Die leierskap dilemma
EKSODUS 18:13-18 (NLV) ‘Die volgende dag moes Moses weer as regter vir die volk optree. Hulle het van vroegoggend tot laataand by Moses se tent tougestaan. Toe Moses se skoonpa sien hoe Moses met die volk werk, vra hy vir hom: “Hoekom doen jy alles self? Die mense staan die ganse dag vir jou en wag!” Moses het sy skoonpa geantwoord: “Die volk kom na my toe om te hoor wat die Here sê. As daar ’n geskil is tussen twee partye, gee ek uitspraak. Ek sê vir die volk wat God besluit het en wat God wil hê.” Sy skoonpa sê toe vir Moses: “Jy hanteer die saak nie reg nie. Jy en die volk sal die pas nie kan volhou nie. Dit is te veel vir jou. Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie. ‘
- Moses se benadering: Die Here het my geroep en aangestel om die volk te lei. Daarom moet ek elke saak aanhoor en antwoorde verskaf. Niemand sal dit so goed kan doen soos ek nie.
- Hy was immers die ou wat die brandende bos ervaring gehad het.
- Hy was die ou wat voor Faro moes staan.
- Moses was deur God gekies. God het vir Hom ‘n opdrag gegee.
- Maar aangaande die praktiese dinge wat moes afspeel, het uitdagings ontstaan.
- Moses het gedink hy moet pa staan en verduidelikings gee vir elke probleem van die 3 miljoen Israeliete.
Die probleem van Moses se self: (1. skade aan homself en sy familie. 2. Benadeel die volk. 3. Ontneem ander van geleenthede om ‘n bydrae te maak)
Die oplossing – advies van Moses se skoonpa
EKSODUS 18:21-23 (NLV) ‘Maar jy moet ook uit die volk bekwame en eerlike manne kry wat vir die Here wil werk en nie omkoopgeld sal aanvaar nie. Jy moet hulle aanstel om regters te wees oor groepe van onderskeidelik 1 000, 100, 50 en tien mense. Hulle moet dan as regters optree in die alledaagse sake. Vir groter sake moet hulle na jou toe kom. Die gewone sake kan hulle self hanteer. Hulle sal die las van jou skouers afhaal en dit saam met jou dra. As jy so maak en God jou lei om dit so te doen, sal jy die vrag kan dra en almal sal tevrede wees.” ‘
- Moses, kies jy mense met ‘n goeie reputasie wat jy kan vertrou en gee vir hulle verantwoordelikheid.
- Wat ons hieruit leer: God se roeping en gehoorsaamheid daaraan kan gewigtig wees, maar as meer mense inkoop tot die visie en verantwoordelikhede kry, dan raak nie las ligter en die uitvoering van die visie meer effektief.
- Die krag van span.
Die Here Jesus en Span
Mar 3:14-15 (Afr53) “En Hy het 12 aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek en mag te hê om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.”
- Jesus nooi hulle met die woorde “Volg My” en vir 3 jaar leer hierdie manne by Jesus.
- Jesus kies ‘n span en gee vir hulle die mandaat om die wêreld te bereik met die evangelie.
- Hy het nie net 1 persoon gekies nie.
- Daar was baie volgelinge, maar Jesus het n intiemer pad met 12 gestap.
- Hulle word gevul met Heilige Gees en ek en jy is vandag hier oor iets wat God begin het deur daardie span.
Span in die Handelinge kerk
Hand 6:1-6 (Afr53) ‘EN in dié dae toe die dissipels vermeerder het, het daar ‘n murmurering ontstaan van die Griekssprekende Jode teen die Hebreërs, omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien is. En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord. En die woord het byval gevind by die hele menigte; en hulle het gekies: Stéfanus, ‘n man vol van geloof en van die Heilige Gees, en Filippus en Próchorus en Nikánor en Timon en Pármenas en Nikoláüs, ‘n Jodegenoot uit Antiochíë, wat hulle voor die apostels gestel het; en hulle het gebid en hulle die hande opgelê. ‘
- ‘n Probleem ontstaan in die gemeente en die Apostels het die wysheid om ‘n leierskap besluit te maak dat hulle nie alles kan doen nie, want hulle geestelike leierskap sal daar onder lei (gebed en bediening van die woord).
- Om die praktiese probleem op te los, kies hulle ander leiers – mense met ‘n goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid.
- Die krag van span.
Waarvoor lewe jy?
Waarop spandeer jy jou energie?
Joh 6:27 (NLT) – But don’t be so concerned about perishable things like food. Spend your energy seeking the eternal life that the Son of Man can give you. For God the Father has given me the seal of His approval.
Die Here Jesus plaas vergaanbare dinge teenoor die ewige lewe en Hy sê vir ons dat die dinge wat vergaan is nie so belangrik nie.
- Spandeer eerder jou energie om die ewige lewe te soek wat Jesus vir ons kan gee.
- Jy mag dalk vir my sê: Friedel, ek hoef nie te werk vir my redding nie.
- Jy is heeltemal reg. Redding is ‘n gratis geskenk agv. jou geloof / vertroue in die voltooide werk van die Messias aan die kruis.
- Hierdie skrif gaan nie oor om te werk vir die ewige lewe nie.
- Maar die roeping wat saam met redding kom, vereis energie.
- Jesus vra: Lewe jy net vir aarde, of lewe jy vir aarde en hemel? Aarde en Hemel is op ‘n skaal en Hemel weeg swaarder.
- Spandeer jy energie om die roeping uit te leef wat pas by bekering en wedergeboorte?
- Daar is geleenthede binne die kerk, en buite die kerk. Gryp jy dit aan?
LCF en spanne
Ons wil met jou van die geleenthede deel wat binne die kerk bestaan.
T – Together
E – Everyone
A – Achieves
M – More
- Die krag van span.
Om alles te laat gebeur by LCF is nie net 1 mens se sukses nie. Dis die storie van ‘n TEAM mense wat hulle hand opsteek om ‘n hand, voet, oog, nier te wees in die liggaam, sodat die liggaam van Christus kan funksioneer.
Kyk gerus in die week na ons Youtube kanaal vir die video van ons 8h30 diens waartydens ons span leiers hulself en die span wat hul lei bekend gestel het.
Binne en buite
Soos reeds genoem: Stefanus het na weduwees omgesien. Dis ‘n praktiese taak. Maar ons lees ook:
HANDELINGE 6:8 – ‘EN Stéfanus, vol van geloof en krag, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen. ‘
Hoe kan jy deel raak van ‘n span wat dalk praktiese take verrig, maar agter elke praktiese taak, wakker wees vir die geestelike, bonatuurlike impak wat jou lewe kan hê?
- Deur besig te wees met die dinge van die Here is nie wat alleen wysheid en Heilige Gees salwing in ons lewe vermeerder nie.
- Deur persoonlik besig te wees met ‘n verhouding die Here van die dinge is wat veral vir ons meer wysheid en Heilige Gees salwing bring.
Kom dalk vir iets prakties, maar soek vir die geestelike impak in iemand se lewe as jy kerk toe kom.