ONS BEGIN BY DIE EINDE:
DIE HEMELVAART VAN JESUS
Lukas 24:50-52
50Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle een, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. 53Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
DIE STORIE VOORAF
Lukas 24:13-36
13Op dieselfde dag was twee van hulle op pad na ‘n dorpie met die naam Emmaus, twaalf kilometer van Jerusalem af.
# Gewone mense
# Gewone dorpie
14Hulle was in gesprek met mekaar oor al hierdie dinge wat gebeur het.
# Ernstige Gesprek oor die lewe. Hulle wêreld is stukkend en deurmekaar.
15Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop,
# Jesus deel graag belangrike tye met met gewone mense
16maar hulle oë is verhinder om Hom te herken. 17Hy vra hulle toe: “Wat is dit wat julle so ernstig met mekaar loop en bespreek?”
Met somber gesigte gaan hulle staan, 18en een van hulle, met die naam Kleopas, antwoord Hom: “Is u dan die enigste vreemdeling in Jerusalem dat u nie weet van die dinge wat in die afgelope dae daar gebeur het nie?”
19Hy vra vir hulle: “Watter dinge?”
# Asof Jesus so bietjie humor inbring
Hulle antwoord Hom: “Die dinge in verband met Jesus van Nasaret, ‘n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk; 20en hoe ons priesterhoofde en die lede van ons Raad Hom oorgelewer het om ter dood veroordeel te word, en Hom gekruisig het. 21Ons het so gehoop dat dit Hy is wat Israel sou verlos. Maar boonop is dit vandag al die derde dag vandat die dinge gebeur het. 22En nou het ‘n paar vroue uit ons kring ons ook nog ontstel. Hulle was vanmôre vroeg by die graf 23en kon sy liggaam nie kry nie. Hulle het kom vertel dat hulle ‘n verskyning gesien het van engele wat gesê het Hy lewe. 24Sommige van ons mense het ook na die graf toe gegaan en dit net so gekry soos die vroue gesê het, maar Hom het hulle nie gesien nie.”
# Moeilike Omstandighede
Toe sê Hy vir hulle: “Wat ‘n gebrek aan begrip en wat ‘n traagheid van gees! Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie? 26Moes die Christus nie hierdie dinge ly om in sy heerlikheid in te gaan nie?”
# Jesus se aanklag is eintlik dat hulle net vaskyk in wat hulle sien en nie perspektief het oor die groter prentjie nie.
# Begrip = perspektief
# Gees = Profetiese insig
27Daarna het Hy by Moses en al die profete begin en al die Skrifuitsprake wat op Hom betrekking het, vir hulle uitgelê.
28Toe hulle by die dorpie aankom waarheen hulle op pad was, het Hy gemaak of Hy verder wou gaan. 29Hulle het egter by Hom aangedring en gesê: “Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is al verby.”
Toe het Hy ingegaan om by hulle oor te bly. 30Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, neem Hy die brood, vra die seën, breek dit en gee dit vir hulle. 31Toe gaan hulle oë oop, en hulle het Hom herken, maar Hy het uit hulle gesig verdwyn.
# Die brood is sy liggaam aan die kruis en hier word alles ewe skielik duidelik
32Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”
# Hulle hoop is herstel
33Hulle het dadelik opgestaan en na Jerusalem toe teruggegaan.
# Deur Jesus se teenwoordigheid, perspektief en saamloop herstel die koers in hul lewens
Daar kry hulle die elf en die ander mense bymekaar, 34en dié sê: “Die Here het regtig opgestaan en Hy het aan Simon verskyn!”
35Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het, en hoe Hy aan hulle bekend geword het toe Hy die brood gebreek het. 36Terwyl hulle nog oor hierdie dinge praat, staan Jesus self meteens daar tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle!”
# Hulle is deel van een van die grootste gebeurtenisse in geskiedenis
DIE HEMELVAART VAN JESUS
50Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. 53Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys.
TEN SLOTTE:
- Jesus kom op verskeie maniere langs ons in as
Persoon
Engel
Oomblik
Geleentheid
- Altyd die aanmoediging om aan te hou loop
Loop net nog bietjie verder … dalk is die deurbraak net om die hoek
# Namakwaland blomme (biljoene sade wat in die droogte lê en wag
vir die regte weersomstandighede om hul glorie te wys.)
- Hulle was so gefokus op dit wat hulle besig is om te verloor, dat hulle nie kon sien dit wat hulle besig was om te wen nie. ‘n nuwe koningkryk in wording. Toegang tot Heilige gees, nuwe manier van leef.
- Jesus het hulle rigting verander
Verward na Emmaus nou afwagtend na Jerusalem en verder ….