By LCF praat ons nie van kerklidmaatskap nie, ons glo in die beginsel van
VENNOOTSKAP.
Om ‘n vennoot te word, vra ons individue of gesinne om in te skakel deur gereeld ons Sondag-dienste by te woon, betrokke te raak by ons programme en verhoudings met die mense van LCF te bou.
1. KUNECT
Kunect strek oor ses opeenvolgende Woensdae en daar kry julle ‘n bekendstelling van LCF en enige vrae wat julle het word beantwoord. Daar word gekyk na die belangrike elemente waarin LCF glo soos byvoorbeeld:
- Redding
- Die Heilige Gees
- Doop
- Gesond bly in die Woord
- Leierskap
- Finansies (tiendes)
- Strategieë rondom ons Visie
2. VENNOTE-VOORSTELLING
Nadat jy Kunect en Dissipelskap voltooi het, nooi ons jou om ’n formele verbintenis te maak om jou vennootskap te bevestig. LCF eer jou dan deur jou op ’n Sondag oggend aan die gemeenskap van gelowiges voor te stel.
3. WEES DEEL
Jou verantwoordelikheid teenoor LCF:
Bly ingeskakel en woon ons programme (dienste & kursusse – sien ons jaarkalender) by. Skakel in by ‘n span en wees aktief betrokke in jou omgee-groep.
Sodoende kan daar gesonde groei in jou verhoudings met jouself, God, en ander mense wees.