Die heel belangrikste preek (nie itv titel nie)
Maar die een wat jy vir jouself preek – Dinge is tough, maar ons weier om te gaan lê.
Beskryf hierdie vers jou soms in sekere omstandighede?
- Psa 42:12 (Afr83) – Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God.
Net soos die Psalmdigter, is daar tye wat ek en jy vir onsself moet preek.
Tye van:
- Mismoediging, ek het nie antwoorde nie, onseker oor wat die toekoms inhou, vrees wil die oorhand kry.
- Ons het nodig om die vertwyfeling en klagtes in onsself raak te sien, vas te vat.
- In sulke tye moet jy leer om jouself in die Here aan te moedig.
- Sê saam: “Preek vir jouself.”
Na Sy opstanding verskyn Jesus aan Sy dissipels. Mat 28: 17 – party het Hom aanbid, en party het getwyfel.
- Net so ook in ons moeilike omstandighede – party aanbid, party twyfel.
- Wanneer gedagtes van twyfel oorheers: 2 Kor 10:5 (Afr53) – terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid van Christus…
Wat moet ek vir myself preek? – Deel 1
Ons skriftuurlike fondasie:
Mat 28:18,20 (Afr83) – Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde… En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.
Jesus het alle mag:
Psa 42:12 (Afr83) – Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God!
- Satan hoef ons nie lam te lê deur vrees en mismoediging nie, want alle mag behoort nie aan Hom nie.
- Aan Jesus behoort alle mag (Hy het dood, siekte, depressie, verslawing, wanhoop oorwin.)
Jesus is by ons, altyd:
- Ek gaan weg, maar ek is by julle altyd, elke dag.
- Jesus se Gees, Heilige Gees, is hier.
Deel 1 van die boodskap aan jouself wanneer dinge te veel raak: “JESUS IS BY MY EN AAN HOM BEHOORT ALLE MAG.”
Brandende oond – wanneer jy ‘n dreigende situasie nader
Dan 3:25 Nebuchadnezzar sê: “Het ons dan nie drie manne vasgebind in die oond gegooi nie? Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die vierde lyk soos ‘n hemelwese!” (looks like a son of the gods)”.
- Die Seun van God saam 3 manne in die brandende vuur.
- Wanneer jy ‘n dreigende situasie nader, preek vir jouself:
Herhaal Deel 1: “JESUS IS BY MY EN AAN HOM BEHOORT ALLE MAG.”
God is at the bottom – Deel 2
Deu 33:27 (AFR83) Die ewige God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou…
Deu 33:27 (NLT) The eternal God is your refuge and His everlasting arms are underneath you.”
- Underneath – tachath (ta-gat) – under you, beneath, bottom – God is at the bottom.
- Ek is platgeslaan – I have hit rock bottom. (Lérie langs ‘n oop graf)
As jy al ooit daar was, daar is of nog daar gaan kom… Ek het NUUS vir jou vandag.
- You are not at the bottom, the presence & arms of God carrying you are at the bottom.
- Deu 33:27 (AFR83) Die ewige God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou…
- Deel 2: GOD SE ARMS IS ONDER MY
Deel 2 Preek boodskap (herhaal): JESUS IS BY MY EN AAN HOM BEHOORT ALLE MAG. GOD SE ARMS IS ONDER MY.
Geloof vir die stryd
Rom 12:3 (Afr83) … “God het aan elkeen van ons ‘n maat van geloof toebedeel.
- Friedel, dis my probleem. Aan jou is ‘n GROOT maat toebedeel, maar aan my ‘n klein een.
Toemaar, jou perspektief gaan verander vanoggend.
Mat 17:20 (Afr53) – Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad, sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan, daarnatoe! En hy sal weggaan.
‘n Mosterdsaad is klein, maar daaruit groei ‘n massiewe boom.
- Al is jou geloof klein, dit is al wat nodig is – uit iets klein, kom iets MASSIEF.
Deel 3: EK HET DIE GELOOF HIERVOOR
Preek boodskap(herhaal): JESUS IS BY MY EN AAN HOM BEHOORT ALLE MAG. GOD SE ARMS IS ONDER MY. EK HET DIE GELOOF HIERVOOR..
Kan jy die preek ook met iemand anders deel?
(22 self moorde in ‘n kort tyd) – die wêreld het Hoop (‘n Persoon) nodig.
2 Kor 7:5-6 (Afr53) – Want ook toe ons in Macedonië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge. Maar Hy wat die nederige troos, naamlik God, het ons getroos deur die koms van Titus.
Wie het getroos? God
Wie het Hy gebruik? Titus
Ek is ‘n Titus, God stuur my ook na iemand toe.
Preek boodskap(herhaal): JESUS IS BY MY EN AAN HOM BEHOORT ALLE MAG. GOD SE ARMS IS ONDER MY. EK HET DIE GELOOF HIERVOOR..