Ekklesia

Die kerk van more is hier vandag …

INSPIRASIE:

Bill Johnson – Ecclesia

Adrian Gore & Barry Swartz – Discovery

Prof Francis Petersen – Visie Dekaan Universiteit van die Vrystaat

WAT IS EKKLESIA?

  1. WORD VERTAAL AS:

KERK – BYMEKAARKOMS – GEMEENTE – GEMEENSKAP VAN GELOWIGES

  • OORSPRONKLIKE GRIEKSE DEFINISIE:
    • Ekklesia: Ek – “vanuit”; klesis – “’n roeping”; Kaleo – “roep”
    • Ekklesia is dus mense wat geroep word vanuit …
    • Oorspronklik was dit ‘n groep landsburgers wat bymekaar kom om die sake van die staat te bespreek
    • Dit het die implikasie van burgers in ‘n ander land (vanuit geroep), wat as ambassadeurs vergader en sake van die beleid van hul oorpsronklike land bespreek ten opsigte van die land waar hul woon
    • Algemene aanvaarde definisie van KERK in Teologiese kringe is
      • “Die Kerk is ‘n Godelikke saamgeroepte (uitgeroepte) gemeenskap van gelowiges”
    • Ekklesia verwys gelyktydig in die grootste na die wêreldwye kerk maar ook in die kleinste na die individuele gemeente en Christen byeenkomste
    • Jesus het dit selfs gebring na die heel kleinste nukleus deur Sy stelling dat waar 2-3 vergader daar is Hy ook teenwoordig (Matt 18:20)
  1. WAT IS DIE DOEL VAN EKKLESIA
  • Om as uitgeroepte ambassadeurs van Vaderland (Hemel- waar God is), ons Vader se wil, plan en beleid hier op aarde te vestig in en deur ons lewens in samewerking met die Heilge Gees wat Vader se wil hier by ons verteenwoordig.

MATT 6:9-13

9 “So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;

10 laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.

11 Gee ons vandag ons daaglikse brood;

12 en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

13 en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

JOH 5:19-20

19 “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

20   Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan.

MATT 18:18-20

18 “Dit verseker Ek julle: Wat julle ook al op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat julle ook al op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.

19 Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry,

  • want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”
  • Om as ambassadeurs (Dissipels) van Vaderland hier op aarde te vergader en te leef

HAND 1:8   

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

  • Dissipels te maak waar jy ook al gaan

MATT 28:19-20

19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en

20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Dit sluit dus in om ver te gaan op sendingreise, op beplande uitreike maar sluit net soveel in om dissipels te maak daar waar jy leef of waar die lewe jou lei.

  1. GEDAGTES OOR DIE KERK VAN POST COVID19
    • IMPORTANCE OF THE NUCLEUS HIGHLIGHTED

Nucleus se belang vergroot aansienlik – vir lank praat ons hieroor, nou moet ons dit leef

VOORBEELD:

  • Discovery Vitality se self-verantwoordelikheid vir oefen
  • Gesinne wat nou saam kerk hou
  • STRETCHED DELIVERY MODELS

Verlengde Aflewerings model

VOORBEELD:

  • Toename van “E-commerce”
  • Groei van getalle van aanlyn opvoeding
  • LCF bereik nou meer mense met ons programme as ooit tevore
    • Manne bediening 100+ inskrywings van regoor die land
    • Vibrant Hearts 150+ inskrywings van regoor land en wêreld
    • LCF Boodskappe gevolg Internasionaal op sosiale platforms
  • ACCENTUATION & ACCELARATION

Beklemtoning en Versnelling van waar ons wil uitkom

VOORBEELD:

  • Ek glo hierdie is op Vader se hart vir alle gelowiges vir die seisoen wat kom
  • Die koningkryk word baie effektief gebou wêreldwyd deur mense wat nou oop is vir ander vorms van bediening
  • Impak op die nasies vergroot
  • LCF bereik nou ander lande met ons programme
  • COLLABORATION

Groter vlak van samewerking wat gebasseer word op vertroue en waardes en nie tasbare komponente nie

VOORBEELD:

  • Werk van die huis af
  • Ouers werk saam in planne rondom opvoeding
  • Bid en omgee van die huis af in groepies soos “prayer hugs” & “care groups”
  • Ons hou nou meer gereelde Ouderling en Pastorale vergaderings as voorheen
  • LESS IS MORE

Doen meer met minder

VOORBEELD:

  • Vergaderings tyd word ge-optimiseer terwyl ek tyd en brandstof spaar
  • Meer tyd rondom ons huise tot voordeel van gesins verhoudings
  • Ekonomiese afplatting maak almal baie kreatief
  • Ons koop minder en doen meer self
  • RE-POSITIONING

Spasies en rolle word herposisioneer

VOORBEELD:

  • Kantore word tuis ingerig
  • Werkspasies en werksrolle word herposisioneer
  • Sosiale media platforms en aanlyn platforms word meer ingespan in instrument vir bediening en besigheid
  • Vergaderings hoef nie meer in persoon te wees nie
  • Bedienings groepe (Gebed, kursusse, omgee hoef nie meer in persoon of in ‘n lokale omgewing te wees nie

TEN SLOTTE

Deur die krag van die Heilige gees kan gelowiges in die kleinste moontlike vorms saamwerk en baie verder reik en baie meer effektief die koningkryk bou.  Ons hoef nie al die goeie van die vorige era weg te gooi nie maar kan dit inkorporeer as fondasie en krag vir die Ekklesia van more wat hier is vandag.

2 PET 1:10

Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het.