Preek / boodskap oor: Identiteit (Deel 1) – Wie is God?

Die volgende 2 Sondae se boodskap het sy oorsprong in iets wat ek gelees het wat diep getref het.

“We cannot understand ourselves as a cherished bride until we know what our husband is like. If we perceive God to be angry and disappointed, how can we enter into our true identity?”

Ons wat nie ons identiteit vind nie, omdat ons begrip van Abba Vader verkeerd is.

  • Deel 1 vanoggend gaan oor Wie is Hy? (Dalk eerder Hoe is Hy? Vertel my van Hom, hoe is Hy?)
  • Volgende week gaan ons voort met deel 2: Wie is ek?

En soos die aanhaling noem:

  1. Ons het hierdie jaar begin met die oproep vir ons, die Bruid van Jesus, om volgens 2 Kronieke 7:14 ons te verootmoedig, te draai van ons verkeerde weë, te bid en Sy aangesig te soek.
  2. Die beeld wat in ons hart leef oor ons Bruidegom, speel ‘n enorme rol in ons verhouding as Sy bruid met Hom.

In die boodskap oor: “Soek Sy aangesig“…

  • Het ek genoem dat die Here Sy aangesig na ons toe wil draai, maar ons gee ons aangesig hoofsaaklik vir ander dinge.
  • ‘n Vraag vir jou vanoggend: As Vader Sy aangesig na jou kant toe draai wat dink jy gaan in Vader se hart en emosies aan? Wat is die uitdrukking op Sy gesig?

Is Hy:

  • Kwaad of teleurgesteld?
  • Liefdevol en opgewonde?
  • Hoe beleef jy Hom? (sela) Hoe beleef jy Hom?

As ons gesels oor verootmoedig, draai na Hom, bid en soek Sy aangesig… –> Watter invloed het hierdie diep binne hart beeld oor Die HERE in die realisering van hierdie aksies in my lewe?

  • My stem moedig jou aan: ‘Wees intiem met Hom’.
  • Jou begrip is: ‘Hy is teleurgesteld in my. Hy is kwaad vir my’.
  • Terwyl pappa kwaad is wil nie een van my 2 kinders met my tyd spandeer nie.

Kom ons kyk vanoggend of die Bybel ons kan help om te ontdek Wie / Hoe Hy is?

Die kruisiging – 3 ure duisternis

Die gebeure op die dag van Jesus se kruisdood speel ‘n groot rol om ons te help verstaan hoe die Vader na my en jou kyk vandag.

Mat 27:45-6 en 50 – En van die sesde uur af het daar duisternis gekom oor die hele aarde tot en met die negende uur toe; en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtani? Dit is: My God, My God, waarom het U my verlaat?

Daarop het Jesus weer met ‘n groot stem geroep en die gees gegee.

Die sesde uur: 12 uur die dag –> die negende uur: 3 uur die middag.

  • Vir 3 ure op daardie kruisigingsdag, het daar ‘n bonatuurlike duisternis op die aarde gekom.
  • Was dit ‘n sonsverduistering?
    • Eerstens: Volgens Wikipedia, duur ‘n totale sonsverduistering nie langer a 7 min 32 sekondes nie.
    • Tweedens: sonsverduistering gebeur tydens ‘n nuwe maan (die maan beweeg tussen die son en die aarde in, so die verligte kant van die maan is aan die son kant en die skaduwee kant is aan die aarde kant).
    • Paasfees in Israel word bepaal volgens maan siklus en is altyd op ‘n volmaan, dus ‘n totaal ander belyning van aarde, son en maan.
    • So hierdie 3 ure duisternis was nie weens ‘n sonsverduistering nie. So wat het hier gebeur?
  • Aan die kruis het Jesus (ons Hoë Priester) die sondebok geword.
    • Hy was op daardie oomblik die verpersoonliking van sonde –> en dit manifesteer in duisternis.
    • Die sonde van die mensdom het op Hom gekom in daardie oomblik.
    • ‘n Geestelike duisternis manifestasie wat ‘n impak op die skepping gehad het.
    • En toe Hy sonde word, het die Vader Sy aangesig weg gedraai en ons weet dit uit Jesus se woorde: My God, waarom het U my verlaat.
    • Na 3 ure se duisternis waar die gewig en vloek van sonde op Jesus geplaas is en Hy die straf daarvan dra, blaas Hy Sy laaste asem uit.
  • Jesus het ‘n straf gedra sodat die wat in Hom is nie dit hoef te dra nie
    • Maar as ek wandel met die gedagte dat God vir my kwaad is, voel ek dus dat ek hierdie straf nog self moet dra.
    • Want dit wat Jesus gedoen het, was nie genoeg nie.
    • Die vraag: Is die Vader nog kwaad vir my of is sy woede geblus?

Gelykenis van die verlore seun (Luk 15:11-32)

Hierdie is seker een van die mees beduidende gedeeltes in die Nuwe Testament rakende die onderwerp: “Wie is die Vader / Hoe is die Vader met ons”!

  • ‘n Seun wat in die Vader se huis is maak ‘n keuse om sy Vader se huis te verlaat agter die dinge van die wêreld aan.
  • Satan vernietig hom amper en in sy donkerste uur, onthou hy sy Vader en kies om terug te gaan.
    • Jy sê dalk vanoggend: Die Vader is teleurgesteld in my, kwaad vir my. –> Die Woord vertel ons iets anders…
    • Die Woord vertel vir my van ‘n Vader wat die pad dopgehou het, sy seun gesien aankom het en na hom toe gehardloop het. Vader het Sy seun omhels en gesoen.
    • Dit is die Vader. (Selah) –> kom ons staan bietjie stil by die gedagte vanoggend
    • Elke woord wat Jesus kom spreek het is geweldig gewigtig en hierdie het Hy vertel om ons te help om ons verkeerde konsepte van Abba Vader af te breek.
  • MAAR ons wil terugkom en sê: maak my soos een van U slawe.
  • TERWYL: Hy gee ‘n kleed, skoene en sy ring en sê: Kom ons vier fees, my kind is terug.

Leuens, leuens, leuens in jou kop en hart hou jou weg van jou Abba Vader af. Hy wag met verlange na jou.

Versoening / Propitiation

1 Joh 2:1-2 – My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus die Regverdige. En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.

  • Moenie sondig nie, maar as jy gesondig het, gaan lê in ‘n gat en voel sleg en dra die gewig van jou sonde vir 6 maande en hopelik daarna het jy genoeg straf ervaar, kom dan terug na jou Vader toe.
  • Is dit wat hier staan?

1 Joh 2:1-2 (NKJV) – My little children, these things I write to you so that you may not sin. And if anyone sins, we have an Advocate with the Father, Jesus Christ the righteous. And He Himself is the propitiation for our sins, and not for ours only, but also for the whole world.

Die kern gedagte van die vers sê nie dat dit OK is om aan te hou in ‘n lewe van herhalende sonde omdat die Vader OK is daarmee nie. Herhalende sonde is dit wat jou laat ervaar Vader is kwaad.

  • Die verlore seun: “Ek het gesondig teen die hemel en teen Pa”

MAAR – as jy waak teen sonde, maar sonde gebeur:  (belangrike woord)

  1. Propitiation

Die een waarop ek wil klem lê is “propitiation” –> “atoning sacrifice” –> versoening.

  • “to propitiate” means to appease an offended person.
  • Propitiation is when an offensive or upsetting matter is dealt with in a way that satisfies the offended person.
  • The goal of propitiation is to restore the relationship broken by the offense.
  • “Propitiation” is die verwydering / blus van Vader se woede oor die sonde van die mensdom.
  • “Propitiation” verwys terug na wat in die 3 ure duisternis gebeur het by Golgota.

Sonde gaan altyd afstand bring, maar ons Hemelse Vader hou die pad dop om te sien of ons terugkom.

  • Die Vader is teleurgesteld in skeiding, nie in my nie.
  • Ons wil terugkom onder die voorwaardes: “Pynig my nog so bietjie”.
  • Terwyl ware berou, ware vergifnis teweegbring.
  • VERSTAAN: Hy is nie soos ek en jy nie. Ons opereer dalk nog onder manipulasie deur iemand so bietjie sleg te laat voel, maar nie Hy nie.

Is die Vader kwaad vir jou? Of veroordeel jy jouself?

  • As jy nie diep in jou hart verstaan wie en hoe Abba Vader is nie, gaan dit ‘n intieme verhouding verhoed.
  • Verootmoedig, draai, bid, soek Sy aangesig.

Ek sluit af:

” God’s being can shape you more than any purity plan can” – seeking and finding His face has a stronger purity impact than any purity plan.