Boodskap / preek oor: 1 oomblik van Glorie

Boodskap Titel: 1 oomblik van Glorie

  1. Ek het gesien ….

Esegiël 1:1,2,3,4,28

Verskyning van die Here

1In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde dag van die maand, was ek tussen die ballinge langs die Kebarrivier. Die hemel het toe oopgegaan, en ek het visioene van God gesien.

2Op die vyfde van die maand, dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin, 

3het die woord van die Here duidelik tot die priester Esegiël, seun van Busi, gekom in die land van die Galdeërs aan die Kebarrivier. Die hand van die Here was daar op hom.

4Ek het gesien, ….

# Die krag van ‘n oomblik, ‘n aanraking, ‘n visioen 

# Wys foto 5 sekondes

  1. Die visioen van Esegiel 1:4-27 (Herhaal in Op 4:7) (Afr 20)

Ek het gesien, kyk, ‘n stormwind kom uit die noorde, ‘n groot wolkmassa met ‘n vuur van weerligstrale wat aanhoudend blits, en ‘n helder gloed rondom die wolkmassa. Daarin, in die vuur, was daar iets wat soos witgoud skitter. 5Binne-in die vuur was daar die gestalte van vier wesens. Dit is hoe hulle gelyk het: Hulle het die gestalte van mense gehad, 6maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad. 7Hulle bene was reguit; hulle hoewe was soos kalfshoewe en het soos gepoleerde brons geskitter. 8Daar was mensehande onder hulle vlerke aan vier kante.

Wat die gesigte en vlerke van al vier betref: 9Hulle vlerke het aan mekaar geraak. Hulle het nie afgedraai wanneer hulle beweeg het nie; elkeen het reguit vorentoe beweeg. 10Wat die voorkoms van hulle gesigte betref: Elkeen van die vier het die gesig van ‘n mens gehad, die gesig van ‘n leeu aan die regterkant, die gesig van ‘n bul aan die linkerkant, en die gesig van ‘n arend. 11So was hulle gesigte. Hulle vlerke was oopgesprei na bo, elkeen met twee vlerke wat aan dié van die ander raak, en twee vlerke wat die liggaam bedek. 12Elkeen het reguit vorentoe beweeg. Waarheen die gees wou gaan, het hulle ook gegaan, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg. 13Wat die vorm van die wesens betref: Hulle het gelyk soos gloeiende kole vuur wat brand, hulle het gelyk soos fakkels. Die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens. Die vuur het ‘n helder gloed gehad, en uit die vuur het weerligstrale geflits. 14Die wesens het so heen en weer beweeg dat dit gelyk het soos weerligstrale. 15Toe ek die wesens bekyk, sowaar, toe is daar aan die voorkant langs elk van die vier wesens ‘n wiel op die grond. 16Wat die voorkoms en bou van die wiele betref: Dit het soos •chrisoliet geskitter en al vier het een en dieselfde vorm gehad. Dit het gelyk of hulle gemaak was van ‘n wiel binne ‘n wiel. 17Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in vier rigtings beweeg, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg het. 18En hulle vellings, dié was hoog en angswekkend; al vier hulle vellings was reg rondom vol oë. 19Wanneer die wesens beweeg, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opstyg, het die wiele saam opgestyg. 20Waarheen die gees wou gaan, het die wesens ook gegaan. Die wiele het saam met die wesens opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele. 21Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele, en wanneer die wesens staan, staan hulle. Wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam met hulle op; ja, die gees van die wesens was in die wiele. 22Bokant die koppe van die wesens was daar, in die vorm van ‘n koepel, iets wat geskitter het soos kristal – angswekkend, gespan bo-oor hulle koppe. 23Onder die koepel was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek. Elkeen het twee vlerke gehad waarmee hulle hulle liggame bedek het. 24Ek het die geluid van hulle vlerke gehoor. Wanneer hulle beweeg, was dit soos die geluid van baie water, soos die stem van die Almagtige, die geluid van ‘n mensemassa, soos die geluid van ‘n leërmag. Wanneer hulle stilstaan, het hulle hulle vlerke laat sak. 25Daar was ‘n geluid bokant die koepel wat oor die koppe van die wesens uitgestrek het. Wanneer die wesens gaan staan het, het hulle hulle vlerke laat sak. 26Bokant die koepel wat bo hulle koppe was, was daar iets wat soos •lasuursteen lyk, in die vorm van ‘n troon; en daarbo, op wat soos ‘n troon lyk – daarop was ‘n gestalte met die voorkoms van ‘n mens. 27Ek sien toe Hy is skitterend soos witgoud, byna soos vuur vasgevang in ‘n omhulsel, vanaf wat na sy heupe gelyk het boontoe. En vanaf wat na sy heupe gelyk het ondertoe, het ek gesien dit lyk soos vuur, omring deur ‘n helder gloed. 28Die helder gloed rondom het gelyk soos ‘n reënboog wat in die wolke verskyn op ‘n reëndag.

Dit is hoe die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk het. Toe ek dit sien, het ek neergeval met my gesig teen die grond. Daarna het ek ‘n stem hoor praat.

  1. Die 4 gevolge van 1 oomblik met God en Sy glorie 

Nota: Nie ‘n volledige interpretasie nie)

  • Arend (Sodat jy beter kan sien…)

Ps 103:5

Loof die Here, o my siel,

en moenie enige van sy weldade vergeet nie –

3Hy wat al jou sondeskuld vergewe,

wat al jou siektes genees,

4wat jou lewe vrykoop van die graf,

jou kroon met troue liefde en ontferming,

5wat jou begeerte met die goeie versadig.

Soos ‘n arend word jou jeug dan weer nuut.

# Die arend het hierdie wonderlike vermoe om herskeppend en vernuwend te wees

Efesiërs 1:18

en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat sy roeping bied,

wat die heerlike rykdom van sy erfenis  vir die heiliges  behels,

# Die arend het die vermoe om skerp, ver, diep, wyd en raak te sien

# 1 Oomblik in God se glorie gee ons die vermoe om vernuwing te omhels en help ons om die pad vorentoe baie duideliker te sien

  • Bul (Sodat jy met krag kan werk…)

Spreuke 14:4 

Waar geen beeste is nie, is die voerkrip leeg;

maar groot is die opbrengste deur die krag van ‘n bul.

# 1 Oomblik bekragtig ons om kans te sien vir moeilike en onmoontlike dinge, en in staat te wees om kragtig daaraan uitvoering te gee

  • Leeu (# Sodat jy dapper kan wees …)

Spr 30:29-30

29Daar is drie met ‘n statige stap, vier met ‘n statige gang:

30’n leeu, die held onder die diere wat vir niks terugdeins nie,

# 1 Oomblik help ons om die dapperheid te vind vir die volgende stappe op ons lewenspad, daai dinge wat ons weet ons moet doen maar ons doen nog nie want ons twyfel in ons self.

  • Mens (Sodat jy wyser kan word en Hom kan ken)

Spr 4:5-11

5Verwerf wysheid, verwerf insig, vergeet dit nie;

wyk nie af van die woorde uit my mond nie.

6Moet haar, die wysheid, nie verontagsaam nie; dan sal sy jou beskerm. Wees lief vir haar, dan sal sy jou bewaak.

7Die begin van wysheid is:

Verwerf wysheid, verwerf insig met alles wat jy besit!

8Stel haar hoog op prys, dan sal sy jou verhoog; 

sy sal aan jou eer gee as jy haar omarm.

9Sy sal op jou kop ‘n swierige krans sit,

‘n sierlike kroon aan jou skenk.

10“Luister, my seun, en aanvaar my woorde

sodat jou lewensjare baie kan wees.

11Op die pad van wysheid sal ek jou begelei,

ek sal jou laat loop op reguit paaie.

# Hierdie oproep tot wysheid is slegs aan Mense gegee, en God deel hierdie baie spesiale deel van Homself met ons, nie met diere nie.

Johannes 15:4

Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

# Slegs mense kan hierdie vorm van intimiteit met God beleef

  1. God se glorie word gevind in die momentum

Esegiel 1

16Wat die voorkoms en bou van die wiele betref: Dit het soos chrisoliet geskitter en al vier het een en dieselfde vorm gehad. Dit het gelyk of hulle gemaak was van ‘n wiel binne ‘n wiel. 17Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in vier rigtings beweeg, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg het. 18En hulle vellings, dié was hoog en angswekkend; al vier hulle vellings was reg rondom vol oë. 19Wanneer die wesens beweeg, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opstyg, het die wiele saam opgestyg. 20Waarheen die gees wou gaan, het die wesens ook gegaan. Die wiele het saam met die wesens opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele. 21Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele, en wanneer die wesens staan, staan hulle. Wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam met hulle op; ja, die gees van die wesens was in die wiele.

Johannes 3:6

Die wind waai waar hy wil en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy kom en waarheen hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore is.”

# Die E-bike Momentum (Hulle weet nie wat ons weet nie)

  • Soos die Gees wat my help met Sy Hand
  • Ek kom nou baie verder, baie hoer, baie mooier plekke, en spandeer baie langer buite want daar is Gees in my wiele
  • Maar ek moes “venture”

# Die betekenis van “Venture”

  • A “venture” involves some level of risk, innovation and investment, with the potential for returns or rewards.
  • Afrikaans – “onderneming”
  1. Ten slotte

# Die 4 Gesigte is altyd naby aan waar God se glorie is (Ez 1 / Op 4)

# God ontmoet ons wanneer ons in Sy wag in Sy Teenwoordigheid (Es 1 & Op 4)

# Maar sy glorie kom wanneer ons beweeg

# God se glorie word sigbaar op die pad van beweging (Onderneming / Venture), en Hy ontmoet ons daar in die hitte van die stryd

Ez 1:28

28Die helder gloed rondom het gelyk soos ‘n reënboog wat in die wolke verskyn op ‘n reëndag.

Dit is hoe die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk het. Toe ek dit sien, het ek neergeval met my gesig teen die grond. Daarna het ek ‘n stem hoor praat ….

# 1 Touch from the King is where the Journey start …..