Hoekom is dit belangrik om na verwerping in ons lewe te kyk?
Verwerping beinvloed jou optrede en besluite, jou verhoudings en doel en roeping en die plan wat God vir jou het.
Definisie van verwerping:
HAT se Definisie: Om nie goedgekeur en aanvaar te word nie. Afkeur, afstootlik, afkeuringswaardig, verwerplik, sleg, onwaardig.
- Dit is om verstoot te word, ons ervaar die meeste verwerping deur diegene wat veronderstel is om jou te aanvaar en lief te hê.
- Dit veroorsaak groot emosionele en geestelike wonde.
- Verwerping is die ergste pyn wat die gees van die mens kan ervaar.
MRI toets – die brein se reaksie op verwerping is soortgelyk aan fisiese pyn.
Die verskil is die fisiese “mes-steek” gevoel word gesond, maar die verwerping se skade bly as ons nie daarmee deel nie.
Hoe lyk verwerping? (het baie gesigte) Hoe word ons verwerp?
Elke mens op aarde word waarskynlik in een of ander area van hulle lewens gekonfronteer met verwerping. Die vyand weet dit is uiters effektief om skade in ons lewens te berokken.
NB: Ons is geskep met ’n diep behoefte om liefgehê te word, aanvaar te word en waardeer te word of om waarde te hê.
Die probleem begin wanneer ons hierdie behoeftes se antwoorde in ’n gebroke wêreld gaan soek.
Slegs God (ons skepper) kan volmaak aan hierdie behoetes van ons voorsien.
Wanneer ons verwerping ervaar word daar aan ons Karakter en Identiteit gepeuter.
Ons Identiteit word bevraagteken.
Wat of wie bepaal JOU karakter? Is dit die wêreld, mense, ouers, onderwysers, kollegas, vriende of God?
Dink julle enige iemand spring verwerping vry? Dit gebeur letterlik met die BESTE van ons. Jesus is ook verwerp. Hy is ons Voorbeeld.
Jesus se verwerping:
- As jong kind in Nasaret wat ’n snaakse Egiptiese aksent het. Dalk word hy gespot en verwerp.
- Jakobus (sy boetie) verag en verwerp hom omdat hy alles reg doen.
Jesus kan nie wonderwerke doen in Sy tuisdorp nie want hulle verwerp Hom as Messias (hy is mos Josef die skrynwerker se seun)
- Farriseers en skrifgeleerdes en leiers van die gemeenskap verwerp hom as Messias en wil hom dood maak vir Gods-lastering.
- Sy volk (die Joodse nasie) verwerp Hom as Verlosser en Messias.
- Sy Vader draai Sy gesig weg van Hom af op die kruis voor Hy sterf. (“My God, my God waarom het U my verlaat”).
- Vandag en elke dag verwerp mense Hom as Hy na hulle uitreik en uitnooi om Hom as hulle verlosser aan te neem.
“Jesus was REJECTED for us to be ACCEPTED”
-Tog verander dit nie hoe Jesus teenoor mense optree nie.
-Dit beinvloed nie sy besluite nie.
-Dit ontspoor nie Sy doel en roeping nie.
-Dit bepaal nie Sy karakter of wie Hy is (Sy Identiteit) nie.
Tipiese reaksies op Verwerping:
- Ons vermy die risiko om vewerp te word. Ons is bang vir verwerping omdat ons almal in die verlede daardeur seer gekry het. Ons vermy verhoudings uit vrees vir verwerping.
- Woede en agressie. Hurt people hurt. Verwerpte mense verwerp mense. So ons verwerp liewer eerste voor ander ons verwerp. “Offence is the best defense” so SLAAN eerste.
- Reaksie van Hopeloosheid en Misnoë/mismoedigheid. Niemand sal my kan liefhê of aanvaar nie. Ek sal nooit ’n man/vrou kry nie. Ek is nie goed genoeg nie. Ek is te maer of te vet of te lank of te kort of te lelik of te dom. Hiedie is leuens wat die gees van verwerping in jou oor fluister en aan vuur saam met die gees van vrees. Die oorgrote verwonding kom deur verwerping en vrees.
- Oorsensitiwiteit tot kritiek en verskil in siening asook teregwysing. Jy lees verwerping in elke reaksie wat van jou siening of besluit verskil. Jy ervaar alle kritiek as negatief en neem dit persoonlik op. Jou karakter word aangeval… jy en jou opinie is ’n mislukking en word verwerp.
- Afhanklikheid van almal se goedkeuring en bevestiging. Almal moet van jou hou en jy hou niks van konfrontasie en konflik nie. Jy word iemand anders of sit ’n masker op om iemand te wees van wie die mense om jou sal hou of goedkeur. Jou identiteit en karakter en geluk word bepaal deur die mense om jou se aanvarding en goedkeuring. Jy begin soos hulle praat, dink en word om aanvaar te word. (Ek praat nie van tieners nie, van volwassenes ook. Ons vrees verwerping)
- Jy word prestasiegedrewe “performance driven”. Jy dink deur harder te werk, meer te doen of alles reg te doen dat dit vir jou aanvaarding sal bring by mense. Jy wil aanvaarding en liefde en waarde verdien deur dade/werke. As ek net harder werk sal hulle my moet raaksien en erkenning gee en aanvaar.
*Kon jy dalk met een of meer van hierdie reaksies in jou lewe raak sien?
Hoe oorkom ons verwerping?
“Damage from rejection is a result of a misplaced identity”
Baseer jou lewe op God se perfekte liefde en op wat Sy woord oor jou sê.
- Jesus as voorbeeld
Jesus weet wie Hy is omdat Sy Vader vir Hom gesê het wie Hy is (Hy glo dit) en Hy hou vas daar aan.
Toe die duiwel Jesus versoek (net na sy doop). Wat bevraagteken die vyand in die wildernis? Hy bevraagteken Jesus se identiteit. As jy die seun van God is…
Matthew 4:6 AMP
6 And he said [mockingly] to Him, “If You are the Son of God, throw Yourself down; for it is written,
‘He will command His angels concerning You [to serve, care for, protect and watch over You]’;
(By Sy doop in die Jordaan. God die Vader sê self: Hierdie is my geliefde seun…
Matthew 3:17 AMP
17 and behold, a voice from heaven said, “This is My beloved Son, in whom I am well-pleased and delighted!”
*Hoekom bevestig God die Vader dit? Omdat Hy weet dat die vyand Jesus (en ons elkeen) hierin gaan aanval en “challenge” of ons dit regtig glo.
- Wat sê die Woord van God oor jou?
2.1. Ons is God se kinders
Eph 1:5-6 AMP
5 He predestined and lovingly planned for us to be adopted to Himself as [His own] children through Jesus Christ, in accordance with the kind intention and good pleasure of His will— 6 to the praise of His glorious grace and favor, which He so freely bestowed on us in the Beloved [His Son, Jesus Christ].
2.2. God sal ons nie verwerp nie
Joh 6:37 AFR83
“Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit verwerp nie.
Hoe lank is nooit? Baie lank!
John 6:37 AMP
37 All that My Father gives Me will come to Me; and the one who comes to Me I will most certainly not cast out [I will never, never reject anyone who follows Me].
Herhaling in die skrif dui op belangrikheid. Never, never!
Hebrews 13:5 AMP
“I will never [under any circumstances] desert you [nor give you up nor leave you without support, nor will I in any degree leave you helpless], nor will I forsake or let you down or relax My hold on you [assuredly not]!”
Glo jy dit????
Opsomming/Afsluiting:
- Die gees van verwerping wil vernietig en verwoes en steel en dood maak (jong man wat van die brug af spring na sy liefde hom verwerp het)
- Wees op die uitkyk want hy is skelm. Hy fluister in jou oor (jou gedagtes). Bewaar jou hart!
- Sien hom vir die leuenaar wat hy is
- Verklaar en staan op die waarheid van wat God oor jou sê en op wat Hy oor jou voel in die Woord.
- Vergewe hulle wat jou verwerp en verwerp het in die verlede. Ondersoek jou hart. Laat jou reaksie wees soos Stefanus en Jesus wat sê: “Vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie”. Sonder vergifnis en vryspraak het die gees van verwerping ’n houvas op jou.
- Mense (selfs hulle die naaste aan jou) is feilbaar maar God se karakter is volmaak. Laat God se opinie oor jou (sy liefde, aanvaarding en goedkeuring in Jesus Christus) jou skild wees teen die aanval en pyle van die gees van verwerping.
“Take-away / challenge”:
- Was jy al verwerp?
- Sien jy dalk vandag die vrug van die wortel van vewerping (die invloed van die gees van verwerping)?
- Wat gaan jy daaromtrent doen?
Wees gegrond en gewortel in die wete dat God jou innig lief het, aanvaar en dat jy vir Hom waardevol is.
So waardevol dat Hy nie Sy enigste Seun se lewe gespaar het om jou vry te koop nie.
Slegs dan (wanneer ons besef en glo hoe lief God ons het en hoe waardevol ons vir Hom is) kan ons vry wees van verwerping se vrug in ons lewe.
Gebed:
Met die wete wat die waarheid is en nou dat ons die gees van verwerping se taktiek ken.
Here bid ek dat elke gelowige kind van God hier, in die outoriteit wat Jesus aan ons gee, om die werking van die vyand te oorwin en te ontwapen, nou kan verklaar:
Gees van verwerping, ek verwerp jou verwerpings werke in my lewe, in die naam van Jesus.
Ek vergewe en spreek hulle wat my verwond het deur verwerping vry en daar is daarom nou geen meer houvas op my lewe nie.
Ek glo wat God van my sê en hoe Hy oor my voel, omdat Hy dit in Sy Woord oor my sê.
Ek is God se kind en Hy het my innig lief.
God aanvaar my omdat ek skoon gewas van sonde is in Jesus Christus.
Ek is waardevol vir my hemelse Vader.
Hierin vind ek my Identiteit en my verweer teen die gees van verwerping.
Amen.