Joshua Generasie

Joshua 23:1-16 AFR 83

 

AGTERGROND:

Joshua roep die volk op om na ‘n tyd van rus volstoom voort te gaan om God se plan vir hulle lewens te vestig deur al die grond wat aan hulle belowe was in te neem en vrugbaar te verwerk.

 

  1. GOD HET ‘N PLAN NA AFLOOP VAN DIE RUSTYD

23:1 Dit was al lank dat die Here na alle kante toe aan Israel rus gegee het van sy

vyande, en  Joshua was al baie oud.

 

  • Daar was baie oorwinnings – toe n tyd van rus gevolg met die opdrag – gaan nou volstoom voort en neem die land in besit
  • Dit is nou tyd vir n nuwe kurwe want die vorige een gaan begin sak
  • Sigmoid Kurwe

  1. WEES VERSEKER VAN GOD SE GETROUHEID

23:2-4 Josua het die hele Israel geroep, die leiers, die hoofde, die regters, die ampsdraers, en vir hulle gesê: Ek is al baie oud. Julle het gesien wat die Here julle God alles aan hierdie nasies gedoen het ter wille van julle. Dit is Hy, die Here julle God, wat die oorlog vir julle gevoer het. Ek het saam met die gebiede van al die nasies wat ek uitgeroei het, ook dié van die nasies wat nog oorbly, as eiendom aan julle stamme toegeken: van die Jordaan af tot by die Groot See in die weste.

  • Die volk moes deur baie seisoene en veldslae God se wyses en getrouheid leer ken. Hulle moes rustig raak in Sy voorsiening en ontferming en ook leer dat in uitdagende en goeie tye is God met hulle

 

  1. GOD WIL ONS GRONDGEBIED VERGROOT

23:5 Die Here julle God sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdrywe sodat julle hulle land in besit kan neem soos die Here julle God julle beloof het.

 

1 Kron 4:10

Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.God het laat gebeur wat hy gevra het.

 

2 Kor 10:16

Dan sal ons die evangelie ook in streke anderkant julle kan verkondig sonder om te roem op werk wat tot stand gebring is in die werkkring van iemand anders.

 

  1. WEES EERSTENS STERK IN WOORD

23:6 “Maar julle moet sterk staan in die uitvoering van alles wat geskryf staan in die

wetboek van Moses.

 

  • Joshua deel die lewenswysheid waarmee hy geleef het. (Sien Josh 1.)

 

  1. 1 TOT 1000 BELOFTE

23:6-10 Moet daarvan nie links of regs afwyk nie, dat julle nie by hierdie nasies kom wat nog tussen julle woon, en die naam van hulle gode aanroep en in hulle naam ‘n eed aflê en hulle dien en voor hulle buig nie. Julle moet aan die Here julle God getrou bly, soos julle tot nou toe gedoen het. Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Niemand kon tot nou toe voor julle standhou nie. Een van julle jaag ‘n duisend op loop, want dit is die Here julle God wat die oorlog vir julle voer soos Hy julle beloof het.

 

  1. INTMITEITE EN LIEFDE VIR GOD BEPAAL JOU FOKUS

23:11 Lê julle dus daarop toe om die Here julle God lief te hê.

  • Liefde maak iemand die fokus van jou lewe

 

  1. DINGE WAARMEE JY MOET DEEL

23:12-23 As julle egter ‘n ander pad loop en julle verbind aan die mense wat oor is van hierdie nasies wat nog tussen julle woon, en julle ondertrou met hulle en julle kom by hulle, en hulle by julle, weet dan seker dat die Here julle God hierdie nasies nie verder sal verdryf voor julle uit nie. Hulle sal vir julle strikke en wippe word, swepe op julle rûe en skerp dorings in julle oë, en uiteindelik sal julle verdwyn uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.

 

  • Generasie sonde en vloeke
  • Gesindheid
  • Karakter
  • Aanpasbaarheid
  • Getrouheid (diligence)

 

  1. VERSTAAN DIE SEISOENE

 

23:14 Self gaan ek nou die pad van almal op aarde.

  • Leer om die seisoene te lees en God se gedagtes te verstaan

TEN SLOTTE

23:14-16 Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie. Maar net soos elke goeie belofte wat die Here julle God oor julle gemaak het, nagekom is, so sal Hy elke ramp oor julle bring wat Hy aangekondig het, totdat Hy julle uitgeroei het uit hierdie goeie land wat Hy julle gegee het. As julle die verbondsverpligtings wat die Here julle God julle opgelê het, nie hou nie en julle dien ander gode en buig voor hulle, sal die toorn van die Here teen julle ontvlam en sal julle gou verdwyn uit die goeie land wat Hy julle gegee het.””

 

  • Geskiedenis leer dat die volk nie die grond in besit geneem het nie.
  • Hulle het nie in die Woord geleef en hulle grondgebied vergroot nie.
  • Hulle is uiteindelik weggedryf uit die land soos God beloof het sou gebeur.
  • Wat was die groot probleem?
    • Hulle het nie die gesindheid gehad van volstoom vorentoe gaan nie.
    • Gemak, gerief, ydelheid, ongeloof, negatiewe gesindheid en liefde vir die wêreld het hulle ontneem van die beloftes.

 

FILIPPENSE

Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink God sal ook hierin aan julle die regte insig gee. In elk geval, laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het.