Ons aardse lewe en die ewige lewe
Mat 10:39 (Afr53) – Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.
• My lewe en ‘n ander tipe lewe. (die skrif sê nie net ek moet ‘n martelaar wees om te lewe nie).
• Die woord “lewe” in die Bybel beteken nie oral dieselfde nie. (verskillende Griekse woorde)
Psuché lewe (nou)
My lewe – psuché (uitspraak: psoo-khay) –> lewensasem, siel
• Bloedvloei, asemhaal, lewe, bestaan maak, my aardse lewe.
• Skrif: daar is ‘n lewe wat ek kan vind (MY lewe), wat ek kan verloor – dit sal tot niks lei nie.
• OF My lewe (psuché) lê ek neer vir Hom, en dan vind ek iets anders. Ek vind “DIT”.
• “Wie sy lewe verloor… sal dit vind” –> “Wie sy lewe om My ontwil verloor sal lewe vind”.
• Daar is lewe (psoo-khay lewe) om te verloor en ‘n ander lewe (die Zoë lewe) om te vind.
o Mat 10:39 (Afr53) – Wie sy lewe (psuche) vind, sal dit verloor; en wie sy lewe (psuche) verloor om My ontwil, sal dit (zoë) vind.
‘n Ander tipe lewe: Zoë lewe
• Lewe in hierdie skrifte: Zoë – “Iets” wat God in Homself het, Die God-tipe lewe, die volheid van lewe wat sy oorsprong het uit ‘n verhouding met God, die ewige lewe.
Joh 5:26 – Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê. (Moses, 80 dae op die berg)
Joh 10:10 – Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Joh 14:6 – Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Joh 1:4 – In Hom was lewe en die lewe was die lig van die mense.
Joh 3:16 – Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
• Daardie zoë wat in Hom is, beleef ons, lewe ons mee.
• Lewe wat in die Here is, wat ons kry met wedergeboorte en wat van dan af vir ewig hou.
• Die ewige lewe is die ewige zoë.
• Daar is iets in die neerlê van psuché wat ons help om zoë te vind, nou en vir ewig.
Ope 21:27 – En daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is in die boek van die lewe (zoë) van die Lam.
• Die boek van zoë – die boek met name van diegene wat Jesus se zoë in hulle het.
Die ewige lewe reeds nou
Joh 17:3 – En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
• Jesus sê: En dit is die ewige lewe… (gee definisie) –> Dat hulle U ken (ginóskó)
• Die ewige lewe: Nie eers eendag as ons doodgaan nie.
• Ewige zoë het die mens reeds nou as die mense God en Jesus ken (ginóskó)
Ginóskó betekenis:
• The kind of knowledge involved in building an intimate relationship with someone.
• The sexual relationship between husband and wife.
• To personally, intimately and experientially know someone.
VOORBEELD: ‘Vreemdeling’ wat by my huis opdaag.
Ken jy Jesus? … Ken Hy jou? (deel 1 is net 50% van die vraag)
God is alwetend. Daar is niemand wat Hy nie ken nie.
• Daar is wel ‘n verskil tussen om te weet van iemand (oida / oidamen) & iemand te ken (ginóskó)
Joh 17:3 – En dit is die ewige lewe (zoë), dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
• To personally, intimately and experientially know God & His Son Jesus.
• His zoë will be in now you and it will last forever.
Mat 7:21-23 (lees dit) –> BY LCF WIL ONS DIE VERRASSING ELIMINEER
• Ek het jou nooit geken (ginóskó) nie.
• Dit is dus moontlik om God te “oida / oidamen” en daar is niemand wat God nie “oida / oidamen” nie.
• Maar hierdie ken is nie genoeg nie, dis nie die ken wat ewige zoë gaan gee nie.
• Almagtige, Skepper, Redende God, Abba Vader, Here Jesus, Heilige Gees sê: “I want to personally, intimately and experientially know you” and you need to personally, intimately and experientially know Me.
• Then My zoë life will be in you now and you will continue to live with zoë forever.
My lewe (psoo-khay) of Sy lewe (zoë) – waarmee lewe ek en jy?
• Joh 10:27-28 – My skape luister na My stem, en Ek ken (ginóskó) hulle en hulle volg My. En Ek gee aan hulle die ewige lewe (zoë) en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie…
• Hoe baie mense lê klem hierop: Ek het die ewige lewe.
o Maar daar is geen belangstelling op – luister na Sy stem en volg Hom nie.
o Hulle luister na My stem, hulle volg My, Ek ginóskó hulle, ek gee aan hulle zoë vir ewig.
Min vind zoë – Mat 7:13-14 (lees dit) – skrif verwys slegs na zoë en nie ewige zoë nie.
Ek som op:
• Daar is ‘n neerlê van my lewe om Sy zoë te vind.
• Daar is ‘n intiem leer ken van 2 partye wat ware ginóskó (ken) tot stand bring.
• Daar is ‘n luister na Sy stem en Hom volg wat maak dat ware ginóskó (ken) teenwoordig is en dat so ‘n persoon lewe met zoë reeds nou en wat nooit gaan ophou nie.
• Begeer jy dit? –> Kom