Vanoggend se tema agv: Onlangs was Pinkster, ons reis deur Frank Damazio se boek Miracles en ook die hulp van Heilige Gees in die lig van ons laaste paar preek temas.
Aan die kern van al hierdie onderwerpe, is die bemagtigende Heilig Gees.
- Die wat, wanneer en hoe rakende “Doop met die Heilige Gees” het n ander antwoord afhangend van of jy n ortodokse, protestante, katolieke of charismatiese gelowige is.
- Waar staan ons as LCF? – volgende week meer detail, vandag bietjie fondasie lê
ONS BEGIN VANOGGEND: Moses en Israel by berg Sinai
Eks 19:9 – “Die volk sal My kan hoor wanneer Ek met jou praat…”
Eks 20:19 – “Praat jy liewer met ons, en ons sal luister. Moet tog nie dat God met ons praat nie, want dan sal ons sterf.”
En vir generasies vervul die priesterlike amp n rol om die stem van God vir die volk te wees, maar ons sal later in die boodskap sien dat Vader eintlik ander planne gehad het.
Jesus het gekom, en daarna is die Heilige Gees uitgestort sodat daar persoonlike intimiteit kan wees.
- As God se stem na jou toe kom slegs deur jou kerk, jou dominee, jou pastoor, jou bishop, jou priester – sit jy nog vas in n ou verbond mentaliteit en is jy dalk met die 2e beste tevrede.
- En ek hoop om jou aan te steek na n soeke vir meer – om direk by Hom te ontvang.
Hoekom het Jesus aarde toe gekom?
Dis nie moeilik nie:
- Om op die kruis te kom sterf vir die sonde van die wêreld.
- Om verlore / sondaar mense te red.
Hoe is Jesus bekend gestel vroeg in die evangelies?:–>
- Joh 1:29 “… Kyk daar is die Lam van God wat die sonde van die wereld wegneem.”
- Luk 19:10 “Die seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore is”
So 100% reg – en ons het skriftuurlike bewyse. Maar dis nie al hoekom Jesus gekom het nie.
- Daar is dalk baie redes, maar 1 staan uit – as gelykstaande met die rede van die kruis.
Jesus is OOK in die evangelies soos volg voorgestel:
- Mat 3:11 – “Hy wat na my kom… Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop…”
Jesus Christus het gekom om die weg te maak vir mense om met die Heilige Gees gevul te word.
- Paasfees, paasfees, paasfees – die hoogtepunt.
- Dis reg, maar hieraan gelyk – Pinkster, pinkster, pinkster – Die teenwoordigheid en krag van God in jou en my.
- Dat dit saam met die kruis, die kernboodskap van die hele skrif is.
(kom ek staaf my punt uit die skrifte)
Die belofte van die Vader
In Luk 11:13 (die Vader sal die Heilge Gees gee vir die wat vra) en Luk 24:49 (bly in Jerusalem en wag vir die belofte van die Vader).
Jesus het baie oor die Heilige Gees gepraat. Hoekoem nie: “Wag vir dit wat ek julle belowe het nie”. Maar eerder: “Die belofte van die Vader”.
- Ek glo dis omdat Jesus Sy dissipels se aandag wou vestig op dit wat lank reeds belowe is en dat dit nie iets nuut is wat Hy as Jesus oor kom gesels het nie. (lankal die hart van die Vader)
Ou Testament Profesieë oor die Kruisdood Messias
- Psa 22 (meeste van die psalm) – vers 2 – “my God, my God, waarom het U my verlaat?”
- Sag 12:10 – … hulle sal na hom kyk wie hulle doodgesteek het en hulle sal oor hom treur soos n mens treur oor n enigste kind…”
- Jesaja 53 – hy is vir ons sondes deurboor, sy wonde het vir ons genesing gebring.
(enkele baie duidelike profesieë oor die Messias in verwysing na Sy kruisdood spesifiek)
Die belofte van die Vader omdat: Ou Testament Profesieë oor die Heilige Gees
- Heilige Gees is geen vreemde onderwerp in die OT nie.
- Maar dis nie die fokus van my boodskap vanoggend nie. Ek wil spesifiek net kyk na beloftes in OT oor die komende uitstorting van die HG
- Joel 2:28-29 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien. En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.
- Ese 36:27 En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.
- Jer 31:31-33 Daar kom ‘n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ‘n nuwe verbond sal sluit. Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. (alles agv die komende, inwonende HG)
Jesus verwys na “wag op die belofte van die Vader” want Heilige Gees se koms op n ander manier as in OT was op die Vader se hart vir Sy kinders.
Die wat, wanneer en hoe?: Protestant, Pinkster en Charismaties (rakende doop met HG)
2020 Christenskap vs Handelinge era Christenskap: HG in die kern van die lewe van gelowige, die sleutel tot oorwinning oor sonde, siekte en die bose.
Katolieke: Iets wat oor tyd verander het. Daar is n algemene siening vandag onder Katolieke dat jy die doping van die Gees ontvang as jy as baba gedoop word en dan met “confirmation” n nuwe vars invulling (soortgelyk met dit wat ons Traditionele agtergrond ons gee in die kinderdoop en belydenis van geloof aflê).
Protestante en Hervormers: teologie sê dat ons die Heilige Gees doping ontvang tydens die regenerasie van ons gees, wanneer ons tot geloof in Jesus kom.
Pinkster: Azuza straat herlewing met die draai van die vorige eeu het die geboorte gesien van die pinkster en daarna die charismatiese beweging. Die uitkyk bestaan dat die doping met die Heilige Gees n bekragtigende gebeurtenis is vir n gelowige, en iets wat volg op wedergeboorte. Dus 2 aparte gebeurtenisse. Hulle glo dat die doping met die Heilige Gees n deurgang is na n groter mate van die operering van die gawes van die HG in n gelowige se lewe.
- klein doop se impak – verminder die bonatuurlike gebeurtenis: Bv Cornelius en sy gesin
In die woorde van Jesus
Tradisionele Chistelike Teologie laat maklik by ons die gedagte dat ons nie in ons persoonlike dissipelskap reis Jesus kan naboots nie:
- Hy is God (en ons nie) en daarom het Hy soveel wonders verrig.
- As ons sou poog om in dieselfde krag as Hy te bedien, is dit godslasterlik want ons poog om God te wees.
- Ons moet bly by redding, heiligmaking, prediking van die woord, gebed en volharding in swaarkry.
Wat sê Jesus:
- Luk 6:40 n Leerling is nie bo sy meester nie; maar elkeen wat volleerd is, sal soos sy meester wees.
- Joh 17:18 – Soos die Vader my gestuur het, so stuur ek julle
- Joh 13:15 Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.
Gaan en doen soos Ek gedoen het.
Die uitstuur van Jesus se dissipels:
- Mat 10, Mark 3 en Luk 6 – Die dissipels ontvang die opdrag om die koninkryk van God te verkondig, bose geeste uit te dryf en elke vorm van siekte te genees.
Die doping met die Heilige Gees was die bekragtigende gebeurtenis om hulle te help om hierdie opdrag suksesvol uit te voer.
Tot die trompette gaan blaas en Jesus die era van die oes gaan eindig met Sy koms, is hierdie selfde mandaat op elke gelowige.
- Maar gelowiges “settle for less” – en kry nie oorwinning oor sonde nie want daar is geen vuur / krag van die Gees in hulle lewe nie.
- Gedeeltelik agv dogma.
- Gedeeltelik agv die feit dat ulle versadig is met die wêreld en nie honger en dors vir meer van God se teenwoordigheid en krag in hulle lewe nie.
Die doel van die reeks
- En die doel van hierdie reeks is om dogmaties dinge reg te stel sodat die waarheid vry kan maak.
- Dat die doel van die kruis vergifnis inhou en herstel van verhouding… MAAR OOK
- Die Heilige Gees bekragtiging as doel.
- Om ons te laat begeer en vra vir meer.
Sodat ons kan oorwin oor duisternis deur n evangelie van krag uit te leef.
Ek sluit af
LUKAS 11:11-13 ‘“Julle vaders – as julle kinders vir ’n vis vra, gee julle dan vir hulle ’n slang? Of as hulle ’n eier vra, gee julle dan vir hulle ’n skerpioen? Natuurlik nie! As julle sondige mense dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle hemelse Vader die Heilige Gees gee vir hulle wat Hom vra.” ‘
As ons almal die Heilige Gees kry tydens wedergeboorte, hoekom moet ons die Vader vra vir die Heilige Gees?
Meer daaroor volgende week. (Vind deel 2 van die boodskap hier)