Yom Kippur – die dag van versoening – Hoe Jesus ons Yom Kippur vervulling is
As die son sak vanaand 27 Sep tot die son sak Maandag aand 28 Sep 2020, staan die spesifieke 24-uur bekend as Yom Kippur.
- As jy van Joodse afkoms is – die heiligste dag van die jaar (uit 365 – die heiligste 1).
- The day of atonement – die dag van versoening.
- Die een dag van die jaar wat die Hoofpriester die allerheiligste deel van die tempel kon ingaan, in God se heilige teenwoordigheid, om versoening te maak vir sy eie sonde en die sonde van die hele volk.
Kom ons lees hieroor: Levitikus 16:1-17 en 20-22 en 29, 34 (NLV)
- Die hoofstuk begin deur melding te maak van n voorval 6 hoofstukke tevore waar Aaron se 2 seuns (wat priesters was, maar nie die hoë priester nie) Nadab en Abihu gedink het dat hulle in die tabernakel kon maak soos hulle wil en hulle het met hul lewe betaal daarvoor.
- Moses herinner vir Aaron in Lev 10:3 – “Die Here het gesê: Wie n offer vir My bring, moet besef dat Ek heilig is; sy ontsag vir My moet vir die hele volk duidelik wees.”
- a.w – Aaron om My te nader met eerbied en respek vir My Heiligheid is krities wanneer jy diens wil doen in die allerheiligste en in Lev 16 dra Moses die stappe oor aan Aaron wat gedoen moet word op die dag van versoening.
- Aaron, jy kan nie net wanneer jy wil die Allerheiligste plek betreë nie.
Wat moes Aaron as Hoë Priester doen? (kom ons herhaal…) – Wolk van teenwoordigheid!
- Hy moes homself en sy klere deeglik was om skoon te wees.
- Hy moes seker maak dat hy die regte klere aanhet.
- Kry vir jouself en die priesterlike huis n jong bul en n ram.
- Laat die volk vir hulle 2 bokramme en 1 skaap ram bring na jou toe.
- 1 bokram word vir die Here ge-offer.
- 1 bokram word die sondebok.
- Eerste offer jy die bul vir jou en die priesterlike huis.
- Neem n vuurpan met kole en gooi wierook oor die kole om die geur daarvan vry te stel.
- Neem die bul se bloed.
- Met die reukoffer en bloed, kan hy die voorhangsel wegskuif en in die Allerheiligste ingaan.
- Die rook van die reukoffer moet oor die versoendeksel opstyg.
- 7 keer moet hy die bul se bloed op die versoendeksel sprinkel – die bloed bewerk versoening
- Nou is Aaron en die ander priesters gereinig en sal Aaron nie sterf nie.
- Nou vir die volk
- Aaron beweeg uit die Allerheiligste om die volk se 2 bokke uit te sorteer.
- Die bloed van die 1 bok word agter die gordyn ingeneem en op die versoendeksel besprinkel om die tabernakel te reinig.
- Daarna sit Aaron albei sy hande op die kop van die sondebok terwyl hy die opstandigheid en sonde van die volk belei.
- Die bok word die sonde van die volk en word na buite in die wildernis ingelei om nie weer terug te kom nie.
- Die bok verdwyn met die sonde van die volk.
Terwyl hierdie gebeur is die volk Israel besig om te rus en te vas.
- Niks eet en niks drink.
- Hoekom voel ek so honger en dors vandag?
- Ek is in verootmoediging voor die Here met my hart terwyl die priester besig is om vir my sonde n offer te bring en die bloed van daardie offer op die versoendeksel te sprinkel.
- Op daardie dag het God n menigte sonde vergewe.
- Vir hulle die verskil tussen ewige lewe en ewige dood.
- En daarom is dit vandag nog vir die Jode die heiligste dag van hulle hele jaar.
- Vanaand as die son sak – die 24 uur wat volg.
Dankie vir die geskiedenis les Friedel – maar ons offer nie meer nie.
Ons beweeg nou nader aan die kern van die boodskap.
- Erens het jy as gelowige al gelees dat ons Here Jesus ook ons Hoë Priester is.
- Meeste van die verwysings hiervan kom in die boek Hebreërs voor.
- Die skrywer van Hebreërs skryf aan Jode wat Christene geword het en daarom het hierdie boek so baie verwysings na Jesus as Hoë Priester.
- Die Jode verstaan die konsep van Hoë Priester en hierdie brief is aan Joodse Christene om onder andere hierdie waarheid aan hulle te laat insink.
- Hoekom is ons Here Jesus ook ons Hoë Priester?
Ek moes n deeglike prentjie vir jou skets van Lev 16 sodat jy die betekenis van Heb 9 beter kan verstaan.
Kom on lees Heb 9:6-15 (NLV)
- Heb 9 vertel vir ons dat Lev 16 se rituele nie by magte was om ‘die een wat dit doen volkome n skoon gewete te gee nie’ want dit moes jaar na jaar gedoen word – dier se bloed nie ewige versoen
- Tot Jesus Christus ons Hoë Priester op die toneel kom.
- Heb 9:11-12 – Maar nou het Christus as Hoofpriester gekom om al God se weldade te bedien. Hy het daardie groot, volmaakte heiligdom in die hemel binnegegaan wat nie die handewerk van mense is nie, en dus nie deel uitmaak van hierdie skepping nie. Eens en vir altyd het Hy met bloed in die Allerheiligste ingegaan, maar nie met die bloed van kalwers nie, nee, Hy het met Sy eie bloed daar ingegaan en vir ons n ewige verlossing bewerk.
- Toe Jesus sterf, toe skeur die voorhangsel in die tempel van bo na onder.
- Vir ons n teken dat die allerheiligste toeganklik is vir ons, en nie meer net 1 keer per jaar nie.
- Soms visualiseer ons as gelowiges hierdie in ons geestesoog, dat ek agter die voorhangsel in die tempel se allerheiligste kan gaan besoek aflê.
MAAR DIS EINTLIK VEEL MEER ASEMROWEND!!
- Die Bybel vertel nie baie vir ons wat in die 3 dae gebeur het wat Jesus se liggaam in die graf was nie.
- Die allerheiligste se voorhangsel skeur om vir ons n visuele voorbeeld te gee wat gebeur het.
- Maar wat ons nie gesien het nie is die volgende:
- Jesus Christus as Hoë Priester stap die allerheiligste in.
- Heb 9:11-12 sê vir ons – nie in die aardse allerheiligste van die aardse tempel in nie.
- Hy sterf en betreë die troonkamer van God die Vader, in God se Heilige teenwoordigheid staan ons ewige Hoë Priester met bloed.
- Nie met die bloed van bulle, bokke of skape nie.
- Hy staan in die hemelse allerheiligste met Sy eie bloed en Hy doen n ewige versoening.
- En soos die sondebok die sonde word en in die wildernis instap om nie weer terug te kom nie, verwyder ons Hoë Priester ons sonde soos oos van wes van mekaar. Die offer van Sy eie bloed. – JESUS IS ONS HOË PRIESTER EN SONDEBOK (tema nie die hoe P en die sondebok)
- Jesus Christus het die sondebok geword aan die kruis – die oomblik toe dit gebeur het 3 ure duisternis oor die aarde gekom.
- Verder: VANDAG is Hy permanent in die Allerheiligste sit en versoening maak.
- 1 Joh 2:1-2 “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus die Regverdige. En Hy is n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir die van die hele wêreld.”
- Hoekom? – Want Hy is Hoë Priester permanent in die allerheiligste, met sy eie bloed as versoening voor die Vader.
- Daarom is daar iets groter as om in my geestesoog te sien hoe ek agter die voorhangsel in die allerheiligste ingaan want…
- Heb 4:16 – Laat ons met vrymoedigheid na die troon van genade gaan sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
HERE JESUS ons LOOF U!!
Hierdie is n tyd van verootmoediging
Ons hoef nie meer te offer nie. Jesus het vir eens en vir altyd Yom Kippur afgehandel in die hemelse allerheiligste.
Maar ek wil vir jou vra:
- Is jou hart nog by hom.
- In n tyd wat n groot deel van die Joodse nasie kom om hulle te verootmoedig, word ons herinner dat ons Hoë Priester in die allerheiligste staan met Sy bloed.
- Is jou hart nog by Hom?
Wanneer laas was jy op jou knieë met jou aangesig op die grond, jou hart nederig voor Hom om jou toegewydheid aan Hom te bevestig.
- Here, ek is nog hier en ek is nog ernstig.
- Vergewe my oortredinge – Ek wil nie toelaat dat enigiets tussen ons kom nie.
- En as daar iets is, bekeer jou, draai weg.
- Joe Hoë Priester staan met sy eie bloed in die allerheiligste, voor die Vader en bewerkstellig versoening vir jou.