Preek / boodskap oor: Ek Wil Nog ‘n Bietjie Bly

Junie maand het amptelik afgeskop – aan die einde van hierdie maand is die jaar halfpad verby.

En ek is steeds by die onderwerp: NOG EEN – want dit is ons 2021 jaartema hier by LCF.

  • Ons het die jaar begin by 2 Kron 7:14 – ” ‘en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees. ‘”
  • Hoe was die eerste 5 maande van die jaar vir jou?
  • Verootmoedig, gebed (en aanbid), Sy aangesig soek, draai van verkeerde weë?
  • Of dalk baie min van die laasgenoemde?

Hoe belangrik is die onderwerp? Belangrik genoeg vir my om daarvan beskuldig te word “Friedel die helfte van die kere wat jy hierdie jaar op n Sondag die Woord bedien het, het jy dieselfde dinge gesê.”

  • In die tyd waarin ons leef gaan mense minder kerk toe – wat ek hoor by meeste gemeente leiers.
  • Is daar ook minder : Verootmoedig, gebed (en aanbid), Sy aangesig soek, draai van verkeerde weë?

Daarom in die lig van ons jaartema NOG EEN –> Ek wil NOG n bietjie bly

(Voorafgaande hoofstukke 19-31 –> Moses op die berg Sinai (instruksies), Hfst 32 – goue kalf)

  • Ex 32:1 – “…maak vir ons n god dat Hy ons kan lei…” –> vergeet die plae, die rooi see (so vinnig?).
  • Dis “tough” in die wildernis en Moses kom nie terug nie…
  • Hoe vinnig vergeet gelowiges vandag?

Moses en Joshua (in die volgende hoofstuk)

Exo 33:9-11 (NLV) – Die oomblik wanneer hy die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgesak. Dit het oor die deur van die tent bly hang terwyl die Here daar met Moses gepraat het. Wanneer die volk die wolkkolom oor die tent se deur sien hang het, het hulle opgestaan en by die ingang van hul tente gekniel om die Here te aanbid. Binne-in die tent het die Here met Moses gepraat soos vriende wat gesels en mekaar in die oë kyk (aangesig tot aangesig sê 53 vertaling). Wanneer Moses daarna weer na die kamp toe teruggekom het, het Joshua die seun van Nun wat hom gehelp het, daar agtergebly. Hy het nie van die tent af wegegaan nie.

Moses (in Ex 33):

  • Verstommende hoofstuk wat vir ons vertel van Moses se verhouding met die Here.
  • Aangesig tot aangesig, soos vriende (vanuit die wolkkolom).
    • Moses is in hierdie opslaanbare tent waarmee hulle kan rond beweeg…
    • Moses praat met God in die wolkkolom, vanuit die wolkkolom praat God terug.
    • In die hfst sien ons Moses se honger uitroep: Kan ek nie maar asb net U aangesig sien nie.
    • Die Here wat Hom antwoord: Ek kan nie die volheid van myself voor jou oë laat verskyn nie Moses. Jy sal omkom in die proses.
    • n Mens sou dink dat hierdie voorvalle vir Moses trots sou maak. Maar tog:
      • Num 12:3 (NLV) – Moses was buitengewoon nederig, meer as enige ander mens op aarde.
      • Die impak van Moses se aangesig tot aangesig met die Here.
    • In hierdie opslaanbare, tent waarmee hulle kon trek, het Moses gereeld gekom om met die Here te ontmoet.
      • Alles wat Moses buite die tent gedoen het was beinvloed deur dit wat binne die tent gebeur het (selfs wie hy was as mens).

Joshua (in Ex 33):

  • In vers 11, so bietjie weggesteek is n vers wat ons iets van Joshua vertel.
  • Dit raak so bietjie weg tussen die diep intense verse van die hoofstuk oor Moses en God, maar tog as jy bietjie dieper hieroor mediteer, is dit n wonderlike vers.
  • ” Wanneer Moses daarna weer na die kamp toe teruggekom het, het Joshua die seun van Nun wat hom gehelp het, daar agtergebly. Hy het nie van die tent af wegegaan nie.”
  • Moses se plek van ontmoeting was nie n baksteen gebou met dik, klankdigte mure nie.
  • Dit was n tent. En Joshua het net buite die tent gesit as Moses se helper (n jong man sê die NKJV)
  • Materiaal / gordyn het Die Here en Moses geskei van Joshua –> Joshua kon alles hoor.
  • Hoe bevoorreg moes Joshua nie gevoel het om Moses se helper te wees nie?
    • Wow Moses, jy is die man van die oomblik en hy het my gekies. Ek volg Moses, jou waar jy gaan. Ek aanbid amper die grond waarop jy loop.
    • Ek is seker dat Joshua geweldige respek vir Moses gehad het.
    • Ek lees wel dat as Moses die tent verlaat het, het Joshua nie soos n skaduwee agter Moses aangehardloop nie, maar by die tent gebly.
  • Dalk het hy gesê: “Is dit ok dat ek later by jou aansluit Moses? Ek wil nog n bietjie bly, net hier
  • “Moses, jy is amazing, maar daar is iets van daardie stem wat uit die wolk met jou praat wat maak dat ek net nie hier kan weggaan nie.”
  • Hier by Hom wil ek nog n bietjie bly.

Ek kan nie help om te wonder wat die invloed was van Joshua se “nog n bietjie bly” by die tent van ontmoeting, in die teenwoordigheid van die Here was om Joshua se beeld van wie God is te vestig in Sy hart toe die 10 spioene n rukkie later n hele volk swaai na ongeloof en net Joshua en Kaleb sê: “Ons kan, want God is met ons”.

  • 2-3 miljoen mense sê: Ons God is klein en ons uitdagings te groot. Ons wil teruggaan Egipte toe.
  • 2 van hulle sê: Ons God is groter as ons uitdagings. Kom ons wat die land wat belowe is.
  • Van 1 van die 2 lees ons: hy wou nog n bietjie bly by die tent van ontmoeting.
  • God se teenwoordigheid was Sy begeerte –> watter rol het dit gespeel op daardie dag toe hy moes kies?
  • Kan die tent van ontmoeting vir my en jou help in die oomblikke wanneer ONS moet kies?

Maria Magdalena

Joh 20:10-11 (Afr53) – En die dissipels het weer huis toe gegaan. MAAR Maria het buitekant die graf gestaan en ween …

  • Jesus se liggaam is weg, die graf is leeg.
  • Maria se hart is gebreek. Die Een wie sy liefhet was dood, nou is Sy liggaam ook gevat.
  • Haar uitroep: “Waar is Hy? Waar het hulle Hom gaan neerlê?”
  • Die ander gaan weg, Maria het dalk vir hulle gesê: “Gaan julle maar. Ek wil nog n bietjie bly
  • En skielik:
    • Sien sy Engele en toe nog meer. Sy hoor en sien haar geliefde Here Jesus nadat Hy haar roep op haar naam: “Maria”.
    • Maria beleef die bonatuurlike teenwoordigheid van die Hemel.
    • Maria se hartseer verander in blydskap. Haar hopeloosheid word vervang met hoop.

Soos met Maria, so ook vir ons: Nog n bietjie bly skep ruimte vir bonatuurlike ontmoetings.

Dawid

Psa 27:8 (NKJV) – When You said: “Seek My face,” my heart said to You, “Your face, LORD, I will seek.”

(TPT) – I heard Your voice in my heart say, “Come, seek My face,” my inner being responded, “Yahweh, I’m seeking Your face with all my heart.”

  • Die stem van die Here fluister tot Dawid se hart: Soek My aangesig.
  • Vers 4: One thing have I desired of the LORD, that will I seek: That I may dwell in the house of the LORD all the days of my life, to behold the beauty of the LORD, and to enquire in His temple.
  • Die EEN begeerte van Dawid se hart: In die plek van ontmoeting wil ek nog n bietjie bly.

Dawid bring die verbondsark terug – verteenwoordiging van die Here se teenwoordigheid. Toe die teenwoordigheid van die Here terugkom, toe verander die situasie in die hele land.

  • Is daar dalk nog Dawids hier vanoggend?

Vandag se tent van ontmoeting

Moses en Joshua se tent van ontmoeting kon afgeslaan word en kon saam hulle trek tot by die volgende plek waar hulle kon kamp opslaan.

  • Die Here het in die wolk kolom saam hulle getrek, en Sy plek gaan in neem om met Moses te ontmoet.
  • Exo 33:7 Elkeen wat na die wil van die Here wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan.
  • Nie net Moses nie maar elkeen.

Die Here woon vandag steeds in beweegbare tente –> Jy en ek.

  • The Lord said to me: Seek My face.
  • My heart responded: Lord, Your face I will seek.

Gaan ons aan die einde van 2021 kom, sterk en hoopvol want terwyl ander weg gaan sê ons: In U teenwoordigheid wil ek nog n bietjie bly.

Ek wonder soms of ons Hemelse Vader wonder:

  • “My kind jy wil eendag my ewige teenwoordigheid hê, maar jy is nie eers nou soekend daarna nie? Hoekom moet Ek eendag my ewige teenwoordigheid vir jou gee as dit nie eers nou jou begeerte is nie?”