Mannebediening
Die Mannesamekomste vind Maandag-aande en Vrydag-oggende plaas waartydens hoë kwaliteit en uitgesoekte materiaal wat tot die harte van mans spreek, behandel word. Na afloop van die behandelde materiaal, vergader die mans in kleingroepe, waar hulle mekaar ondersteun en saambid.
BEGIN Vrydag 4 Oktober 05:45 en Maandag 7 Oktober 18:30
Vrouebediening
Die LCF Vrouebediening fokus om elke vrou te inspireer en met die waarheid toe te rus, sodat vrouens vry kan kom van verskeidenheid lewensomstandighede.
BEGIN Dinsdag 15 Oktober 18:30
Griefshare
As jy ‘n eggenoot, kind, familielid of vriend verloor het, is dit nie net ’n hartseer tyd nie maar kan dit vir jou moeilik wees om optimisties te voel oor die toekoms.
- Jy het ook waarskynlik gevind dat daar nie baie mense is wat jou diepe seer verstaan nie.
- Dit kan ‘n moeilike tyd wees waar jy geisoleer voel en baie vrae het oor situasies wat jy nog nooit ervaar het nie.
In die GriefShare program word jy deur die rou proses begelei en word jy bemagtig om die unieke uitdagings in hierdie tyd in die gesig te staar en jou lewe te herbou.
REISTOG NA BETEKENIS
‘n Reistog wat mense help om vry te breek van ‘n gebrek aan lewenslus, en doelloosheid. Hierdie program neem jou op ’n ontdekkingsreis vanaf “gemiddelde gelowige” na een met toeneemende geestelike outoriteit en salwing.
Kursus Begin: Dinsdag 28 Januarie 18:30 @ LCF Strek oor 8 weke.