Boodskap oor Dankbaarheid
Colossians 2:7
6 So then, just as you received Christ Jesus as Lord, continue to live your lives in him, 7 rooted and built up in him, strengthened in the faith as you were taught, and overflowing with thankfulness.
Colossians 3:15
15 Let the peace of Christ rule in your hearts, since as members of one body you were called to peace. And be thankful.
Eph 5:19-20
19 speaking to one another with psalms, hymns, and songs from the Spirit. Sing and make music from your heart to the Lord, 20 always giving thanks to God the Father everything, in the name of our Lord Jesus Christ.
Hoe in alles ?
- Dis ’n posisie of postuur wat jy in neem.
- ’n Keuse wat jy daagliks maak
- ’n ingesteldheid wat jy in-oefen en kultiveer.
Lees Lukas 17:11-19
Ons lees van 10 melaatse mans buite ‘n dorpie in Samaria. Hulle het gehoor dat Jesus daar verby sou gaan.
En hierdie tien mans het in hulle hopelose situasie gewaag om te begin hoop. Miskien sal Jesus…
Jesus sê- gaan wys julle vir die priesters. En tien manne het genoeg geglo om terug te draai na die dorp toe, en hulle vir die priesters te gaan wys.
Vers 14 sê- toe hulle in beweging kom, het die wonderwerk gebeur. Op pad na die priesters toe het hulle gesond geword…
Maar een man het gesien/besef dat Jesus hom gesond gemaak het.
Hy het omgedraai, en teruggegaan na Jesus toe.
Hy het nie sy ou lewe gaan hervat nie, hy het voor Jesus in dankbaarheid kom kniel. Net vir een man sê Jesus in vers 19: “Staan op, en gaan huis toe- jou geloof het jou gered…”
Een uit tien kom terug om vir Jesus dankie te sê met sy lewe…
9 het in ligaam gesond geword en 1 se hele lewe en ewigheidsbestemming het verander. 10 het van Jesus gehoor, 10 het Hom ontmoet maar net 1 het sy Redder en Saligmaker ontmoet.
Hoekom die vrot persentasie dankbaarheid?
3 Redes vir die 9 se nie omdraai nie:
Ek dink daar is redes waarom 9 nie omgedraai het nie.
1. Eerstens die “Rondomtalie”
“Money makes the world go round?”
Eintlik draai ondankbaarheid die wêreld. En ek sal jou sê hoekom.
*onvergenoegdheid en on-tevredenheid en on-dankbaarheid verkoop
Bemarking werk met die beginsel van dissatisfaksie.
“Do not spoil what you have by desiring what you have not; remember that what you now have was once among the things you only hoped for.” ― Epicurus
Op ‘n dag 2000 jaar terug het die wêreld vir 10 melaatses tot stilstand gekom.
Want jy sien, dit is wat krisisse dikwels doen in ons lewe.
Jy sien, as die lewe stadiger draai sien jy meer dinge raak om oor dankbaar te wees.
Dit is eers wanneer die lewe stilstaan, dat ons perspektief kry op dankbaarheid.
2. Twedens – Ons geheue
*Storie van Japan wat vergeet.
Vergeet ons nie ook so maklik wat die Here al vir ons gedoen het nie?
3. Derdens – Entitlement
Ons aanvaar so baie dinge as vanselfsprekend en mis uit op die rykdom van gawes en genade wat ons daagliks ontvang.
Entitlement: the fact of having a right to something
Afrikaans: dat ons aanspraak daarop kan maak of dit te verdien
Ons kan nie dankbaar wees vir iets wat jy dink verdien dit nie.
Die vraag wat ek oor wonder is, kan mens dankie sê maar nie dankbaar wees nie? Wat is die egtheid van jou dankie?
Take away gedagte:
Dankbaarheid behoort vir ons ‘n lewensritme te wees waarin daar tyd is om stil te staan, asem te haal, te reflekteer en om te draai.
Dankbaarheid vra ‘n stadiger ritme deur die lewe.
‘n Ritme waar ons nie voortdurend gedryf word deur nuwe en beter dinge nie, maar leer en weet wanneer is genoeg genoeg.
‘n Ritme waar ons tyd het om die klein dingetjies in die lewe raak te sien en te waardeer. Tyd om saam met jou geliefde koffie te drink, tyd om saam met jou kinders te speel, tyd om saam te bid.
*Dalk is hierdie Desember so ’n tyd? Dalk is hierdie Desember die kans van in hierdie ritme kom?
Jesus verwag van ons om dankbaar te wees en dit is goed vir ons:
- Dankbaarheid moet ’n leefwyse word.
- Dankbaarheid moet ’n ritme in jou lewe word.
Wie van julle het al gevra: Wat is God se wil vir my lewe?
1 Thess 5:16-18
16 Rejoice always, 17 pray continually, 18 give thanks in all circumstances; for this is God’s will for you in Christ Jesus.
Die wagwoord/password of sleutel Psalm:
Psalm 100:4
Enter his gates with thanksgiving and his courts with praise; give thanks to him and praise his name.
Miskien moet ons vanoggend die “forgot password” skakel klik? sodat ons herinner word aan die wagwoord na Sy wil en teenwoordigheid.
Slot:
Een het omgedraai.
Hy het voor Jesus se voete neergeval en dankie gesê.
Ja, 10 het gesond geword, maar net een is gered en waarlik genees.
Daar is genesing in dankbaarheid
- Dankbaarheid genees jou van onvergenoegdheid
- Dankbaarheid genees jou van moegheid, want dankbaarheid laat die wêreld so bietjie stadiger draai.
- Dankbaarheid genees dikwels neerslagtigheid, wanneer jy besef wat jy het
- Dankbaarheid genees van jaloesie en afguns.
- Dankbaarheid laat jou stilstaan, omdraai en laat jou vir Jesus sien
Aanhaling uit Winnie the Poo storie:
“Piglet noticed that even though he had a Very Small Heart, it could hold a rather large amount of Gratitude.” ― A.A. Milne, Winnie-the-Pooh