Boodskap/Preek oor Geloof: Voorspoedige Nuwejaar. Deel 1.

Voorspoedige Nuwejaar – Geloof (Deel 1)

Inleiding:

“Voorspoedige Nuwejaar”

Hoeveel keer gesê of gehoor in die afgelope 5 dae?

Is dit net die regte sê-ding op Nuwejaar of net leë woorde. Of bedoel jy dit regtig as jy dit vir iemand sê (soos ’n seënwens) of as iemand dit vir jou gesê het, vat jy dit regtig vir jouself?

Glo jy dat jy ’n voorspoedige 2025 gaan of kan hê?

Kyk deur die bril van die gedagte/woorde van GELOOF/GLO.

 My voorstel vir ’n Nuwejaarsvoorneme:

“Ek wil graag vir God behaag”. (to please Him, to make Him smile)

Hoe doen ek dit?

Kort antwoord is: Deur geloof te hê en daarin te te stap en daarvolgens te lewe.

Wat sê die Bybel? (gedagte: God se woord is waar en Hy is die waarmaker van Sy woord)

In Hebreërs 11:6 lees ons: Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan, en dat Hy dié beloon wat Hom soek.

Lees weer die eerste nege woorde van die vers hierbo.

  • Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.
  • Met geloof is dit moontlik om God te behaag.

Sonder om te glo is ons Nuwejaarsvoorneme onmoontlik.

Hebrews 11:6

6 But without faith it is impossible to [walk with God and] please Him, for whoever comes [near] to God must [necessarily] believe that God exists and that He rewards those who [earnestly and diligently] seek Him. AMP

WAT IS GELOOF?

Die antwoord op die vraag, wat is geloof, kry ons ook in Hebreërs11:1

Geloof is die sekerheid van die dinge wat gehoop word, ‘n bewys van die dinge wat nie gesien word nie. 1

Eenvoudig gestel,

  • Geloof is om God te glo.
  • Geloof is om, wat Hy sê, as die waarheid te aanvaar, ongeag wat jy in die wêreld sien, wat jy hoor en ervaar en met jou hart voel of dink met jou verstand.
  • Geloof is om só seker te wees, dat die dinge, wat jy nog nie kan sien nie, die waarheid is, dat niks jou van opinie kan laat verander nie.
  • Geloof is om God op Sy woord te neem.
  • Geloof = Vertrou

 Iemand anders het het een keer gesê: geloof is n positiewe reaksie op dít wat genade beskikbaar gestel het.

TIPES/VLAKKE GELOOF?

Ons leer van 4 vlakke van geloof vanoggend.

  1. Markus 4:40(Na Jesus die storm op die see stil maak).

40 He said to his disciples, “Why are you so afraid? Do you still have no faith?”

AFR NLV sê: Vertrou julle my nog steeds nie?

  1. Matheus 6:30 (Waar Jesus leer oor bekomernis en vrees)

30 If that is how God clothes the grass of the field, which is here today and tomorrow is thrown into the fire, will he not much more clothe you—you of little faith?

AFR NLV sê: Is julle geloof dan so klein?

  1. Matheus 15:28 (Vrou wat Jesus vra om haar dogter wat besete is te genees)

28 Then Jesus said to her, “Woman, you have great faith! Your request is granted.” And her daughter was healed at that moment.

AFR NLV sê: Vrou, jou geloof is baie sterk

  1. Lukas 7:9 (Waar dis romeinse bevelvoerder Jesus vra om sy dienskneg wat besig is om te sterf gesond te maak)

9 When Jesus heard this, he was amazed at him, and turning to the crowd following him, he said, “I tell you, I have not found such great faith even in Israel.”

AFR NLV sê: Selfs in Israel het ek nie só ’n geloof teë-gekom nie

Ek wil ’n paar gedagtes daaroor by julle los uit die volgende gebeurtenis oor ’n vrou, met such great faith.

 ***Belangrike gebeurtenis want dit word in 3 van die 4 evangelies opgeteken

Lukas 8:46-48 (Vrou wat aan bloedvloeiing gelei het)

46 But Jesus said, “Someone touched me; I know that power has gone out from me.”

47 Then the woman, seeing that she could not go unnoticed, came trembling and fell at his feet. In the presence of all the people, she told why she had touched him and how she had been instantly healed. 48 Then he said to her, “Daughter, your faith has healed you. Go in peace.”

46Maar Jesus het vir hom gesê: “Nee, iemand het My opsetlik (intensioneel) aangeraak, want Ek het genesende krag uit My voel vloei.”

47Toe die vrou besef dat Jesus weet, het sy begin bewe en op haar knieë voor Hom neergeval. Die hele skare het haar hoor vertel waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. 48Dogter, het Hy vir haar gesê, “jou geloof het jou genees. Gaan in vrede.”

Matheus 9:21 -faith-

21 She said to herself, “If I only touch his cloak, I will be healed.”

Markus 5:27-29 -heard about Jesus-

27 When she heard about Jesus, she came up behind him in the crowd and touched his cloak, 28 because she thought, “If I just touch his clothes, I will be healed.” 29 Immediately her bleeding stopped and she felt in her body that she was freed from her suffering.

Waar kom haar geloof vandaan?

 Romans 10:17

17 Consequently, faith comes from hearing the message, and the message is heard through the word about Christ.

Wat leer ons uit die gebeurtenis?

Wat doen hierdie vrou?

Ge-hoor (waarna luister jy? waarmee maak jy jou hart en gedagtes vol? –Markus

  • Ge-glo (faith comes from hearing) –Romeine
  • Ge-soek (soek jy God regtig?) –sy het Jesus gaan soek
  • Ge-raak (sy het uitgereik in vertroue en ’n intieme oomblik met Jesus beleef, Jesus sê nie “mevrou nie – Hy sê “my dogter”, wanneer laas het jy ’n regtige intieme oomblik met Jesus gehad?)

En let ‘n bietjie op: Jesus sê nie dis omdat sy aan Hom geraak het dat sy genees is nie. Nee, Hy sê dis haar geloof wat haar gered het. Die aanraking van Sy bokleed was bloot ‘n uitdrukking van wat sy geglo het. (geloof in aksie)

– Omdat sy geglo het, het Hy haar aangeraak-

Ons lees sy was volkome genees. Wat beteken dit?

  • Fisies – bloedvloeiing stop, vryheid van beweging herstel.
  • Emotioneel – verwerping en seer, verhoudinge herstel.
  • Geestelik – Ek neem aan dat sy na hierdie ontmoeting en aanraking van Jesus Hom op ’n dieper vlak leer ken het en Hom van daardie dag af gedien het.

Slot:

Die laaste verhaal waarna ons gaan kyk, kry ons in Mattheus 9:27-31.

Hier lees ons van twee blinde mans wat agter Jesus aangeloop het en geroep het: “Ontferm U oor ons, Seun van Dawid!”

Jesus gaan egter by ‘n huis in, maar dit keer nie die twee mans nie. Dan vra Jesus vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?” Hulle antwoord: “Ja, Here.” Toe raak Jesus aan hulle oë en gesê: “Laat met julle gebeur soos julle glo.” Of, soos die 1983-Vertaling dit uitdruk: “Wat julle glo, sal gebeur.” En hulle kon sien.

Ons sien weer:

  • Hoor
  • Geloof
  • Ontmoeting
  • Aanraking

AFR NLV sê:

29Hy raak toe hulle oë aan en sê: “Soos julle geglo het, sal dit vir julle gebeur.”

Wat jy werklik glo sal gebeur. Soos wat jy glo.

Glo jy regtig dat Jesus jou sal:

  • Beskerm
  • Voorsien
  • Vooruit sal gaan en agter die skerms sal werk
  • Guns gee
  • Gesond maak
  • Lei en wysheid gee
  • Versterk en troos in die tough tye
  • Joy en vrede gee te midde van uitdagingswat jy nodig het… sal gee

Dat Jesus jou Voorspoed sal wees… in 2025?

Kom ons be-ywer ons om in 2025 God te behaag

Kom ons doen dit deur glo en vertrou

Deur geloof te hê in:

  • Wat Hy gedoen het
  • Wie ons in Hom is
  • Wie Hy is                                                                                                                                                                                                                              Aanhaling:

The way you and I see Jesus,

the revelation that we have of Jesus,

will not only affect,

it will determine our capacity to receive from him,

The way you and I see Jesus,

will not affect his unconditional love for us,

or the fact that we are totally acceptable to God,

The way you and I see Jesus,

will affect our openness to receive from him the things that He already has in store for us for 2025.

***Ek glo God wil hê dat ons 2025 met hierdie vlak 4 tipe geloof moet ingaan.

Met ’n such great faith!