Leef ‘n lewe van oorwinning!

Oor die laaste twee Sondae het ons twee goeie preke gehoor oor wie God is en oor wie is ek in God se oë? Ons het geleer van God se Vaderhart vir ons en hoe Hy voel oor ons ten spyte van ons sondige lewens en foute wat ons maak.

Ons het geleer dat God ons sien as oorwinnaars. Soos Michaelangelo die Dawidbeeld in die groot stuk marmer gesien het, so sien God in ons die eindproduk van die persoon wat Hy weet ons kan wees en Hy werk en skaaf aan ons om daardie persoon in ons te ontwikkel.

Ons het geleer dat daar is ‘n verskil tussen hoe God ons sien en die identiteit wat Hy aan ons toeken en wat ons in onsself sien en hoe ons dink ander mense ons sien (ons selfbeeld).

Ons het gehoor hoe ‘n belangrike rol en groot invloed die twee dinge het om ‘n lewe van oorwinning en oorvloed te lewe en ons lewensdoel (wat God vir ons beplan het) te bereik.

Die Vyand kom en hy onderdruk hierdie identiteit in ons lewens deur vrees, leuens en ook deur ons met allerhande dinge besig te hou. Ons het geleer hoe om ons persepsie oor onsself te verander en ons ware self te ontdek.

En soos Pastoor Anton gesê het, dit is krities belangrik om dit te ontdek as ons die lewens wil lei wat God vir ons beplan. So kom mens dan op ‘n plek waar jy beter verstaan wat God se hart is en wat jou ware identiteit is, so wat nou?

Hoe lewe ek ‘n lewe van oorwinning?

Hoe bereik ek die Godgegewe doelwitte in my lewe?

Hoe bereik ek my volle potensiaal?

En ek dink die belangrikste vraag is hoe kry ek dit reg, elke dag?

Wel om doelwitte in lyn met jou identiteit op te stel is ‘n goeie begin! Mens moet fokus op jou sterkpunte, daardie dinge wat God vir jou gegee het en wat jou uniek maak, en jou doelwitte binne dit op te stel. Hierdie les het ek so onlangs soos vroeër in die week op die harde manier geleer.

Sidenote, as ons praat van doelwitte dan kan mens maklik verwar raak tussen doelwitte en drome. So wat is die versil? Ek het bietjie gaan oplees daaroor en die volgende gekry:

Dreams are something you create in your mind that can take any shape or form, while goals are based on taking action. With goals, a lot of focus and attention is needed. Dreams, on the other hand, don’t need that kind of focus. You can sit for hours and dream without doing a single thing about it.

Goals are based in reality. Dreams are able to stretch your imagination allowing you to create whatever your mind wants to, while goals stretch your capabilities (character, strength, getting you out of your comfort zone).

Dreams can help you envision a better life for yourself, while goals will help the world around you change by taking you further towards making your dreams a part of your reality.

Ek en Minette hou daarvan om aan die begin van die jaar tyd saam af te vat en op ‘n date weekend te gaan. Op so ‘n naweek sal ons dan ook tipies kyk na die beplanning vir die jaar.

Met die ekstra tyd wat COVID verwante Lockdowns in die laaste jaar op ons afgedwing het, het ons ook die geleentheid gehad om krities na ons lewens te kyk. Ons het na al ons drome en doelwitte gekyk en indien nodig ge-herprioritiseer. Daar het ook nuwe drome en saam met dit ook nuwe doelwitte bygekom. Dit was en dit is ‘n lang proses, ons is nogsteeds besig daarmee.

Net soos die Vyand dit regkry om ons ware identiteit in God te onderdruk, kry hy dit reg om ons volle potensiaal in God te onderdruk. Hy doen dit hoofsaaklik op drie maniere:

  1. Ons lewe asof more nog ‘n dag is.

Jakobus 4:13-14 DB – “Kom nou; luister ’n bietjie na julleself. Julle sê: “Ons gaan sommer nou of miskien môre na daardie stad toe. Daar gaan ons ’n jaar bly. Ons gaan lekker besigheid doen en sakke vol geld maak.” Sê my, weet jy presies wat môre gaan gebeur? Kan jy dit regtig sê? Dink maar aan die lewe. Dit is so onseker en kortstondig. Dit is soos weerlig wat slaan. Die een oomblik is dit helder daar, maar die volgende oomblik is dit weg.”

Gelukkig laat God alles ten goede meewerk en is daar seer sekerlik een les wat ons almal uit die COVID-19 pandemie geleer het: More is NIE noodwendig nog ‘n dag NIE!

Daar is een gevaar met drome en doelwitte, en niemand van ons spring dit vry nie.

Die gevaar is dat ons moed opgee nog voordat ons begin het.

Of ons begin, maar ons kan dit nie voluit, uithou nie.

En as ons lewe met ‘n attitude van more is nog ‘n dag, dan is dit mos maklik om uit te stel, want more is mos nog ‘n dag!

Hoe kry die Vyand dit nog verder reg om ons potensiaal in God te onderdruk?

Matteus 6:25-33 DB – “Moenie gedurig loop en julle bekommer nie. Moenie van vroeg tot laat vra: ‘Gaan ek genoeg hê om te eet?’ of: ‘Gaan ek genoeg hê om aan te trek?’ nie. Die lewe gaan tog oor baie meer as kos en klere.

Kyk ’n slag na die voëls: hulle het nie groot skure waarin hulle elke dag hulle kos bêre nie. Tog is hulle nooit honger nie. God sorg dat hulle elke dag genoeg het om te eet. Weet julle, julle is baie meer werd vir God as al die voëls in die hemel.

Daarom help al julle bekommernis net mooi niks. Dit gaan nie julle lewe met een enkele dag verleng nie. Allesbehalwe!

“Julle moet ook nie sit en tob oor wat julle elke dag moet aantrek nie. Kyk gerus ’n bietjie in die veld hoe mooi die lelies lyk wat daar groei. Hulle werk nie van vroeg tot laat om so deftig te lyk nie. Tog was nie eens daardie skatryk koning Salomo ooit so mooi aangetrek soos een van hulle nie. “As God soveel aandag gee aan hoe die veldgras lyk, wat vandag nog groei en môre weer dood is, sal Hy mos vir julle ook sorg. Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek.

  1. Die Vyand gebruik ons bekommernis oor die dag van more om ons aandag (en energie) af te trek van die doelwitte wat ons wil bereik

Sir William Osler (wat geken word as “The Father of Modern Medicine”) het gesê: “The load of tomorrow added to that of yesterday, carried today, makes the strongest falter!”

Falter = to loose strength or momentum

Ons word lamgelê deur dinge wat ons nie kan verander nie, die verlede, en kruppel gelaat deur dinge waaroor ons bitter min beheer het, die toekoms!

So wat is die oplossing?? Jesus gee vir ons ‘n antwoord aan die einde van Matteus 6:

“Hou op om te sê: ‘Wat gaan ons vandag eet en drink?’ of: ‘Wat gaan ons vandag aantrek?’ As julle dit doen, tree julle op soos mense wat God glad nie ken nie. Julle het mos ’n Vader in die hemel wat presies weet wat julle nodig het. Hy sal sorg dat julle dit alles kry. “Stel God se koninkryk eerste. Doen net daardie dinge wat vir Hom belangrik is. Hy sal vir die res sorg. Hy sal elke dag vir julle genoeg kos en klere gee.

En los môre se probleme vir die dag van môre. Van probleme het elke dag immers oorgenoeg. Leef vandag voluit vir God!”

Dit klink vir my baie soos die advies wat einste Sir William Osler vir die studente van Yale Universiteit gegee het tydens sy toespraak aan hulle in 1913: “Life in day-tight compartments.”

In dieselfde toespraak het hy ook verder gesê: “Our grand business undoubtly is, not to see what lies dimly at a distance, but to do what clearly lies at hand.”

Dit herhinner my aan Jakobus 1:

James 1:25 – “But the one who looks into the perfect law, the law of liberty, and perseveres, being no hearer who forgets but a doer who acts, he will be blessed in his doing!”

As ons nie regkry om ons gedagtes op vandag te fokus nie dan gaan ons sukkel om ons volle potensiaal in God te bereik!

Sielkundige studies toon dat die gemiddelde person dink 46.9% van sy/haar tyd aan ander goed as waarmee hulle besig is!! En ek dink met die invloede van sosiaale media en die nuus is hierdie syfer dalk nog hoër!

Om in day-tight compartments te lewe beteken om ons fokus te skuif van wat vaagweg in die toekoms lê, na wat duidelik voor ons lê!

  1. In die derde plek gebruik die Vyand skaamte en spyt oor ons verlede wat ons saam met ons dra

Die verskil tussen sukses of mislukking word grootendeels bepaal deur hoe jy jouself sien. Dit sluit aan by wat Pastoor Anton verlede week gesê het.

Jy sien jouself deur die stories wat jy aan jouself vertel.

 

Hierdie stories is selfvervullend.

Henry Ford het gesê: “Whether you believe you can do a thing or not, you are right.”

Dit wat ons oor onsself glo is krities belangrik om sukses te behaal! Die Vyand gebruik skaamte en spyt uit ons verlede om ons die verkeerde dinge oor onsself te laat glo.

Beteken dit dat ons alles uit ons verlede moet vergeet?

O nee! Ons toekoms (en daarmee bedoel ek dit wat God met ons wil bereik) lê opgesluit in ons verlede! Dit wat met ons gebeur het in ons verlede, gebruik God om ons voor te berei vir iets in die toekoms!

God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hy liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is.

Die bekende skrywer CS Lewis het waargeneem dat: “Every person is composed of a few themes and those life themes reveal themselves in a wide variety of ways.

Sometimes it’s during the regular routine of life. More often than not, it’s something out of the ordinary. One way or the other, something happens that strikes a chord at the core of your being.

  • God-sized dream or God-ordained passion is conceived deep within your spirit. It’s the thing that gets you up early and keeps you up late. It’s the thing that makes you smile, makes you cry, or makes you pound your fist on the table.

Those life themes become the subplots of your life, and they undergird everything you do.”

In sy boek Win the Day neem die skrywer, Mark Batterson, die konsep van subplots verder: “Our subplots reveal both strengths and weaknesses. Signature stories are almost always born out of crisis, born out of weakness. An obstacle must be overcome against all odds. It’s a story line that doesn’t just make for a good movie; it makes for a good life. It’s the adversities we overcome that make us who we are.”

Ons kan nie ons verlede verander nie, maar ons kan daaruit leer. Ons kan daaruit leer sodat ons die storie oor onsself kan hersien.

Die storie wat ons aan onsself vertel en op die ou einde ‘n groot invloed het op die sukses waarmee ons ons potensiaal bereik.

Call to action:

LCF se tema vir die jaar is Nog Een. Om elke dag nog een dag in oorwinning te leef moet ons let daarop dat:

  1. More is nie noodwendig nog ‘n dag nie
  2. Bekommer jou nie oor die dag van more nie, maar doen wat vandag voor jou lê
  3. Jou verlede bepaal jou toekoms. Leer uit jou verlede en verander die storie wat jy oor jouself vertel!

Ek sluit af met ‘n laaste quote:

“Goal setting is storytelling. It is writing the last chapter first, then working your way backward! Your story will only be as good as the goals you go after.”

Joe Gibbs