Tema: ‘n Lewe van betekenis (die fondasie)??
Ek wil sê dat ek nie met die Prediker saamstem nie: Alles kom nie tot niks nie. Alles is nie ‘n gejaag na wind nie.
Paar jaar terug, Kruger Wildtuin – verkleurmannetjie optel.
Ek sê altyd: As gelowige, moet ons die lewe aanpak soos ‘n verkleurmannetjie.
- Nie om van kleur te verander en gelykvormig te word aan die situasie voor joue nie.
- MAAR een oog op die nou en een oog op die eindstreep.
Wat is in jou hand? –> Wees getrou met dit wat jy het
Mat 25:23 (Afr53) – Sy Heer sê vir hom: Mooi so, goeie en getroue dienskneg… (NLV – in die kleine het jy jou betroubaar bewys… Kom in en deel in My vreugde).
- Die woorde van erkenning van ‘n Meester aan Sy dienskneg: Well done. Jy was getrou met dit wat ek aan jou toevertrou het.
- Ek wonder hoeveel mense wat vanoggend hier voor my sit, smag daarna / strewe daarna dat iemand net vir hulle sal sê: “Mooi so! Well done! Uitstekend gedoen!” ?
Die agtergrond van Mat 25 gaan grootliks oor die Meester wat Talente uitdeel, laaste instruksies gaan en dan weg gaan.
- Na ‘n lang tyd het die Meester terug gekom om te kyk wat Sy knegte met die talente en instruksies gemaak het.
- ‘n Verkleurmannetjie met een oog op die eindstreep is een wat lewe met ewigheidsperspektief. Ons gaan ‘n oomblik van rekenskap hê.
- Sommige het 1, ander 2 en 5 talente gekry – almal kon ‘n “mooi so” ontvang het, maar nie almal het nie.
- Sommige se geleenthede en vermoëns is dalk minder as ander.
- Moenie daaroor kla nie, wees getrou met wat in jou hande is.
- As jy getrou is met min, gaan die Meester jou vertrou met meer.
Dit is soos om te spaar vir die toekoms.
- Dalk min vreugde nou, maar as iets breek vorentoe en jy kan dit vervang, is jy baie bly dat jy kon spaar in die verlede.
In Mat 6:19-20 sê Jesus: skatte op aarde vs. skatte in die hemel. (‘n ander bankrekening om in ag te neem)
- VRAAG: Hoe lyk my en jou se bankrekening in die hemel? Is ons besig om te spaar daarin?
Planne vir die aarde
Benjamin Franklin het in die 1700’s elektrisiteit uitgevind. Ons is hom ewig dankbaar. Dit het die wêreld verander.
- Maar waar lewe hy nou? As hy sy lewe kon oorhê?
- Daar is niks fout daarmee om die beste te wil wees in wat ons nou doen nie, maar dit kan nie al wees wat ons voor lewe nie.
- Ek het planne – Maar is my planne belyn met God se groter doel en plan vir my en vir die aarde?
KONING SALOMO: VRAE GEVRA AAN CHATGPT
***Die prediker (Koning Salomo) het sy pad verloor in sy rykdom en baie vrouens.
- Die lewe het vir hom geen betekenis gehad nie – sy hart was nie meer by YHVH nie.
Paulus se reistog na betekenis
Phil 3:8 (Afr83) – Ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde.
- Ek was hierdie en hierdie, ek het dit en dat gehad…
- Maar hy het ontdek: as jy nie begin by verhouding met Jesus nie, begin jou soeke na betekenis op die verkeerde plek.
Waar lê die hart / kern van betekenis / significance? – “Ek het ‘n Pa. Ek is Sy seun / dogter”
‘Performance’ vs. verhouding
Wanneer ons begin praat van uitleef van roeping, behels dit aksie, werke. Dit behels “DOEN”.
Mense is soms doen, doen, doen gedrewe nie net uit gehoorsaamheid nie maar a.g.v. die dryf en begeerte binne in hulle om aanvaar te word / om raakgesien te word.
- Ek moet my pa se liefde verdien / koop – identiteit probleem.
- Dit is gevaarlik, dit raak uitputtend.
n Gebroke identiteit is Christus maak maklik plek vir “performance”.
- Bedoelende: Wat ek doen, koop vir my Pa se liefde en dit gee vir my betekenis.
- Eerder as: Ek is Sy seun, my Pa het my lief; ongeag van dit wat ek doen. Pa / Seun verhouding gee vir my betekenis –> Die Koning is my pa.
**Ons Pa is eerstens nie agter DOEN aan nie. Hy is agter ons hart aan. Verhouding met Hom verander ons hart.
- Die uitvloeisel van ‘n hartsverandering is dat ons Sy wil wil doen.
- **Ek wil vir jou gesonde perspektief gee voordat ons op ‘n reistog van betekenis gaan.
Jesus is die ware LEWE
Joh 1:4 – In Hom was LEWE en die lewe is die lig vir die mense.
Joh 14:6 – Ek is die weg, die waarheid en die LEWE…
Joh 10:10 – …Ek het gekom sodat julle LEWE en oorvloed kan hê.
LEWE – Die griekse woord Zoë (The God-kind of life)
** Friedel – ek ken hierdie. Niks vanoggend gesê is vir my nuus nie. OK. Jy het die teoretiese kennis, maar in praktyk… Is dit hoe jou lewe is?
Dim ligte – selfoon liggie (Is die najaag van Jesus en Sy wil jou primêre fokus, of is dit iets anders?)
Wat is nodig vir jou om in 2025 te groei in jou verhouding met jou Pa?
Sluit af met details oor Reistog na betekenis.
- In die volgende 8 weke wil ek jou vra om saam te reis: Heilige Gees gaan jou help ontdek.
- 8 weke – Dinsdag aande 18h30 – 20h30
- Geen manne en vrouebediening
- Kinderoppassers teenwoordig
- 28 Jan – 18 Mar
- Koste beloop: R300 (LCF dra R100 by en jy R200)
- Komende Sondag is Tommy O’Kennedy hier –> Hy bly hier tot Dinsdag aand.
- Tommy braai saam ons Maandag aand Manne.
- Eerste Dinsdag is Tommy dus in persoon hier.
- Hy skakel lewendig in vanaf die Kaap vir die ander 7 weke (op die groot skerm).
- Hy gaan ‘n paar ander mense intrek in van die sessies.
- Registreer op LCF se website.