Preek Titel: “Ritmes van Rus”
Opening: In vandag se gejaagde wêreld, lyk “rus” dikwels soos ‘n luuksheid,
Amper soos iets wat ons nie kan bekostig nie. (To do list word net langer ons raak net verder agter)
Maar in die Bybel is rus nie net ‘n fisiese aksie nie …….. dit is ‘n diep geestelike beginsel wat groot betekenis het vir ons welstand, vrede en verhouding met God.
Stelling: Uit ’n menslike oogpunt is rus eenvoudig net ‘n fisiese aksie / ophou van werk.
- Die Bybel vertel ons dieper, geestelike konsep wat dui op vertroue in God se soewereiniteit.
Rus, in die Bybelse sin het tedoen met vrede tussen jou en God, en die uiteindelike vrede wat deur Jesus ons verlosser kom.
1. Rus as God se Voorbeeld
- Bybelverwysing: Genesis 2:2-3
“God was op die sewende dag klaar met sy werk wat Hy gedoen het; en Hy het op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gedoen het.3God het die sewende dag geseën; Hy het dit heilig verklaar, want op dié dag het Hy gerus van al sy werk – dit wat God geskep het deur dit te maak.” - Verduideliking:
- (Image van speed of light)
- God se Rus: In Genesis, nadat God die wêreld geskep het, het God self gerus. Hierdie rus was nie as gevolg van moegheid nie (aangesien God almagtig is), maar om ‘n patroon vir die skepping te stel. ’n Voorbeeld vir my en jou van ’n Goddelike Ritme van die lewe, nie omdat Hy dit nodig het nie, maar om vir my en jou die geleentheid te gee om rus en geestelike vernuwing te ervaar.
- Ons word geroep om Sy voorbeeld van ritme van werk en rus na te volg.
- Rus is nie net ‘n noodsaaklikheid vir ons fisiese liggame nie, maar dit is ook ‘n doelbewuste praktyk om God se soewereiniteit te erken en op Sy voorsiening te vertrou.
- Wanneer ons tyd neem om te rus, belyn ons onsself in volgens God se oorspronklike ontwerp vir ons lewens.
Chick-fil-A restaurants are closed on Sundays: (Artikel Entrepreneur.com)
Policy
Chick-fil-A founder S. Truett Cathy established the policy in 1946 when he opened his first restaurant in Hapeville, Georgia. The policy is to give employees a day off to rest, spend time with family, or worship.
Hours
Chick-fil-A restaurants are typically open Monday through Saturday from 6:30 AM to 9 PM, but hours may vary on holidays. They are also closed on Thanksgiving Day and Christmas Day.
2. God stel rus in as ’n beginsel om ons te Leer hoe om Hom te Vertrou en Afhanklik van Hom te wees
- Bybelverwysing: Exodus 16:23-30
“En hy het vir hulle gesê: ‘Dit is wat die Here beveel: Môre sal ‘n dag van Sabbatrus wees, ‘n heilige Sabbat aan die Here. Bak wat julle wil bak, en kook wat julle wil kook; bewaar wat oorbly en hou dit tot môre.’”- In Exodus is die Israeliete opdrag gegee om manna vir ses dae te versamel, maar op die sewende dag moes hulle rus en op God vertrou vir voorsiening. Dit was nie net ‘n fisiese rus nie, maar ‘n LES in afhanklikheid van God se getrouheid en voorsiening.
-
- Die opdrag van Rus op die Sabbat, vir Israel, was ‘n daad van onderrig om Sy volk te leer om op Hom te vertrou.
- God sê: Ek sal steeds vir jou voorsien, selfs wanneer jy nie werk nie
- God wys vir ons deur Sy voorbeeld – werk steeds hard vir 6 uit 7Dae per week, maaar 1 uit 7 moet ons rus.
- Wanneer ons doen wat Hy vra en ons rus soos wat Hy aanbeveel is dit ‘n verklaring dat ons nie self in beheer is van ons wêreld nie—God is.
3. God stuur sy seun sodat ons Vrede met Hom kan hê
- Bybelverwysing: Matteus 11:28-30
“Kom na My toe, almal wat moeg en swaar belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vir julle siel vind. Want My juk is sag en My las is lig.”- ’n juk tipies ‘n simbool van werk en verpligting
- Jesus bied rus aan van die las van sonde, skuldgevoel daarvan. Hierdie is geestelike rus, wat mense nooi om vrede met God deur Hom te vind.
-
- Psalm 62 lees ons van “siel-rus” Daar word beklemtoon dat ware rus net in God gevind kan word. Dit is ‘n rus wat verder gaan as fisiese slaap of ‘n blaaskans. Dit is die rus van die siel, die diepe gevoel van vrede en tevredenheid wat kom van die wete dat God in beheer is.
- Die lewe bring baie uitdagings en beproewings, – gelowiges word geroep om rus in God te vind. Dit is nie ‘n passiewe onttrekking nie, maar ‘n aktiewe en deurlopende vernuwing van die vertroue in God se goedheid en getrouheid.
- Die uitputting wat ons voel, is dikwels ‘n teken dat ons laste dra wat God nooit bedoel het vir ons om te dra nie. God sê vir Sy kinders – kom in MY ritme van rus—rus in MY beloftes, rus in MY Woord, en rus in MY teenwoordigheid deur gebed en aanbidding. Hierdie is ware rus.
- Wanneer ons in die God gegewe Ware Geestelike Rus ingaan – stel dit ons in staat om die uitdagings van die lewe met vrede en versekering te hanteer. (Video van ‘n man met tweeling, en dood en die ander 20 operasies in 9 maande gekry. Daardie omstandighede het hom nie gedryf na die vraag Hoe kan daar ‘n God wees nie?, maar wel na die vraag Hoe sou ek hierdeur gekom het as daar nie ‘n God was nie?)
- Bybelverwysing: Psalm 62:1
“My siel vind rus in God alleen; my redding kom van Hom.”
4. Vir dié wat in Hom glo – Ewige Rus
- Bybelverwysing: Hebreërs 4:9-11
“Daar bly dan ‘n Sabbatsrus oor vir die volk van God; want elkeen wat in God se rus ingegaan het, het self ook gerus van sy werke, net soos God van syne. Laat ons dan moeite doen om in daardie rus in te gaan, sodat niemand deur die voorbeeld van ongehoorsaamheid verlore sal gaan nie.”- Wat hier beskryf word, is ‘n metafoor vir redding—’n rus van die arbeid om God se guns deur werke te probeer verdien.
- Die skrywer van Hebreërs praat van ‘n toekomsige, ewige rus in die teenwoordigheid van God.
- Hoe kry ons toegang tot hierdie rus? Deur ons geloof in Jesus Christus.
- Die uiteindelike vervulling van God se belofte van rus aan Sy kinders is in die hoop dat die beste nog kom.
- Samevatting: Bybelse rus is nie net oor ‘n bietjie meer slaap of vakansie nie. Dit is oor die toewyding van ons harte en lewens tot God se ritme van werk en rus.
- Dit gaan oor vertroue op Sy voorsiening,…….vrede deur Jesus te vind, en uitkyk na die ewige rus wat aan ons belowe is.
- Oproep tot Aksie: Vandag wil ek jou aanmoedig om na jou lewe en jou verhouding met rus te kyk. Vind jy ware rus in God, of maak jy op jou eie krag en pogings staat?
- God nooi jou om in Sy rus in te gaan—rus vir jou liggaam, jou siel, en jou ewige toekoms. Sal jy dit aanvaar?