Boodskap/Preek oor Geloof: Voorspoedige Nuwejaar. Deel 2.

Geloof – Deel 2

Anton Coetzee 12 Januarie 2025

Kort oorsig oor laas week se Deel 1:

  1. Nuwejaars voorneme was om God te behaag 2. Ons het gesien dat ons God nie kan behaag sonder geloof nie (Heb 11:6)
  2. Wat is geloof se definisie volgens die Bybel:

Hebreërs11:1

Geloof is die sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie.

  1. Gekyk na 4 vlakke van geloof.
  2. Hoe groei ons geloof / word dit meer? By hearing Matheus10:7 (bou geloof)
  3. Kyk na die storie van die vrou wat aan Jesus se soom raak en genees is

Wat sy gedoen het:

Gehoor, geglo, gesoek, geraak – God raak haar aan

Inleiding:

Hebreërs11:1 (AFR 2020)

Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie.

Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel nie dat Hy Sy beloftes sal hou en om daarna uit te sien. (DB)

So… Nog ’n Definisie van geloof:

Geloof is die afwesigheid van twyfel

 Ons het geleer dat ons geloof meer kan word/groei/bou maar kan ons geloof minder word?

Geloof se kriptonite is:

  • Twyfel
  • Vrees

Ons geloof (ek praat nie van ons redding nie!) kan skade kry wanneer ons nie waak en bid soos geskryf word in Mat 26 nie. (waak en bid dat julle nie in versoeking kom nie)

Wanneer ons seer kry of teleurgestel word en dinge nie uitspeel soos ons wil nie en ons dinge nie verstaan nie… kan ons deure oop maak vir twyfel en vrees.

Vrees en twyfel oor God se karakter en Sy liefde vir my en jou, kom sit in jou hart en vertel vir jou leuns.

Twyfel verlam, maar geloof bevry ons om ten volle in God se wil te stap en ons doel in hierdie wêreld uit te leef.

Ons glo eers, dan volg gevoelens en gedagtes!

 Geloof is ’n geskenk van God (Effesiers 2:8)

 Geloof is ’n geskenk…

Rom 12:3

in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.

 Redding is ook ’n geskenk en omdat ons glo dat Jesus die prys van sonde namens ons betaal het deur aan die kruis te sterf en opgewek is uit die dood en aan die regterhand van ons Hemelse Vader sit en dat Heilige Gees nou in ons woon en ons lei en leer en transformeer… as ons dit glo, dan is ons Sy kinders.

Geloof is om uit te sien na dit wat God sê Hy gaan doen (dat dinge gaan uitspeel soos die bybel dit vir ons sê.

Ons is DEUR geloof gered en ons leef nou IN geloof.

Dis die oorwinning waarin ons stap

Ons lewe in geloof. Ons lewe nie net agv ons geloof nie maar deur geloof in Jesus Christus saam met Heilige Gees.

 Daar is oorwinning oor versoeking en sonde…

1 Johannes 5:3-5

3Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, 4want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.

 Geloof is ons asem, ons kan nie daarsonder nie. Dis ons oorwinning en oorlewing.

Hoe aktiveer jy jou geloof? Deur dit te sê/verklaar

Mattheus 17:20 (Dissipels vra Jesus oor ’n bose gees wat hulle nie kon uitdryf nie)

20Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos ‘n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: Gaan staan daar anderkant!en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

 Wanneer ons gered word: (is ons mond betrokke)

Rom 10:9-10

9As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. 10Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

 Jesus wys ons:

Jesus praat met die wind met die storm op die see (Hy be-oefen/aktiveer Sy geloof)

 Jakobus 2:17 AFR83

17So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

 Om geloof te “doen” / be-oefen of daarin te stap is: om God se koninkryk manier van lewe nou… al hier op aarde te leef en te wys.

Geloof is aansteeklik:

Omring jou met mense wat in geloof stap.

Hulle stories en getuienisse bou en versterk jou geloof. (dit bou jou geloof spiere)

Wat maak mense wat in geloof stap anders as ander mense?

Hulle sien die wêreld deur oë van geloof. (hulle het ’n ander perspektief)

Seeing is believing:

Aanhaling:

***Seeing is believing, but sometimes the most real things in the world

are the things we can’t see.

Ongelowige Tomas sê hy sal glo as hy dit met sy eie oë sien.

Klink teenstrydig né, want…

Johannes 20:29

29Toe sê Jesus vir hom: “Glo jy nou omdat jy My sien? Gelukkig is dié wat nie (fisies) gesien het nie en tog glo.”

Definisie kyk weer… Hebreërs11:1 (AFR 2020)

Geloof, egter, is sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie (fisies) gesien word nie.

Maar ons as gelowiges kry “nuwe oë” – nuwe perspektief

2 Kor 4:18
18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. (begrafnis?)
Heb 12:2
laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. (ons sien Jesus nie fisies nie maar met oë van vetroue)
Hebrews 11:10 (Abraham se geloof)
“His eyes of faith were set on the city with unshakable foundations, whose architect and builder is God himself”

Matthew 6:22-23

22Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê. 23Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie!”

 Ons oë laat lig in. kamera se shutter laat lig in en die prentjie vorm.

 22 “The eye is the lamp of the body; so if your eye is clear [spiritually perceptive], your whole body will be full of light [benefiting from Gods precepts]. 23 But if your eye is bad [spiritually blind], your whole body will be full of darkness [devoid of Gods precepts].AMP

precepts: a general rule intended to regulate behaviour or thought.

(m.a.w. as ons reg sien, met die regte oë kyk, het dit ’n direkte impak op ons gedagtes en ons optrede)

Komentaar oor bg. vers gelees:

Jesus calls the eye the lamp of the body. This is true physically, of course; all the light by which we see the world is perceived by using our eyes. Healthy eyes capture all the available light, giving that person a clear understanding of the world around them.

Symbolically, functioning eyes allow the mind and body to be “full of light.”

The mind and thoughts—our awareness of the outside world—depends on the light being perceived by the eyes.

Ephesians 1:18 (Paulus se gebed aan die gemeente in Efese)

18Ek bid dat Hy (dis Heilige Gees) julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo.

18 And [I pray] that the eyes of your heart [the very center and core of your being] may be enlightened [flooded with light by the Holy Spirit], so that you will know and cherish the hope [the divine guarantee, the confident expectation] to which He has called you, the riches of His glorious inheritance in the saints (Gods people),

Slot en samevatting:

Ons het gesien dat ons God nie kan behaag sonder geloof nie (Heb 11:6)

Wat is geloof se definisie volgens die Bybel:

Hebreërs11:1

Geloof is die sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie.

Gekyk na 4 vlakke van geloof. God roep ons om “such great faith” te hê.

Ons het Geloof van God gekry (Rom12)

Hoe groei ons geloof / word dit meer? Faith comes by hearing (Mat10:7)

Kyk na die storie van die vrou wat aan jesus se soom raak en genees is

Wat sy gedoen het:

Gehoor, geglo, gesoek, geraak

Ons kan deur nuwe oë van geloof sien

Ons leef dit deur dit te aktiveer deur te verklaar of te sê

Ons leef geloof deur te hoor wat Hy sê en te doen wat Hy van ons vra

Ons staan op Sy belftes en het ’n vaste vertroue op Hom vir Sy uitkomste

As gebed:

Geloofs oortuigings wat ons hardop kan verklaar: (Op die website beskikbaar)

  • Deur die geloof het ek redding ontvang en is ek reg (geregverdig) voor God
    ·      Deur die geloof glo ek dat die wêreld deur God geskep is
    ·      Deur die geloof verkry ek ‘n goeie getuienis by God en by mense
    ·      Deur die geloof sal my woorde (onder leiding van Heilige Gees) vervul word
    ·      Deur die geloof beskou sien ek myself een met Christus Jesus
    ·      Deur die geloof maak God ’n weg vir my waar daar geen weg is nie
    ·      Deur die geloof voorsien God in alles wat ek nodig het om Sy wil te doen
    ·      Deur die geloof is my geliefdes versorg
    ·      Deur die geloof in Jesus Christus is ek Sy mede erfgenaam
    ·      Deur die geloof werk God in my, beide om te wil en te werk volgens Sy goeie voorneme
    ·      Deur die geloof gee die Here my die begeertes van my hart
    ·      Deur geloof sal niks onmoontlik wees nie
    ·      Deur geloof sal dit wees volgens wat ons glo
    ·      Deur geloof verheug ek my in wat ek glo
    ·      Deur geloof het ek die versekering van dit waarop ek hoop
    ·      Deur geloof het ek die bewys van dinge wat ek nie kan sien nie
    ·      Deur geloof behaag ek God, en Hy beloon my
    ·      Deur geloof oorwin ek hierdie wêreld en die dinge van hierdie wêreld
    ·      Deur geloof verdra ek alle dinge
    ·      Deur geloof stap ek elke dag en word nie gekud deur wat ek sien met my aardse oë nie
    ·      Deur geloof is ek altyd vol vertroue omdat God my voorberei het vir alles
    ·      Deur geloof is ek die geregtigheid van God in Christus Jesus
    ·      Deur geloof staan ek en hou aan staan op die beloftes van God

’n Laaste aanhaling voor ons Nagmaal gebruik:

“At the root of all faith resides the habitual intention of looking up, gazing upon, and beholding God. While our outward eyes know there are serpents among us, with inward eyes we see the solution, our Savior, Jesus Christ”.