Die Pasga tydperk is onlangs verby en ons is in die tyd wat opbou na die dae wat ons Hemelvaart en Pinkster herdenk
- Daarom wil ek vandag met julle die onderwerp van tydlyne deel en die belangrikheid daarvan.
2 Tim 3:16 (NLV) – Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek.
- Paulus skryf hierdie brief aan Timoteus nie met sy klein Gideons Bybeltjie in sy sak wat bestaan uit die Nuwe Testament en Psalms nie.
- Paulus verwys hier meer na OT en nie die NT nie –> NT soos ons dit ken is besig om plaas te vind en die einste brief wat hy skryf sou later ingesluit word in die NT.
- Daar was geen formele NT geskrifte nie toe Paulus geboorte gee aan hierdie brief nie.
- Paulus en die Dissipels het met die OT as skrif verwysing geleef en verstaan hoe die Vader deur Sy Seun en Sy Gees die OT beloftes kom vervul het en selfs die OT tydlyne behou het, maar nou met ‘n nuwe verwysing: Jesus Christus – Die Messias en nog meer…
- Ons is BAIE bevoorreg om vandag die OT en NT as verwysing te hê, maar vir die wat glo dat die NT al is wat ons nodig het om te lees, wil ek Paulus se woorde aan Timoteus herhaal: “Die hele skrif is deur God geïnspireer en nuttig om ons te onderrig…”
Die skrywers van die Bybel
Meeste indien nie elke skrywer van die Bybel het gesit met die 1e 5 boeke van die OT as verwysing en afhangend van die era waarin hulle geleef het, mag ekstra geskrifte behoue gebly het en ook belangrik geword het.
Een van die dinge wat dit soms moeilik maak vir ons moderne mens om die Bybel te verstaan is dat die skrywers daarvan:
- Met ander tydlyne gewerk het.
- Met ‘n ander kalender gewerk het.
Hulle maande en seisoene was anders as ons s’n.
Hulle dae het nie eers op dieselfde tyd begin as ons s’n nie (wanneer die son sak).
Reg deur tot en met Openbaring het Johannes ander vakansie dae (rusdae / Sabbat dae) as ons gehad.
- En daarom, as ons vandag net die Nuwe Testament lees en nie die ook Ou Testament nie, ons mag sukkel om sekere dinge te verstaan.
- Net so ook as ons nie ‘n goeie begrip het vir die tydlyne en Sabatte wat die skrywers gevolg het nie.
- (Ek sal nie sê ek is ‘n spesialis hiermee nie, maar hoe meer ek verstaan en leer, hoe duideliker raak van die gebeure van die Bybel ook vir my)
Moet nie bekommerd raak nie
Ek glo meeste van julle het al genoeg na my geluister om op te tel dat die hoof boodskap van my ganse lewe sal wees:
- Om die Vader, Seun en Heilige Gees lief te kry met jou hele wese.
- Om te wandel in en met die krag wat bedoel is deur Heilige Gees wat vir ons gegee is.
Alles nuwe verbond boodskap – ‘n boodskap soos die is om mense te help om die grootheid van God te besef deur te sien hoe die OT en NT tydlyne oor mekaar pas en hoe Jesus en Heilige Gees daarin pas.
Levitikus 23 – ‘n Hoofstuk oor GOD se feeste
(weens tyd kan ek nie die hele hoofstuk lees nie – maar gaan jy gerus na daardie hoofstuk)
Tydlyne en rusdae van feitlik elke skrywer van die Bybel, van die eerste tot die laaste boek.
- NB: Op ‘n paar plekke noem die Here dat dit ‘n ewige instelling vir hulle moet wees.
Daar is 7 en ek wil op slegs 3 fokus vandag – agv die tydperk in die jaar waar ons nou in is.
- Weeklikse Sabbat – ‘n weeklikse rusdag
- Ons vergeestelik dit en rus nie.
- Ons lewens val uit mekaar uit en ons “burnout”
- Ons gesinne val uitmekaar uit want ons draai nie na mekaar toe nie.
- Ons verhouding met die Here is nie wat dit moet wees nie, want ons is te besig…
- Omdat ons ‘n weeklikse Sabbat / rusdag nie ernstig genoeg opneem nie.
- Pasga gevolg deur die fees van ongesuurde brode (7 dae lank)
- Dag 1 van die fees is ‘n Sabbat dag (rusdag) – die dag na “Passover”
- Die fees van die eerste vrug
- Skop af die dag na die Sabbat van die fees van ongesuurde brode – 2 dae na “Passover”.
- Die begin van die lente oes tydperk waarin hulle die eerste vrug opbrengs vir God gee.
- Die fees van weke
- Van die dag na die Sabbat (eerste dag van die fees van ongesuurde brode), die dag wat volg op die dag van Pasga – tel hulle 7 volle weke – en dan die dag daarna – die 50e dag is weer n rusdag (Sabbat).
- Hierdie is ‘n dag waarop hulle die eerste vrug van hulle somer oes vir die Here bring.
- Pluk die koring van die land af en maak 2 brode (onder andere deel van die offer)
(op die volgende 3 gaan ek nie vandag fokus nie)
- Die fees van trompette – die eerste dag van hul 7e maand –> ‘n Rusdag (Sabbat)
- Die dag van versoening – die 10 dag van hul 7e maand –> ‘n Rusdag (Sabbat)
- Die fees van Tabernakels – 1e en 8e dag van die fees is ‘n Rusdag (Sabbat)
(As ons dalk later in die jaar en weer volgende jaar op grond van God se tydlyne mekaar herinner…)
Hoe het Abba Vader die nuwe verbond storie oor die ou een kom skryf?
In hierdie boodskap van vandag wil ek kortliks by 3 van die boonste 7 fees tydlyne stilstaan omdat ons tans in hierdie tydperk is:
- Pasga en fees van ongesuurde brode
- Fees van die eerste vrug – van die lente oes
- Fees van weke en Pinkster – van die somer oes
Pasga en fees van ongesuurde brode
Rakende Pasga hoef ek nie lang tyd te spandeer oor hoe die Seun van God die Lam van God geword het nie. Hoe bloed aan die deurkosyne die eersgeborenes van Israel gered het en hoe die bloed van die eniggebore Seun van God vir my en jou van ‘n ewige dood kom red nie.
- God het Sy seun oor die Pasga verhaal van die OT kom skryf.
- Op dieselfde dag as die OT herdenking van die dag van verlossing uit Egipte!!
Die eerste dag van die fees van ongesuurde brode is ‘n Sabbat dag volgens Lev 23.
- Die tydlyne van Jesus se kruisiging word baie beter verstaan as ons verstaan dat daar 2 Sabbat dae in die week van Jesus se kruisiging was nl:
- Die Sabbat van dag 1 van die fees van ongesuurde brode (volg altyd die dag van Pasga).
- Asook die weeklikse Sabbat.
En om die misterie van hierdie tydlyn te verstaan, help ons om die raaisel van 3 dae en 3 nagte wat Jesus in die graf (in die hart van die aarde) sou wees te verklaar (Mat 12:40).
- Want daar is nie 3 dae en 3 nagte tussen Vrydag en Sondag nie.
- En die haas van Jesus van die kruis af kry was die Sabbat wat gevolg het na Pasga en nie weeklikse Sabbat nie. (Lees NKJV van Joh 19:31 – verwysing na “High Sabbath”)
- Vir die skrywers van die Evangelie was hierdie algemene kennis agv die kalender waaronder hul geleef het.
As ons net die NT lees en verstaan, sal ons nie die 3 dae en nagte dilemma kan verklaar nie.
- Die hele skrif is deur God geïnspireer en nuttig om ons te onderrig…
(die tydlyn van die fees van ongesuurde brode)
1 Kor 5:7-8 maak Paulus die konneksie tussen die suurdeeg van sonde en boosheid en die suurdeeg van die fees van ongesuurde brode.
- Net soos Israel suurdeeg moes verwyder uit hul huise en dit volg op Pasga is dit vir ons as gelowiges na die kruis belangrik om gehoor te gee wanneer Heilige Gees ons oortuig om van sonde ontslae te raak.
- Paulus sê: kom ons hou die fees…
Eerste vrug – lente oes
- Dag van Pasga –> Sabbat van Dag 1 van ongesuurde brode –> Eerste vrug offer
- 1 Kor 15:20-23 Jesus Christus is die eerste vrug van die wat uit die dood sal opstaan. Later met sy wederkoms sal almal wat in Christus gesterf het ook uit die dood opstaan…
- Jesus is die eerste vrug van die oes tydperk van siele wat uit die dood uit opgestaan het. Ons is steeds in die oes tydperk van siele.
- Die Vader kom skryf Sy seun se opstanding oor die OT tydlyn vir ons vandag.
Eerste vrug op Pinkster – somer oes.
- Lente oes = 7 v 7 weke = 49 dae
- Op die 50e dag na die Sabbat van die fees van ongesuurde brode is daar weer ‘n eerste vrug offer van die somer oes.
- Dis steeds NOU oestydperk in Israel / Dis nou oestyd van siele –> Tot die laaste trompet blaas…
- Op Pinkster dag word 120 siele in die bovertrek die eerste vrug van die wat bekragtig word deur die Heilige Gees om in die era van die oes, die siele oes te kan inbring.
- Hand 1:8 – Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom en julle sal My getuies wees.
Is ons besig hiermee? Watter rol speel Heilige Gees in jou lewe? Daar is meer!! Begeer die meer!!
* Daar is waarde om jaarliks binne die raamwerk van God se tydlyne, stil te raak in die denke hoe die gebeure van die NT die vervulling geword het van die OT tydlyne en hoe dit my lewe raak.
- Ook ‘n ewige instelling vir ons.