Preek / boodskap oor: Begeerte

Die tema van vanoggend se boodskap is die onderwerp van begeerte en die doel is om n groter begeerte na Jesus in jou wakker te maak.

n Toneel wat afspeel by die bad van Betesda in Jerusalem:

Joh 5:5-6 “En n sekere man was daar, wat 38 jaar aan sy siekte gely het. Toe Jesus hom sien lê, terwyl Hy geweet het dat hy al n lang tyd siek was, sê Hy vir hom ‘Wil jy gesond word?'”

Is dit nie vreemd nie? Jesus weet, tog vra Jesus hom.

Op n geleentheid by Jerigo speel die volgende af:

Luk 18:35-41 En Jesus het gaan staan en bevel gegee dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy naby kom, vra hy hom en sê: ‘Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?’

n Blinde man maak amok en skree Jesus Jesus Jesus – en Jesus vra hom die vreemde (in ons oë dalk n dom vraag): Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? / Wil jy gesond word?

Ek kyk hierna en dit lyk vir my of met hierdie 2 vrae, Jesus die begeerte van die 2 manne wou bepaal.

  • Wat wil jy hê – hy vra hulle om hul begeerte aan Hom te kommunikeer.
  • Hulle reaksie – Ek wil gesond word.
  • Dit was hulle begeerte

Begeerte se betekenis

  • n Sterk gevoel teenwoordig dat daar iets is wat jy wil hê.
  • Sinonieme
    • n hunkering na
    • smag na
    • n honger vir
    • n dors vir
    • n verlange na
    • n drang na

Daar is n verskil tussen “iets te wil hê” en “iets te begeer”

  • Die graad van hunkering, smag, verlange, honger en dors verskil.
  • Iets begeer het n baie sterker graad vam die bg. as “wil iets hê”

Voorbeeld van 2 sterk manne wat op die verhoog kom om my stil te maak…

  • Terwyl ek hard uitroep: “Jesus wees my genadig.”
  • Begin dalk by bly stil. Beweeg na gryp my en probeer my mond toe druk.
  • Dit is wat ek sien in die blinde man van Jerigo: Bly stil, maar hy roep net harder uit.
  • Hy wou nie net sien nie, hy het begeer om te sien en om genees te word.

Ek wil iets hê” – dit sal lekker wees om dit te verkry, maar as opposisie opstaan, dan raak die wil stil.

  • Ek wil iets hê, sal lekker wees as ek dit kan kry, maar as ek nie kan nie, is dit ook OK.

Ek begeer iets” – maak nie saak hoe moeilik dit is of wat die opposisie is nie, ek sal doen wat nodig is om te verkry wat ek begeer.

Byvoorbeeld (Illustrasie)

Wil jy gesond word?

Wil jy intiem wees met die Here?

Wil jy graag Sy stem hoor?

Wil jy n instrument in Sy hand wees?

Wil jy hê dat jou lewe Hom moet verheerlik?

Begeer jy om gesond te word?

Begeer jy om intiem te wees met die Here?

Begeer jy om sy stem te hoor?

Begeer jy om n instrument in Sy hand te wees?

Begeer jy dat jou lewe Hom moet verheerlik?

  1. Die teenwoordigheid van begeertes binne in jou sit jou in beweging om dit wat jy begeer, moontlik te maak.
  2. As jy iets begeer, sal jy oorgaan tot aksie en n einde maak aan verskonings.
  3. Begeerte skep n spasie van ontevredenheid rakende jou huidige situasie totdat dit wat die begeerte is realiseer in jou lewe.
  4. Begeerte is soos n kompas wat rigting gee waar jy tot aksie moet oorgaan om die begeerte te realiseer.
  5. Begeerte help ons om keuses te maak wat in lyn is om die begeerte te laat realiseer.

Wat is jou top 5 begeertes in die lewe?

  • Dit wat jy begeer gaan bepaal hoe die 24 ure van elke dag, die 7 dae van elke week en die 365 dae van elke jaar gaan uitspeel.
  • Die feit dat jy in die kerk sit en die vraag hoor…

By LCF is dit vir ons belangrik om:

  1. Dissipels te maak
  2. Dissipels te doop
  3. Dissipels die woord te leer…

Met die uitsluitlike doel dat die Here die grootste begeerte / skat van ons almal se lewe sal raak.

Jes 26:8 – Here ons doen graag wat U vra. Ons enigste begeerte is om U Naam te eer.

  • As pastorale kommitee is ons herders van skape. Herders wat self n Herder het.
  • Ons is ge sub-kontrakteer deur die Herder om herders te wees wat sê: Kyk na Hom, doen wat Hy sê, begeer Hom verheerlik Sy naam.

Honger en dors

Ek het vroeer genoem dat begeerte is sinoniem met “n honger” en “n dors”.

  • In die natuurlike / ons vlees is die afwesigheid van honger en dors n teken dat ons liggaam nie gesond is nie.
  • As ek siek voel, kan jy die lekkerste bord kos voor my neersit, ek gaan vir jou sê: Ek is nie honger nie.
  • NET SO MET MY GEESMENS:
    • Die afwesigheid van honger en dors, die afwesigheid van begeerte vir meer van Hom is nie n teken van geestelike gesondheid nie.

My vleesmens word ons honger deur nie te eet nie.

  • Hou op eet en honger gaan inskop
  • Hoe minder ek eet, hoe hongerder gaan ek word.

DIS ANDERS MET MY GEESMENS.

  • My geesmens word honger deur te eet.
  • Hoe meer ek eet, hoe hongerder gaan ek word.
  • Hoe meer die woord my voed en versterk, hoe meer wil ek hê. Hoe meer van Sy teenwoordigheid en liefde en beleef, hoe meer wil ek hê.
  • Hoe groter raak my begeerte na Hom.
  • Dissiplines in ons lewe om te eet kultiveer begeerte.

Boodskap aan Lerie van een van ons vennote:

Baie dankie, ek het nie woorde nie. Weet net hoe baie ek alles waardeer. God wil my vry maak en ek wil gesond word. Gister was week 5 wat ek daagliks tyd met God spandeer, en ek het net my hart vir hom geopen, op baie seer plekke. En hy het my baie goed gewys.

EERSTE DISSIPLINE Daarna BEGEERTE:

Ja Lerie, ek honger en dors na nog net meer van hom. En ek sien nou hy is n liefdevolle Vader vanaf ek meer tyd saam hom spandeer. En besef nou die beeld wat ek al van kind van God gehad het, dat hy vir ons kwaad is en ons net wil straf nie is wie ek gedink het hy is nie.

Ek het n ander prediker hoor sê: Een van van die grootste uitdagings van n gelowige is om vol te wees, maar honger te bly.

VOL: It is well with my soul.

HONGER: Ek weet daar is meer van U. Here ek is opsoek na die “meer”.

In die vlees: Ek het lekker geeet, ek is versadig. Wil jy nog iets eet? NEEEEE asb nie.

In die gees: My beker loop oor van U Here, maar vergroot my kapasiteit vir meer van U.

Ek is vol, maar ek is honger.

n VRAAG vir jou vanoggend: Wat wil jy hê moet Hy vir jou doen?

  • Hoe sterk is jou begeerte daarna?
  • Wat sou met die blinde man van Jerigo gebeur het as hy stil gebly het toe die skare vir hom sê: Hey, jy raas.
    • Ek is jammer, ek sal nie weer nie.
    • NEE: Hy het nog meer uitgeroep

Mar 11:24 (KJV) Therefore I say unto you, what things soever ye desire, when you pray, believe that ye receive them, and ye shall have them.

  • Daar is iets aan begeerte wat die intensiteit van gebed en die afwagting van ontvang, anders maak.

BEGEER trek aan die hemel totdat dit word: soos in die hemel, net so ook op die aarde.