Huweliksbevestigings
Omdat God die huwelik self ingestel het, beskou LCF die huwelik in ‘n baie ernstige lig. Ons wil graag alles in ons vermoë doen om jou te help om ‘n lewenslange en wedersyds verrykende verhouding met jou lewensmaat te verseker wat aan die Bybel se voorskrifte voldoen en voortdurend aan God die eer bring.
Vereistes om by LCF in die huwelik verbind te word is as volg:
- LCF vennootskap
- Bywoning van die LCF Huwelikskursus
- Ten minste twee voorbereiding sessies met die Pastoor wat die seremonie sal behartig.
Kindertoewyding
Hierdie is ‘n geleentheid waar ouers kies om hulleself en hulle kinders voor die gemeente aan die Here toe te wy en te seën, omdat hulle ‘n begeerte het om hul kind in die weë van die Here groot te maak. Kontak die kerkkantoor vir inligting.
Grootdoop
Om die rede vir grootdoop te verstaan, moet ons kyk na wat die Bybel daaroor sê. Eerstens is Jesus self gedoop. Nie omdat hy n sondaar was nie, maar omdat Hy die voorbeeld vir ons kom stel het om na te volg. Dit was ook terwyl Jesus in die doop water van die Jordaanrivier gestaan het dat die Heilige Gees in die vorm van n duif om Hom kom rus het. Dit is wat ons lees in Hand 2:38 – “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” Verder glo ons dat dit n stap van gehoorsaamheid is aan Jesus as ons kyk wat Hy sê in Mat 28:19-20 om dissipels te maak, dissipels te doop en dissipels te leer. Deur die doop maak ons n publieke verklaring dat ons aan Jesus Christus behoort en dat ons n nuwe skepsel is. Dit is presies wat Rom 6:3-5 vir ons vertel. Sê ja vir Hom in gehoorsaamheid en gee vir ons die voorreg om jou te doop in 2022.
Rondom die onderwerp van die doop, is die volgende 2 boodskappe al bedien by LCF wat duidelikheid gee hoekom ons hierdie sakrament so bedien:
Doping met die Heilige Gees
… Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. – (Lukas 3:16)
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. – (Handelinge 1:8)
Die krag om ‘n getuie te wees vir Jesus kom nie van onsself af nie, maar vanaf die Heilige Gees. Johannes die doper het dit vir ons duidelik gemaak dat Jesus die doper met die Heilige Gees is. Heilige Gees kom woon in ons wanneer ons tot geloof in Jesus kom, wanneer ons wedergeboorte plaasvind. Maar net soos die reeds bekeerde dissipels op Pinkster dag met die Heilige Gees gevul is en daarna kragtige getuies van die evangelie van Jesus geword het, is dit vir ons ook nodig om dieselfde invulling / doping van die Heilige Gees te ondergaan om kragtiger getuies te wees in hierdie wêreld.
Vertrou die Here en begeer om met die Heilige Gees gedoop te word.
As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? – (Lukas 11:13)
Rondom die onderwerp van die doop met die Heilige Gees, het ons al by LCF die volgende 2 boodskappe bedien. Vir meer inligting, luister gerus na: