCF en of dit jou gemeente / kerk / geestelike huis in Vanderbijlpark gaan word. Na Kunect, plaas ons jou in n dissipelskap groep waartydens jy vir 12 weke deur ons voorgeskrewe dissipelskap kursus saam met jou groep gaan werk. Na hierdie tydperk, sal jy nie meer n vreemdeling in die gemeente wees nie en met die suksesvolle voltooiing van hierdie 2 programme, sal ons jou as n nuwe Vennoot aan die gemeente voorstel.

israel-toer-gemeentes-vanderbijlpark
Israel Toer
vroue-kerke-in-vanderbijlpark
Vrouekonferensie