WAT BETEKEN INSIG?
- Insig bestaan uit twee woorde “IN” en “SIG”.
- Saam beteken dit om “Binne kant te sien” of om “dieper in te sien”, of om “n dieper verstaan van iets te hê”.
- Die Engelse word vir INSIG dra die selfde betekenis naamlik INSIGHT – “To See within” or “To gain a deeper insight and understanding”.
VANDAG WIL EK MET JULLE 5 GEDAGTES DEEL OOR INSIG:
- DIE HEILIGE GEES HET GEKOM OM ONS TE HELP MET INSIG.
EF 1:17-18
“… dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is”
- VERSTAND – kan ook vertaal word as hart, verstaan, gedagte-gang.
- “UNDERSTANDING – is the greek word “dianoia”.
- “DIANOIA – “this can be translated as understanding, insight, meditation, reflection, perceptions, gift of apprehension, the faculty of thought. “
- “RENEWAL OF DIANOIA – “when the “dianoia” (heart / mind / understanding) is renewed by the holy spirit, the whole mindset changes from the fearful negativism of the carnal mind to the vibrant, positive thinking of the quickened spiritual mind.”
- “EYES OF THE UNDERSTANDING – literally means that your heart may receive the brightness of hope resulting when the wealth of God’s investment in you is understood.”
THE SPIRT FILLED LIFE BIBLE (1991) – NKJV
- DIE HEILIGE GEES WERK DEUR 3 INSIG GAWES.
1 KOR 12:4-11
Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
Want aan die een word deur die Gees ’n woord van wysheid gegee, en aan die ander ’n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
aan ’n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ’n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
aan ’n ander werkinge van kragte, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van die geeste, aan ’n ander allerhande tale, aan ’n ander uitleg van tale.
Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
- WOORD VAN KENNIS
Bonatuurlike insig te make met ‘n persoon of ‘n gebeurtenis gegee deur die Heilige Gees vir ‘n spesifieke doel wat Hy wil bereik of ‘n spesifieke behoefte wat Hy wil aanspreek.
- WOORD VAN WYSHEID
Bonatuurlike insig in God se plan, gedagtes of wee vir ‘n spesifieke situasie.
- PROFESIE
Bonatuurlike openbaring van die Heilige Gees tot bemoediging van ‘n persoon of persone in ‘n spesifieke oomblik of situasie.
- ONS KAN DEUR GEBED VRA VIR INSIG.
JAK 1:2-8 NLV
My broers en susters, wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees. Julle weet mos: Wanneer ’n mens se geloof ’n toets deurstaan, veroorsaak dit dat jy kan volhard. Julle moet egter enduit volhard. Dan sal julle julle lewensdoel bereik en geestelik gesond wees. Julle sal niks kortkom nie.
Vra vir God as dit nie vir jou duidelik is wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie.
- Komplekse situasie vereis geestelike insig
- Die lewe vereis geestelike insig
- Wysheid is die woord “SOPHIA” wat die volgende beteken:
“practical wisdom, prudence, skill, comprehensive insight, Christian enlightenment, a right application of knowledge, insight into the true nature of things.”
- BYBELSE VOORBEELDE
- JEREMIA SE INSIG – Hy het die groter prentjie verstaan en nie gesoek vir kortpad nie.
JER 29:4-13
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:
Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;
neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;
en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die HERE; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.
Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.
Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE.
Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.
Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
- KORNELUIS SE INSIG – As iemand wat nie ‘n Jood was nie het Hy tog die tye van verandering verstaan.
HAND 10:1-8
EN daar was in Cesaréa ’n man met die naam van Cornelius, ’n hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling.
Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.
Hy het duidelik in ’n gesig omtrent die negende uur van die dag ’n engel van God na hom sien inkom en vir hom sê: Cornelius!
En hy het die oë op hom gehou en vol vrees gesê: Wat is dit, my heer? Toe antwoord hy hom: Jou gebede en jou aalmoese het voor God in gedagtenis gekom.
Stuur dan nou manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word. Hy is tuis by ’n sekere Simon, ’n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal jou sê wat jy moet doen.
- AS GELOWIGES KAN EN MOET ONS MET INSIG LEEF.
LEEF JY MET INSIG? – GEDAGTES VIR OORDENKING:
- Hoe lees jy die Bybel?
- Hoe beplan jy jou finansies?
- Hoe bestuur jy jou huishouding?
- Hoe bestuur jy verhoudinge?
- Hoe hanteer jy situasies met jou vrou en kinders?
- Hoe hanteer jy komplekse situasies?
- Hoe beplan jy vooruit?
- Hoe leef jy jou bediening uit?
- Hoe lees jy Koerant?
- Hou jy soms jou INSIG vir jouself?
TEN SLOTTE
ONS HEMELSE VADER BELOOF SY VOLLE ONDERSTEUNING AAN DIEGENE WAT BEREID IS OM HOM TE SOEK VIR INSIG.