Ek Hoor Stemme

Praat van mix – ‘n ander mix wat baie min mense van weet of hoor.

Hierdie mix eintlik meer belangrik as die mix waarna die mense in die gehoor luister.

Dit is die MONITOR MIX. Hierdie is die mix wat elke musiekant in sy oorstuk hoor.

Die gebruik van in ear monitors en Monitor Mix App

Illustrasie van ‘n “MIX” d.m.v Logic Pro

1 Samuel 16

1.Die Here het vir Samuel gesê: “Hoe lank gaan jy nog oor Saul treur nadat Ek hom as koning oor Israel verwerp het? Maak ‘n horing vol olie en gaan na Betlehem toe! Ek stuur jou na Isai toe, want onder sy seuns sien Ek vir My ‘n koning.”

Al die seuns kom verby maar God kies nie een van hulle nie,

En Samuel vra toe of daar nog Seuns is?

Isai antwoord: Ja Dawid.

 

11.Toe sê Samuel vir Isai: “Laat haal hom, want ons eet nie voordat hy hier is nie.” 12.Isai het hom laat haal.

Toe sê die Here: “Staan op, salf hom, want dis hý.”

13Samuel het die horing met olie gevat en hom voor sy broers gesalf.

Die Gees van die Here het van daardie dag af kragtig in Dawid gewerk.

Dawid ontvang sy salwing

Intussen gee God vir Dawid:

– Ervaring (Verlede, Hoogtepunte, Laagtepunte)

– Skill set (Beer, Leeu)

Die doel agter al die bg. is vir meer INVLOED.

17Isai het vir sy seun Dawid gesê: “Vat tog vir jou broers sestien kilogram gebraaide koring en tien brode en bring dit gou vir hulle in die kamp. 18Die tien kase moet jy na die aanvoerder van die afdeling toe vat. Dan moet jy sommer kyk of dit nog goed gaan met jou broers, en ‘n bewys daarvan saambring. 19Saul en jou broers en die hele Israel is in die laagte by die groot boom aan die veg teen die Filistyne.”

 

1 Sam 17:26

Dawid hoor hoe Goliat vir God verkleineer en die hele Joodse weermag verneder.

a.g.v Dawid se:

– Salwing met Heilige Gees

– Sy Ervaring (Verlede, Hoogtepunte, Laagtepunte)

– Sy Skill set(Beer, Leeu)

het Goliat se woorde nie “lekker gesit” met Dawid nie! (‘n VUUR het in sy binneste begin brand)

Dawid het vir die manskappe wat by hom staan, gevra: “Wat sal gebeur met die man wat die skande van Israel wegneem en die Filistyn daar anderkant verslaan? Wie is hierdie heiden, hierdie Filistyn, nogal dat hy die linies van die lewende God verkleineer?”

Eliab spreek vir Dawid aan:

27“Waarom het jy hierheen gekom en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die droëveld afgegee? Ek ken jou vermetelheid en kwaadwilligheid. Het jy net hierheen gekom om na die geveg te kyk?”

Eliab ondersteun nie vir Dawid nie. Hy glo nie in hom nie, maar ondermyn hom.

Laat hom voel hy is Onbevoeg, en nalatig met sy regte roeping.

Laat hom voel hy is Arrogant om te dink hy kan ‘n verskil maak.

Laat hom voel hy is nie gereed nie, hy is nie goed genoeg nie, hy is nie die moeite werd nie.

Hy sê eintlik vir hom: “Jy gaan dit nooit regkry nie”.

Moenie jouself vly deur te dink jy is ‘n soldaat indiens van God nie.

Dawid haal sy MONITOR MIX app uit!

1 Sam 17:29: Is dit dan nie ‘n belangrike saak nie?”

(Die verkleinering van God en die vernedering van Israel)

Dawid begin sy MONITOR MIX app te stel…..

“maybe I dont have what it takes” stel daardie stem sagter.

Stem wat sê: “Eliab is reg….ek het nie die regte opleiding gehad nie”.

“Ek het nie genoeg ervaring nie”. “Ek is seker onbevoeg”.

“Het God my regtig toegerus het met die regte skill set”?

“Hierdie passie binne my gees is eintlik Vals(Fake)”.

Dawid begin stel aan GOD se STEM:

“Jy is onstuitbaar in jou missie om Goliat te verslaan”.

“Jy kan Glo jy is ‘n successfull warrior”.

“MY Gees gee vir jou bonatuurlike vermoëns om oorwinning te behaal”.

My vraag aan jou is:

Wat is jou:

Lewens Ervaring (Verlede, Hoogtepunte, Laagtepunte)

Skill set(Beer, Leeu)

Kan jy die dag onthou toe jy Heilige Gees in nooi – kry jy Salwing met Gees om die “Goliat” in jou lewe te verslaan?

Die vraag is nie of jy invloed het nie, maar hoe jy besluit om jou invloed te gebruik.

MISKIEN lê die geheim in MONITOR MIX app!

Stel die stemme….

Stel sagter die stem van my mislukkings, en harder die stem van my baas se stem.

Sagter, my kollega se stem, harder my Pa se stem.

Harder my mentor se stem, sagter Social Media

God se stem behoort die hardste te wees!

Aanmoediging:

Stel sagter die stemme van hulle wie krities teenoor jou is.

(Wees versigtig – hulle is dikwels die naaste mense wat die liefste vir jou is)

Eliab en die soldate het Goliat se beledigings verdra.

God sê – jy kan nie verwag om in die nuwe dinge wat ek vir jou beplan instap, terwyl jy vir “Goliat” verdra nie.

Ek sal nie buig nie, Ek sal deurbreek deur die grense wat ander se woorde vir my gestel het.

Wees versigtig – daars mense wat lyk soos die regte persoon om na te luister, maar hulle woorde kan potensiëel soos gif vir jou wees.

Waarvoor het God jou gesalf? Vir watter saak het God jou geroep?

Wat is die taak(e) wat God NOU vir jou gegee het om te doen?

Nie net een taak nie(Vader gee ‘n verskeidenheid van take vir sy kinders)

Spreek: JY IS ‘N WARRIOR! Die kerk is in die geveg van sy lewe en die Koninkryk het jou nodig om jou skoene vol te staan.

Bid:

Breek die kettings en die grense van minderwaardigheid.

Vervang die gees van kritiek en ondermyning met die stem van waarheid.